LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
|
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
|
||
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van geesteswetenskaplike aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.
Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) skakel nou met ons onderafdelings vir:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
- LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
- LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word.
- LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
- Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.
![]() |
Geesteswetenskappe-redakteur Francis Galloway (DLitt) E-pos: francis@litnet.co.za Bioskets |
Selfkennis, verstandigheid en inkarnasie: ’n interpretasie van Martin Versfeld se Oor gode en afgode
2010-07-29"In hierdie artikel word ’n interpretasie van Martin Versfeld se vroeë boek, Oor gode en afgode (1948), aangebied. Die doel van die artikel is om die belangrikste deurlopende argumente van die vyf afsonderlike opstelle van die boek te rekonstrueer en hulle onderlinge verband aan te toon."
Eros en lewe in die 21ste eeu
2010-07-21"Hierdie artikel is ’n poging om die onverbreeklike verband tussen Eros in die omvattende sin van (verskillende manifestasies van) liefde enersyds, en lewe, andersyds, te ondersoek."
’n Behoefte-analise as eerste fase in die ontwerp van ’n taakgebaseerde sillabus vir Afrikaans-tweedetaalonderrig op universiteitsvlak
2010-07-15"Die implementering van ’n meertalige taalbeleid in Suid-Afrika vereis die leer en onderrig van Afrikaans as ’n tweede of addisionele taal – meer spesifiek die onderrig van Afrikaans vir spesifieke doeleindes aan volwasse leerders."
Die uniekheid van die menslike denke
2010-07-08"Denke kan nie losgemaak word van begrippe en argumente nie, van die aard van analitiese denke en van die onderskeiding tussen waarheid en geldigheid."
Afrikanerskap en taal by 'n paar Afrikaanse skrywers en ander intellektuele in die 1890's
2010-06-30"Met verwysing na die Genootskap van Regte Afrikaanders se onderskeid tussen Afrikaners met Engelse, Hollandse en Afrikaanse harte onderskeidelik gee die outeur ’n oorsig van die houdings van ’n paar Afrikaanse skrywers en ander intellektuele teenoor Afrikanerskap en die keuse van ’n kultuurtaal."
Onderweg na goeie wetenskap. Ewekniebeoordeling: betroubare weegskaal of vyfde wiel aan die wa?
2010-06-18"Omdat beoordeling ’n kerndeel van goeie wetenskapsbeoefening uitmaak, is dit die doel van hierdie artikel om hierdie kritiek behoorlik aan die orde te stel en aan deeglike analise en evaluasie te onderwerp wat daarop sal dui dat hierdie stelsel ernstige beperkinge het en dat ’n meer bevredigende beoordelingsbenadering nodig is."
’n Voorlopige verkenning van postapartheid Afrikaanse protesmusiek
2010-06-03"Teen die agtergrond van internasionale diskoerse rondom betrokkenheid en protesmusiek verskaf hierdie artikel ’n oorsig oor die lirieke van hedendaagse Afrikaanse protesmusiek."
’n Taalwet vir Suid-Afrika? Die rol van sosiolinguistiese beginsels by die ontleding van taalwetgewing
2010-05-27"Kan ’n nasionale taalwet sukses behaal as wetlike intervensie by die implementering van ’n taalbeleid, en onder watter omstandighede word sodanige sukses behaal?"
Identifisering met die held en die emosionele betrokkenheid van kykers by rolprentdramas
2010-05-14"Die outeur van hierdie artikel het 270 riglyne en tegnieke vir die skep van effektiewe identifikasie met karakters uit bestaande bronne geïdentifiseer. Hierdie riglyne en tegnieke is breedweg in vyf kategorieë ingedeel, naamlik: behoeftes, motiverings en doelwitte; persoonlikheidseienskappe; fisiese eienskappe; omstandighede; en handeling."
