PEN Afrikaans: Verklaring oor Gekose Komitee se aanvaarding van wetsontwerp
2019-03-22"Dit bly ons oortuiging dat die huidige wetsontwerp Suid-Afrikaanse skrywers uiters nadelig sal beïnvloed. Ons is dit met kopieregkenners eens dat die wetsontwerp verwerp en herskryf behoort te word om ’n billike balans tussen die belange van outeurs en dié van 'gebruikers' van kopieregwerke te kan bereik."
PEN Afrikaans Nuusbrief: Maart 2019
2019-03-13Oor: Resensiekursus, slypskool en skrywerskamer by die US Woordfees; PEN Afrikaans veroordeel aanval op joernalis Karima Brown en mediavryheid in Suid-Afrika; 'n skrywersresidensie in samewerking met die Jakes Gerwel Stigting; verwikkelinge rondom die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg; Charl-Pierre Naudé oor skrywersnetwerke en -residensies; ledegeld; 'n oorsig van Afrikaanse resensies en boekbesprekings in Februarie; nuwe Afrikaanse boeke in Maart; nuwe lede.
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Februarie 2019
2019-03-12Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Februarie 2019 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
PEN Afrikaans condemns attack on Karima Brown and media freedom in South Africa
2019-03-07As an organisation defending freedom of expression and media freedom, PEN Afrikaans condemns the attack in the strongest terms and urges the EFF leadership to do the same. | As ’n organisasie wat vryheid van uitdrukking en mediavryheid verdedig, veroordeel PEN Afrikaans die aanval ten sterkste en ons doen ’n beroep op die EFF-leierskap om dieselfde te doen.
Woon en skryf vir ’n maand in Somerset-Oos: die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans loods ’n skrywersresidensie
2019-02-19Opbetaalde lede van PEN Afrikaans word hiermee hartlik uitgenooi om aansoek te doen vir die Jakes Gerwel Stigting se skrywersresidensie, aangebied in samewerking met PEN Afrikaans.
PEN Afrikaans Nuusbrief: Februarie 2019
2019-02-14Oor: jaarplan 2019; resensiekursus en slypskool by die US Woordfees; Die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg: volgende stappe en ’n simposium; Naas Steenkamp (1933 - 2018); ’n nuwe artikelreeks, spesiale aanbod: PharosAanlyn; ’n oorsig van Afrikaanse resensies en boekbesprekings in Januarie; nuwe Afrikaanse boeke in Januarie en Februarie.
Herdenking van ’n lewe: Naas Steenkamp (1933–2018)
2019-01-21Jy word uitgenooi na ’n geleentheid ter herdenking van die lewe van Naas Steenkamp (1933–2018), ’n stigterslid van PEN Afrikaans, op 4 Februarie 2019.
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Desember 2018
2019-01-18Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Desember 2018 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
PEN Afrikaans bring hulde aan Naas Steenkamp
2018-12-22PEN Afrikaans het met hartseer verneem dat Naas Steenkamp, een van ons stigterslede, gisteroggend oorlede is. Naas Steenkamp was saam met John Miles, Fanie Olivier en Kerneels Breytenbach die dryfkrag agter die stigting van PEN Afrikaans in 2012.
PEN Afrikaans Nuusbrief: Desember 2018
2018-12-17Oor: PEN Afrikaans Vertaalfonds befonds meeste vertalings nog; die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg is deur die Nasionale Vergadering aanvaar; ’n artikel oor Izak de Vries; leesstof uit Taalgenoot se Lente 2018-uitgawe; staatspublikasie van skoolboeke, ’n oorsig van Afrikaanse resensies en boekbesprekings in November; nuwe Afrikaanse boeke in Desember.
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in November 2018
2018-12-14Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in November 2018 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Artikels en resensies uit Taalgenoot se Lente 2018-uitgawe
2018-12-13"Te danke aan die Taalgenoot-redaksie deel PEN Afrikaans graag die taal- en boekverwante inhoud uit dié kwartaallikse tydskrif se Lente 2018-uitgawe."
PEN Afrikaans Vertaalfonds befonds meeste vertalings nog
2018-12-13Werk van Marlene van Niekerk, Breyten Breytenbach, Chris Barnard, Dan Sleigh en Lindie Koorts sal binnekort in vertaling beskikbaar wees.
Press release: Authors unite against Copyright Amendment Bill
2018-12-03"Authors have united in their call upon the South African legislature to refrain from adopting the Copyright Amendment Bill to be debated in the National Assembly this week."

