LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
|
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
|
||
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van geesteswetenskaplike aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.
Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) skakel nou met ons onderafdelings vir:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
- LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
- LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word.
- LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
- Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.
![]() |
Geesteswetenskappe-redakteur Francis Galloway (DLitt) E-pos: francis@litnet.co.za Bioskets |
Op pad van ’n verdeelde na ’n gedeelde toekoms in die Afrikaanse taalgemeenskap: Die rol van die Afrikaanse Taalraad in die proses van versoening
2013-03-15"In hierdie artikel kom die toekoms van Afrikaans ook ter sprake [...] vanuit [...] hoe die taal se toekoms verseker kan word deur die inklusiewe Afrikaanse gemeenskap hierby te betrek. In watter mate die Afrikaanse Taalraad (ATR) hierdie rol kan vervul, en die werk wat hierdie liggaam sedert 2003 gedoen het, word hier bespreek."
’n Persoonlike waardering van Michelangelo Merisi da Caravaggio (1571-1610)
2013-03-12 "In hierdie studie benut die navorser die 5D-siklus van Waarderende Ondersoek om ’n persoonlike waardering van die lewe en werk van Michelangelo Merisi da Caravaggio, Italiaanse meesterskilder, te doen."Die uitbeelding van gay manlikheid in die werk van drie debuutdigters
2013-02-26"Manlikheidstudies fokus nie soseer op die man se biologiese manlikheid nie, maar eerder op die histories-spesifieke sosiaal-gekonstrueerde opvattings oor manlikheid. Mans is geneig om volgens Pronger man-wees met manlikheid te verwar."
Leerbestuurstelsels teenoor sosialenetwerk-omgewings: die ontwikkeling van ’n geïntegreerde tegnologiese onderrig-leer-model
2013-02-20 "Deur die navorsing wat tot die artikel gelei het, is ondersoek hoe studente se persepsies van gesamentlike leer, sosiale teenwoordigheid en vlakke van leer mekaar beïnvloed."’n Ondersoek na die waarde van historiese fiksie: drie geskiedkundige romans in oënskou geneem
2013-02-12 "Skrywers herwin nie die verlede net om sekere gebeurtenisse in herinnering te roep nie, en lesers lees nie geskiedkundige romans net om vermaak en ingelig te word nie."Rapport se beriggewing oor skoolgeweld 1994–2011: ’n multidimensionele sosiale probleem
2013-02-05"Berigte oor skoolgeweld wat in Rapport verskyn het, toon ’n redelik volledige beeld van skoolgeweld in Suid-Afrika"
Wat oor is, is die Self: verblyf in ’n boomholte in Wilma Stockenström se Die kremetartekspedisie
2013-01-28"Die kremetartekspedisie bied op unieke wyse literêre uitdaging aan die Westerse instrumentele (diensbaarheid-) beskouing van die natuur."