Die politiek van broederskap: Jacques Derrida, Jean-Luc Nancy en Jane Alexander se The Butcher Boys
2010-05-05"Hierdie bydrae argumenteer dat Jane Alexander se bekende beeldhouwerk, The Butcher Boys (1985), nie eenvoudig negatiewe estetiese kommentaar lewer op die modernistiese verstaan van broederskap wat die ideologiese vergrype van apartheid onderlê het nie ..."
’n Lang blik op Westerse moderniteit
2010-04-15"As deel van ’n omvattende ondersoek oor die werk van Bernard Stiegler en uitgevoerde Europese moderniteit word in hierdie artikel ’n weergawe van die Westerse moderniteit aangebied waarvolgens die tegnologiese, teologies-filosofiese en sosio-institusionele oorspronge en kenmerke daarvan herlei word na die drie honderd jaar tussen 1150 en 1450."
Tussen mans: 'n Perspektief op homososiale begeerte in Karel Schoeman se 'n Ander land
2010-04-08"Hierdie artikel is ’n poging om ’n ander perspektief te gee op Karel Schoeman se bekroonde roman ’n Ander land (1984). Die roman word gelees aan die hand van die teoretiese raamwerk wat gebaseer is op Eve Sedgwick se werk."
Aspekte van diaspora in drie Afrikaanse dramatekste na 2004
2010-03-18"Hierdie artikel ondersoek die vraag of sommige Afrikaanse Suid-Afrikaanse dramas weerspieëlings van die begrip diaspora bied wat bydra tot die spanning tussen “post-postkoloniale” sentrums en marges."
Artistieke oorsprong en oorspronklikheid by Nietzsche en Heidegger
2010-03-09"Die hedendaagse wêreldwye bestuursmanie, wat ook aan Suid-Afrikaanse universiteite manifesteer, is onsensitief met betrekking tot die skep van ’n ruimte waarin die 'begeerte na die onbekende' nagestreef kan word."
Verskille in nieverbale kognitiewe vermoëns van eentalige teenoor tweetalige meisies
2010-02-23"Die doel van hierdie studie was om die nieverbale kognitiewe vaardighede van ’n steekproef eentalige teenoor tweetalige meisies (N = 52) te vergelyk."
Die grande dame van die Vlaamse poësie: Christine D’haen (1923–2009) Tot lof van ’n vroulike stem
2010-02-17"Christine D’haen het besondere luister aan die Vlaamse poësie verleen. Haar afsterwe in September 2009 bied die geleentheid om haar te huldig vir haar bydrae tot die literêre kanon van die Lae Lande deur haar werk aan ’n groter lesersgroep in Suid-Afrika bekend te stel."
Gay- en queer-kodes in geanimeerde films
2010-02-09"Deur dié kodes en betekenare te gebruik was dit vir filmmakers moontlik om in die geheim meer te sê as wat hulle aanvanklik toegelaat was om te sê."
Die stand van die demokrasie in Suid-Afrika: ’n kritiese perspektief
2010-02-02"Meer as vyftien jaar nadat Suid-Afrika die volle oorgang na ’n inklusiewe demokrasie gemaak het, is baie Suid-Afrikaners trots oor die sukses wat bereik is."
//Gãuwa dwaal vennag: Anna M Louw se Kroniek van Perdepoort ondergrawe deur trieksters en transdans
2010-01-20"Kroniek van Perdepoort (1975) van Anna M. Louw is tot op hede veral gelees as ’n plaasroman wat handel oor die sewe doodsondes. Maar by nadere beskouing blyk dit dat daar subtiele maar strukturele verwysings in die teks is na die kultuur en die literatuur van die San wat hierdie lesing ondermyn ..."
Van (luister)liedjie tot chanson: ’n oorsese reis in vertaling
2010-01-13"Na aanleiding van die onlangse vrystelling van die Afri-Frans-CD word daar in hierdie artikel op ’n praktiese wyse gekyk na die kreatiewe (liedjie)vertaalproses binne die taalpaar Afrikaans-Frans."






