LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

tao200

Telefoon: 021 886 5169
E-pos: akademies@litnet.co.za
https://doi.org/10.56273/1995-5928/LA
Alle gepubliseerde artikels is ooptoegang ingevolge lisensie CC BY-NC-ND.

LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van geesteswetenskaplike aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.

Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.

LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) skakel nou met ons onderafdelings vir:

Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

  • LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
  • LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word.
  • LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
  • Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.

Geesteswetenskappe-redakteur
Francis Galloway (DLitt)
E-pos: francis@litnet.co.za
Bioskets

’n Kritiek op ’n normatiewe vergelyking van die 2003- en 2011-weergawes van die South African Languages Bill aan die hand van sosiolinguistiese beginsels van taalwetgewing

Theodorus du Plessis 2012-05-01 Die hersiene weergawe van die South African Languages Bill wat sedert Julie 2011 in omloop is en gedurende Oktober 2011 vir openbare kommentaar in die Staatskoerant gepubliseer is, het heelwat negatiewe reaksies ontlok en kritici bevind onder meer dat dit ’n afgewaterde weergawe van sy voorganger (die 2003-weergawe) is. Maar is die 2003-weergawe werklik ’n beter wetsontwerp en sy 2011-opvolger by implikasie dan ’n slegter ontwerp?

’n Wêreldklasuniversiteit in Suid-Afrika: ideaal, wenslik, haalbaar, werklikheid, hersenskim?

Charl Wolhuter 2012-04-19 Hierdie artikel ondersoek Suid-Afrikaanse hoër onderwys met betrekking tot die strewe na die vestiging van wêreldklasuniversiteite, wat in baie lande van die wêreld nagestreef word.

Die mistieke dimensie en kontemplatiewe aard van die kreatiewe daad by Sheila Cussons

Carine Janse van Rensburg 2012-03-27 Hierdie artikel gee ? beskouing van dié digterskapsverse van Sheila Cussons waarin eerstens die mistieke, en tweedens die kontemplatiewe, die grondslag vorm.

YouTube-onderhoud: Joline Blignaut

Joline Blignaut 2012-03-26 Joline Blignaut gesels oor die gebruik en waarde van Tienerkaaps in gedrukte advertensies. Sy fokus veral op die persepsies van Kaapse Afrikaanssprekende tieners oor die gebruik van hul Tienerkaaps in die gedrukte media.

“KODESA? Is dit ’n nuwe kopseerpil?” 'n Ondersoek na die Afrikanervrou se politieke ingesteldheid in die 20ste eeu.

Loraine Maritz 2012-03-12 Ná 1990, met die beëindiging van apartheid en op pad na ’n demokratiese Suid-Afrika, is die Afrikanervrou gelaat sonder haar tradisionele ankers: dat die Afrikaner, en blankes, meerderwaardig is; dat Afrikaners ’n spesiale verhouding met God het en dat Suid-Afrika regmatig aan die Afrikaner behoort. Die Afrikanervrou was sonder identiteit.

Die pianis as vertoonkunstenaar: Die Chinese virtuoos-pianis Lang Lang se populêre sukses

Cara Kleynhans, Heinrich van der Mescht 2012-03-05 Dit is duidelik dat Lang Lang se populariteit, wat selfs tot buite die sfeer van klassieke musiek strek, hom ’n spesiale figuur maak as klassieke pianis in ’n musiekbedryf wat deur populêre kunstenaars oorheers word.

Die denker as digter, die digter as denker: D.J. Opperman, N.P. Van Wyk Louw en die digkuns/filosofie-debat in die Afrikaanse letterkunde (Deel 2)

Jaco Barnard-Naudé 2012-02-29 Hierdie bydrae verteenwoordig die tweede gedeelte van ’n ondersoek na en betoog vir ’n hibridiese benadering tot die verhouding tussen die digkuns en die wysbegeerte. Die konteks van hierdie ondersoek is die Afrikaanse digkuns.

Die denker as digter, die digter as denker: D.J. Opperman, N.P. Van Wyk Louw en die digkuns/filosofie-debat in die Afrikaanse letterkunde (Deel 1)

Jaco Barnard-Naudé 2012-02-27 Dat die verhouding tussen die digkuns en die filosofie as ’n intellektuele strydpunt binne die konteks van spesifiek die Afrikaanse digkuns bestaan (en dat die name van Opperman en Louw onlosmaaklik aan hierdie debat verbonde is), is nie te betwyfel nie.

