LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
|
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
|
||
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van geesteswetenskaplike aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.
Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) skakel nou met ons onderafdelings vir:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
- LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
- LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word.
- LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
- Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.
![]() |
Geesteswetenskappe-redakteur Francis Galloway (DLitt) E-pos: francis@litnet.co.za Bioskets |
Gemeenskap vandag. Ontologie, abstraksie en plek
2012-12-05 "Ten grondslag van die klem op die keusevryheid van die individu lê ’n herdefiniëring van wat dit beteken om mens te wees. Mense is nie meer per definisie aan die lotgevalle van hulle onderskeie gemeenskappe (families, dorpe, streke, etnisiteite, state, ens.) verbonde nie."David Beresford Pratt: die mens agter die sluipmoordpoging
2012-12-04 "As regsgeleerde is mens seker altyd geïnteresseerd in sulke beroemde gevalle. As mens hedendaagse berigte lees oor die sluipmoorde van Pratt en Tsafendas, is dit opvallend hoeveel daar in die dade geprojekteer word deur die beriggewende protagoniste vanuit hulle eie heilsperspektief."Die Chinese virtuoos-pianis Lang Lang en sy model Vladimir Horowitz, die “Laaste Romantikus”
2012-11-28 "Die navorsingsontwerp van hierdie studie kan beskryf word as ’n kwalitatiewe en etnografiese benadering tot ’n kritiese vergelyking tussen die musikaliteit en loopbane van twee individue uit die klassieke klaviertradisie: Vladimir Horowitz en Lang Lang."Die voorkoms, frekwensie en aard van seksuele misbruik deur jong vroulike seksoortreders in ’n inwoonsorgsentrum
2012-11-21 "Die doel van hierdie navorsingstudie behels ’n verkennend-beskrywende ondersoek na die voorkoms, frekwensie en aard van seksuele misbruik onder meisies in ’n inwoonsorgsentrum."’n Perkroniese herbeskouing van Rembrandt van Rijn: Selfaanbieding binne ’n gebroke-kosmos-raamwerk
2012-11-14 "Die geskilderde selfportret is nie net die vaslegging van ’n spieëlbeeld nie, maar ’n kunsgenre wat aansluit by ’n stelsel van redelik konstante topoi,konvensies en patrone wat die subjektiwiteit van die kunstenaar op die voorgrond kan stel."Die Afrikaanse literêre sisteem: ’n Eksperimentele benadering met behulp van Sosiale-netwerk-analise (SNA)
2012-11-06 "SNA fokus op rolle en posisies, hoe ’n netwerk gestruktureer is, hoe invloed en mag versprei en hoe hulpbronne benut word."Dae in die lewens van vrywillige werkers: Belewenisse van studente-vrywilligers
2012-10-24 "Die bewustheid dat vrywilligers nie net mense help en hul gemeenskappe dien nie, maar dat die werk wat hulle doen ook gevolge vir hulle self het, het my genoop om kwalitatiewe navorsing hieroor te doen en uit te vind wat ons studente beleef."Konstruering van die akademiese habitus: ’n analitiese outo-etnografie van 25 jaar in die akademiese wêreld
2012-10-16 "In hierdie artikel maak ek gebruik van analitiese outo-etnografie om ondersoek in te stel na die vraag: Hoe word akademiese habitus in die universiteit as veld ontwikkel en volgehou deur die loop van ’n lang akademiese loopbaan?"Die woordrivier: ’n Model ter bevordering van gemeenskapseie woordkuns
2012-10-11 "Daar is ’n gebrek aan stemme, stories en skrywers in Suid-Afrika wat verteenwoordigend is van verskillende tale, kulture en gemeenskappe. Gemeenskapseie woordkuns is woordkuns, hetsy fiktief of nie, wat uniek is aan spesifieke gemeenskappe."“Tussen stasies”: ’n Aanwending van die stylfiguur van die trein in die Afrikaanse musiekvideo
2012-10-03 "Hierdie artikel beoog om die musiekvideo 'Tussen stasies' aan die hand van onlangse teoretiserings oor musiekvideo te oordink, en die liedjie ten opsigte van ander sogenaamde treintekste te kontekstualiseer."Die skrywer en nuwe publikasiekontekste: Interaktiwiteit en wisselwerking in aanlyngemeenskappe – Fanie Viljoen se Pynstiller as gevallestudie
2012-09-28 "Die verskillende weergawes van Fanie Viljoen se teks Pynstiller is hoofsaaklik die gevolg van sy betrokkenheid in ’n kreatiewe en navorsingsprojek waarin kunstenaars en skrywers die grense van die kodeksvorm van die boek uitgedaag en oorskry het."Dissipline in die klaskamer – Deel 2: Dissiplinêre maatreëls en opvoeders se bevoegdhede en verantwoordelikhede ten opsigte daarvan
2012-09-20 "Die regte van leerders word sedert die totstandkoming van die demokrasie in Suid-Afrika dikwels oorbeklemtoon. Dit lei daartoe dat baie leerders oorbewus is van hulle regte, maar min verantwoordelikheid openbaar om hulle verpligtinge na te kom."Dissipline in die klaskamer – Deel 1: Die bepalings van die Grondwet en Skolewet ten opsigte van dissiplinêre maatreëls in die klaskamer
2012-09-12 "Opvoeders is dikwels onseker oor die mate waarin leerders wat hulle wangedra se fundamentele regte beperk mag word tydens die toepassing van dissiplinêre maatreëls in die klaskamer."Akoestiese analise van die vokale van ’n groep bejaarde Afrikaanse vroue
2012-09-07 "Hierdie artikel is ’n verslag van ’n ondersoek na die akoestiese eienskappe van die vokale van Afrikaans soos voortgebring deur ’n groep van 20 bejaarde Afrikaanssprekende vroulike sprekers (gemiddeld 86 jaar oud)."Taferele, tableaux vivants, tablo’s en die vroeë Afrikaanse drama (1850–1950)
2012-08-30 "Die feit dat die tafereel so ’n lang geskiedenis het en vanaf die vroegste vorme van drama en teater ’n rol gespeel het – veral binne die sogenaamde prosessieteater – het my genoop om kortliks ook vanuit ’n wyer (en meer historiese) perspektief na hierdie konvensie te kyk."Integrasie van artikulatoriese en akoestiese eienskappe van vokale: ’n beskrywingsraamwerk
2012-08-24 "Ten einde vokale van enige taal op ’n omvattende en insiggewende wyse te kan beskryf, is ’n volledige teoretiese raamwerk nodig. Daarvoor benodig mens ’n goeie ondersteunende fonetiekraamwerk."Ma’s se persepsies van hoe afknouery gesinne beïnvloed
2012-08-13 "Hoe raak die afknouery van ’n kind ook die ander gesinslede?"Gewone lesers aan die Kaap, c. 1680 tot 1850
2012-08-01"Die leeskulture van die slawe, vryswartes en arbeiders in die vroeë Kaap vertel ons nie net waarvan hierdie mense gehou het nie, maar ook wie hulle was en hoe hulle die wêreld verstaan het."






