LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
|
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
|
||
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van geesteswetenskaplike aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.
Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) skakel nou met ons onderafdelings vir:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
- LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
- LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word.
- LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
- Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.
![]() |
Geesteswetenskappe-redakteur Francis Galloway (DLitt) E-pos: francis@litnet.co.za Bioskets |
Oor die veelduidigheid van tekste
2011-02-14"Met die fokus op religieuse, en meer spesifiek bybelse, tekste ondersoek die artikel die interne oorsake van veelduidigheid vanuit ’n taalkundige, literêr-teoretiese, historiografiese en filosofiese perspektief en kom dit tot die slotsom dat dit ’n onomseilbare gegewe in die huidige opset is met sowel positiewe as negatiewe dimensies."
Vervreemding in die ekstreem: ’n Oorsig oor normloosheid en sosiale isolasie in Afrikaanse ekstreme metal
2011-02-07"In ooreenstemming met sosiologiese navorsing word daar gevolglik aangetoon dat normloosheid in Afrikaanse en internasionale ekstreme metal nie bloot die verwerping van dominante norme behels nie, maar ook die skep van alternatiewe norme, wat ook sosiale kohesie tot gevolg het."
“’n Mens se plig lê altyd in die hede”: ’n Zen-Boeddhistiese aanvulling tot Bernard Stiegler se rolprentmatige fenomenologie van die tyd en die bewussyn
2011-02-01"In hierdie artikel betoog ek dat die diagnose van, en kuur vir, eietydse Westerse moderniteit wat Bernard Stiegler voorstel, ’n belangrike bydrae lewer tot die voortgaande ontwikkeling van die visie van ’n regverdige, erbarmlike maatskaplike wêreldorde, maar dat sy bydrae versterk mag word deur ’n dialoog met die Zen-Boeddhisme."
Postkoloniale literatuur en die representasie van trauma: ’n Verkenning van Verkenning
2011-01-27"Gelees as historiese roman, postkoloniale roman of ’n trauma-narratief, stel hierdie werk een van die mees genuanseerde verkennings van die balans tussen historiese en ontologiese trauma in die Afrikaanse letterkunde daar."
Wysgerige perspektiewe op die uniekheid van getal
2011-01-19"Die gegewe dat die “natuurlike” getalle op mekaar volg, dui op die potensiaal om sonder einde voortgesit te word – wat vanself sowel die oneindige as die aritmetiese tydsorde van opeenvolging ten tonele voer."
Staan die natuur op die balansstaat? Omgewingsbeskouings van die plaaseienaar in Voetpad na Vergelegen en Verbrande Paradys
2010-12-14"Hierdie artikel fokus op Chris Barnard se jeugroman Voetpad na Vergelegen (1987) en Verbrande paradys (2009) uit die pen van Hans du Plessis om ondersoek in te stel te stel na die literêre manifestering van omgewingsbewustheid in die karakter van die plaaseienaars en na die vraag in watter mate ekosensitiwiteit in praktyke van bewaringsboerdery neerslag vind."
Op soek na Leipoldt se oom Gert – ’n studie in historiese resonansies
2010-12-10"Teen die agtergrond van Wium van Zyl (1999) se opvatting oor die morele dood van Leipoldt se oom Gert onderneem ek in hierdie artikel, volgens die beginsels van die Nuwe Historisme, ’n soektog na die ou rebel by wie Leipoldt, soos hy by verskillende geleenthede beskryf het, die storie van 'Oom Gert vertel' gehoor het."
Persepsies van hoe pa's by hul seuns betrokke behoort te wees
2010-12-02"Die doel van hierdie eksploratiewe, kwalitatiewe ondersoek was om pa’s se persepsies van hoe hulle en ander pa’s by hul seuns se lewens betrokke behoort te wees, te verken."
Onderweg na goeie wetenskap 2: Die funksie van strategie, visie en beleid
2010-11-26"Veel sterker nog as die impak van ewekniebeoordeling op goeie wetenskap is die impak van strategie, visie en beleid daarop. In hierdie verband het ons besluit om op twee betekenisvolle dokumente van hierdie aard te fokus."
