PEN Afrikaans

Wat elke skrywer moet weet: Verhoogverwerkings

PEN Afrikaans PEN Afrikaans 2018-08-13

"Hoe gaan ’n mens te werk om die regte te verkry om iets vir die verhoog te verwerk? Hoe word ’n teks regmatig vertaal en opgevoer? Wie besit die intellektuele eiendom in die aangepaste werk?"

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Julie 2018

PEN Afrikaans PEN Afrikaans 2018-08-07

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Julie 2018 verskyn het en digitaal beskikbaar is.

’n Pleidooi vir die veiligheid van skrywers en liefhebbers van die geskrewe woord: Ter nagedagtenis van Tom Gouws (1961–2018)

PEN Afrikaans PEN Afrikaans 2018-07-31

"Geweld en doodslag, om watter redes ook al, kom neer op die ernstigste denkbare aantasting van vryheid en respek vir medemense wat ’n reg moet hê om hulleself sonder beletsels uit te leef in hul werksaamhede, ook as woordmense wat die woord gebruik om die volle omvang van menslike ervaring te peil."

A plea for the safety of writers and all who care for the written word: In memory of Tom Gouws (1961–2018)

PEN Afrikaans PEN Afrikaans 2018-07-31

"Violence and senseless killing amounts to the most serious attack on the freedom and respect owed to all human beings who should be allowed to express themselves freely in their daily lives, not least of all writers and all who cherish the value of the written word in expressing the full scope of human experience."

PEN Afrikaans Nuusbrief: Julie 2018

PEN Afrikaans PEN Afrikaans 2018-07-09

Oor: gratis toegang tot Tuin van Digters 2018; ledegeld; beskikbaarheid van Afrikaanse boeke in Nederland; Fiona van Kerwel sluit by PEN Afrikaans se bestuur aan; Voorleggings ingewag: Wysigingswetsontwerp op Outeursreg; Taalgenoot-leesstof: Herfs 2018; Wat elke skrywer moet weet: plagiaat; ’n oorsig van Afrikaanse resensies en boekbesprekings in Junie; nuwe Afrikaanse boeke in Julie.

Afrikaanse boeke in Nederland

PEN Afrikaans PEN Afrikaans 2018-07-09

PEN Afrikaans bied hiermee ’n uiteensetting van die wyses waarop Afrikaanse boeke tans in Nederland aangeskaf kan word en vra dat organisasies wat ’n belang by Afrikaans in Nederland het die woord sal versprei.

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Junie 2018

PEN Afrikaans PEN Afrikaans 2018-07-05

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Junie 2018 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Leesstof vir boekliefhebbers uit Taalgenoot se Herfs 2018-uitgawe

PEN Afrikaans PEN Afrikaans 2018-07-05

Met die Taalgenoot-redaksie se vriendelike vergunning deel PEN Afrikaans artikels en resensies uit dié kwartaallikse tydskrif se Herfs 2018-uitgawe. Wat ’n plesier! Hierdie inhoud is nie elders digitaal beskikbaar nie.

PEN Afrikaans Nuusbrief: Junie 2018

PEN Afrikaans PEN Afrikaans 2018-06-12

Oor: suksesvolle aansoeke by die PEN Afrikaans Vertaalfonds; kykNET loods GRAPKAS; nuwe sluitingsdatum vir internasionale kuns- en vredesprojek; Wat elke skrywer moet weet: die reg op privaatheid; 'n oorsig van Afrikaanse resensies en boekbesprekings in Mei; nuwe Afrikaanse boeke in Junie.

PEN Afrikaans Vertaalfonds befonds vertalings van Rudie van Rensburg, Lien Botha en Karel Schoeman

PEN Afrikaans PEN Afrikaans 2018-06-11

Na afloop van die Mei 2018-sperdatum vir aansoeke by die PEN Afrikaans Vertaalfonds sal die volgende drie vertalings na Nederlands befonds word: Slagyster deur Rudie van Rensburg, Wonderboom deur Lien Botha en Die hemeltuin deur Karel Schoeman.

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Mei 2018

PEN Afrikaans PEN Afrikaans 2018-06-06

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Mei 2018 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Wat elke skrywer moet weet: Die reg op privaatheid

PEN Afrikaans PEN Afrikaans 2018-06-05

"Dit is belangrik dat voornemende skrywers moet onthou dat, in beginsel, elke persoon die reg het om te besluit watter aspekte van sy/haar lewe privaat is en wat privaat gehou moet word. Verder het individue ook die reg om te besluit watter inligting geopenbaar mag word en ook onder watter omstandighede sodanige openbaarmakings mag geskied."

PEN Afrikaans Nuusbrief: Mei 2018

PEN Afrikaans PEN Afrikaans 2018-05-11

Oor: Persvryheiddag; Uitnodiging om deel te neem aan internasionale kuns- en vredesprojek; Wat elke skrywer moet weet: publikasie-ooreenkomste en laster; Aansoeke ingewag by PEN Afrikaans Vertaalfonds; Taalgenoot se Somer 2018-uitgawe; 'n oorsig van Afrikaanse resensies en boekbesprekings in April; nuwe Afrikaanse boeke in Mei.

Wat elke skrywer moet weet: Laster en die skending van persoonlikheidsregte

PEN Afrikaans PEN Afrikaans 2018-05-10

"In skrywerskontrakte is daar dikwels ’n klousule ingevolge waarvan die skrywer waarborg dat geen gedeelte van sy/haar manuskrip lasterlik is of derde partye se regte sal skend nie. Aanspreeklikheid vir verbreking van dié waarborg berus tipies by die skrywer."

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in April 2018

PEN Afrikaans PEN Afrikaans 2018-05-10

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in April 2018 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Top