’n Positiewe profiel van ’n buitengewone hoofmeisie as rolmodel: Emme-Lancia Veronique Faro van die Sekondêre Meisieskool Oranje

Jannie Pretorius 2012-02-21 Die behoefte aan suksesvolle rolmodelle vir skoolleiers in die sukkelende Suid-Afrikaanse onderrigstelsel dien as begronding van en motivering vir hierdie studie. In hierdie navorsing is waarderende onderhoude met ses onderwysers en sewe leerders van die Christelike en Nasionale Sekondêre Meisieskool Oranje gevoer om ? profiel van Emme-Lancia Veronique Faro – ? buitengewone voormalige hoofmeisie van die skool – saam te stel.

Die hiërargie van begeerte in José Saramago se roman Baltasar and Blimunda

Estelle Alma Maré 2012-02-14 ’n Belangrike tema in José Saramago (1923–2010), aan wie die Nobelprys vir Letterkunde in 1998 toegeken is, se roman Baltasar and Blimunda (Portugese titel: Memorial do convento), wat in die vroeë 18de-eeuse Portugal afspeel, is persoonlike en kollektiewe obsessies wat deur begeerte gedryf word.

Transgressie in die voorstelling van gender in Die avonture van Wilde Willemientjie deur Riana Scheepers en Vian Oelofsen

Henriëtte Loubser 2012-02-03 Prenteboeke kan kragtige werktuie in die manipulering van jong kinders tot die aanvaarding van gestereotipeerde genderrolle wees. Kinders identifiseer met die karakters in storieboeke en vorm sodoende ’n eie mening oor die self en die wêreld om hulle.

'n Oorweging van die sosiopolitieke kragte wat inwerk op die betekenis en toepassing van die diskresionêre taalklousule van die Suid-Afrikaanse grondwet

Koos Malan 2012-01-25 “Indien die Suid-Afrikaanse grondwet oor ’n taalklousule beskik het wat in besonderhede uiteengesit het op welke wyse die inheemse tale hanteer en bevorder moet word, kon dit ’n belangrike rol gespeel het om hierdie tale te ondersteun en verengelsing teen te werk.”

Ondersoek na die impak van ’n akademiese geletterdheidsintervensie op eerstejaarstudente se akademiese taalvermoë

Tobie van Dyk 2011-12-08 Deurvloeikoerse aan universiteite is kommerwekkend laag en daar is verskeie redes hiervoor. Die mees voor die hand liggende en wyd gedokumenteerde is die skoolstelsel se versuim om leerders voldoende vir universiteitstudie voor te berei.

“’n Almanak van klippe”: Laatwerk en Breyten Breytenbach se Die beginsel van stof (laat-verse, sprinkaanskaduwees, aandtekeninge)

Helize van Vuuren 2011-11-30 Teoretiese aspekte van laatwerk en laat styl, soos uiteengesit deur veral Theodor W. Adorno, Kenneth Clark en Edward Said, word gebruik om Breytenbach se “skemerbundel”, Die beginsel van stof, te ontleed. Vanuit ’n vergelykende literêre ...

Moedertaalgebaseerde tweetalige onderwys: ’n moontlike oplossing vir Suid-Afrika se geletterdheids- en syfervaardigheidsprobleme

Michael le Cordeur LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2011-11-30

Hierdie artikel ondersoek eerstens die waarde van moedertaalonderrig vir leerderprestasie teen die agtergrond van die lae vlak van geletterdheid en syfervaardigheid.

’n Jungiaanse perspektief op die reekstekeninge van ’n seksueel mishandelde kind

2011-11-22 ’n Groot aantal kinders is slagoffers van seksuele mishandeling. Hierdie slagoffers presenteer met ’n wye verskeidenheid biopsigososiale gevolge wat hulle sosiale en emosionele ontwikkeling strem. Dit impliseer dat terapeutiese hulpverlening vir hulle ...

Leergesprekke in universiteitsklaskamers: ’n Herwaardering

Gert van der Westhuizen 2011-11-18 Hierdie artikel bied ’n herwaardering aan van die waarde wat klaskamergesprekke kan hê vir doeleindes van leer. Dit is gebaseer op ’n ontleding van verskillende teoretiese perspektiewe op en gespreksontledingstudies van die aard van leergesprekke.

Stellenboschstudente se rol in die vestiging van Afrikaans as onderrigtaal aan die Universiteit Stellenbosch

Pieter Kapp 2011-11-15 Die Afrikaanse literatuur gee uitgebreide aandag aan die geskiedenis van die pioniers van Afrikaans. Die belangrike rol van die jong studente aan die destydse Victoria Kollege op Stellenbosch kry egter weinig aandag. In werklikheid het hulle ’n groot rol in die ...

“Dit kom daarop neer dat ek nie vergete was nie”: Die vroulike liggaam, gender en geweld in Suid-Afrikaanse slawenarratiewe

Jessica Murray LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2011-11-11

"Hierdie artikel bied ’n narratiewe ontleding van sowel historiese hofstukke as geselekteerde Suid-Afrikaanse romans wat fokus op slawerny in die Kaapkolonie."

Top