“In die vyand se kraal”. Die rol en ervaring van Afrikanervroue in die Women’s National Coalition
2010-11-04"In hierdie artikel val die soeklig veral op die Afrikanervrou en Afrikanervroue-organisasies wat by die WNC aangesluit het."
Avatar: ’n Mitologie vir ons tyd
2010-10-29"Films het vir baie mense die Bybel as morele gids vervang en die skeppers van mites is vandag filmmakers wat hulle skeppings gebruik om die deur na die “ander kant” vir kykers oop te maak. Mites het mistieke, kosmologiese, sosiologiese en psigologiese funksies en beskryf die “reis van die held” om die “skat” te vind en na die mense terug te bring."
'n Waarderende ondersoek na die pedagogiese hoedanighede van Gerhardus P.V. Bosch
2010-10-14"Die sewe hoedanighede wat uit die onderhoude geïdentifiseer is, word gebruik om die positiewe kern van Bosch se pedagogie te identifiseer, asook om ’n profiel van uitstaande onderrig as deel van sy nalatenskap aan huidige en opkomende geslagte onderwysers saam te stel."
Die Oosgrenshipotese as geografiese en teoretiese konstruk
2010-10-06"In hierdie artikel word die begrip Oosgrensafrikaans vanuit historiese en teoretiese perspektief nader ontleed en aangetoon dat dit mank gaan aan ernstige tekortkominge."
Die familiesage as volksverhaal: Afrikanernasionalisme en die politiek van reproduksie in Marlene van Niekerk se Agaat
2010-09-28"Wat is die verhouding tussen “roman” en “nasie” wat in Marlene van Niekerk se Agaat aan die orde gestel word? Wat is op die spel in ’n “politieke” ontleding van Agaat en wel in die partikularistiese terme van Afrikanernasionalisme?"
Eietydse ridders: ’n Vergelyking tussen Die mugu (1959) deur Etienne Leroux en Die avonture van Pieter Francken (2005) deur Jaco Fouché
2010-09-16"In hierdie artikel word ’n vergelykende studie onderneem van Die mugu (1959) deur Leroux en Die avonture van Pieter Francken (2005) deur Fouché. Die tradisionele definisies van vergelykende literatuurstudie fokus op die vergelyking van tekste uit verskillende tale en lande en is nie geskik vir hierdie ondersoek nie."
Die Europese musiektradisie en die ontwikkeling van ’n Afrikaner-identiteit: ’n Oorsig van Afrikaanse musiekjoernalistiek in Die Brandwag en Die Nuwe Brandwag
2010-09-09"Die hipotese van hierdie artikel is dat Afrikanernasionalisme, soos geteoretiseer deur geskiedkundiges en politieke wetenskaplikes, nie rekening hou met kulturele (spesifiek musiek-) diskoerse nie."
Afrikaans as lingua franca in Namibië, ca. 1800-1920
2010-09-02"Hierdie artikel gaan die vestiging, verspreiding en gebruik van Afrikaans as lingua franca na in prekoloniale en koloniale Namibië tot die Suid-Afrikaanse oorname, toe die taal amptelike status verwerf het."
Kleurvol hibried: Kleur kom nooit alleen nie en die talige ruimte van saambestaan
2010-08-18"Die artikel ondersoek die belangrikheid van taal by die konstruksie van ruimte en identiteit in ’n postmodernistiese poësieteks, Kleur kom nooit alleen nie."
André Groenewald, populêre letterkunde en die Afrikaanse literatuurgeskiedenis
2010-08-13"Die artikel lewer ’n pleidooi vir ’n meer sistematiese ondersoek na Afrikaanse populêre letterkunde en ontwikkelings daarin."
Enkele verklarings vir die strafregtelike vervolging van diere gedurende die Middeleeue en Renaissance
2010-08-06"Wat vandag lyk na ’n sinlose en bisarre praktyk, was in die Middeleeue roetine: die beskuldigdes (diere) is formeel gedagvaar en voor ’n hof gedaag; diere het die reg op verdediging gehad en is ook gevonnis, byvoorbeeld gehang, verbrand of toegesluit in ’n tronk."






