Nico Luwes

Prof Nico Luwes was eers Pacofs akteur en is sedert 1980 verbonde aan die Dramadepartement by Kovsies, vanaf 1990 as hoof. Van die 25 toneelstukke wat hy geskryf en gepubliseer en wat professioneel opgevoer is by die UV en kunstefeeste en deur streeksrade, is Aku vang 'n ster, Die buite-egtelike ouma, Graswewenaar, My liewe Meneer Malan, Die Waterwyser, 'n Lam vir die Pase, Die Mure van Jerigo, Skroot, Limerieke Sonder Brieke, Waaihoek, Die Knorries en die krisis en Zollie die bekendstes. Laasgenoemde stuk is met die 2006 Sanlamprys vir nuwe Afrikaanse teater bekroon. Nico is gereeld regisseur en speler by nasionale kunstefeeste. Onlangse produksies was Braam van der Vyver se Straties, Chris Vorster se Aasvoëls en Molière se Ipekonders. Hy was regisseur van Romeo en Juliet in Russies in die Chekhov Staatsteater in Pavlodar in Kazakhstan in 2005 en vertrek weer vanjaar in Oktober daarheen as regisseur van sy eie stuk, The Illegitimate Granny in Russies.


Opgedateer/Updated: 2006-09-01
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Huldiging aan Pieter Fourie (3 April 1940 – 12 September 2021)

Nico Luwes In memoriam 2021-09-13

"Retrospektief beskou, het Fourie inderdaad sy kunstenaarskap op soveel terreine met uitsonderlike artistieke insig, deursettingsvermoë en durf gestand gedoen. Sy stem in die Afrikaanse teater sal nooit uitgedoof kan word nie."

Akademiepryse 2017: Deleen Bekkerprys vir die beste draaiboek vir ’n dokumentêre TV-program in Afrikaans aan Richard Finn Gregory

Nico Luwes Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2017-06-23

"Die hele saak van uitsterwing van ’n taal wat nie meer in alledaagse omgang gebesig word nie, verhoog die impak en relevansie van dié dokumentêr in die huidige Suid-Afrika. Die wetenskaplike waarde van die dokumentêre film lê veral in die dokumentering van die Afrikaanse taal wat na meer as ’n eeu in isolasie weinig verander het en tot vergelykende taalstudies kan lei."

Resensie van Land van skedels deur Nicola Hanekom

Nico Luwes Resensies 2016-01-18

"Land van skedels is uiteindelik ʼn ritueel oor die gruwelikheid en verskrikking wat oorlog aan die mens, wat nie meer mens geag word nie, doen. Hierdie drama behoort deur alle nasies in hierdie land gelees te word – hierin kry almal stem."

LitNet-spens: 'n Snoekie vir my Sweetheart

Nico Luwes Drama 2015-10-19

 'n Kaapse Lamb to the Slaughter uit die pen van Nico Luwes — om gratis, vry en verniet te gebruik. 

LitNet-spens: ’n Boudjie van my Vroutjie

Nico Luwes 2014-12-03 ’n Boudjie van my Vroutjie is ’n korterige komiese eenbedryf van 20 bladsye losweg gebaseer op Roald Dahl se kortverhaal Lamb for the Slaughter.

LitNet-spens: Die tandetrekker

Nico Luwes Academic research 2014-11-25

Iewers op die Russiese platteland in 1884 doen ’n mediese ordonnans, met geen ondervinding van tandetrek nie, hom voor as die ware dokter...

LitNet-spens: Die oudisie

Nico Luwes 2014-11-10

’n Gefrustreerde regisseur wil huis toe gaan na ’n hele dag se onsuksesvolle oudisies deur aktrises, maar wanneer een aktrise laat opdaag, loop ’n baie komiese ontmoeting uit op ’n roerende einde. Perfek vir ’n jong aktrise en kort genoeg vir ATKV-skoletoneel.


LitNet-spens: 'n Tragiese kêrel – teen wil en dank

Nico Luwes Academic research 2014-10-30

’n Ou kla-gat staatsdienswerker, wat ’n maand op die Russiese platteland met sy gesin moet woon en werk, kom besoek sy vriend in die grootdorp waar hy kom inkopies doen en ’n paar goedjies van hul dorpshuis na die platteland toe moet wegvat."

LitNet-spens: Swanesang

Nico Luwes 2014-10-23 ’n Hartroerende verhaal van akteur-wees ten koste van ’n normale lewe.

LitNet-spens: Die skadelike effek van twak

Nico Luwes 2014-10-22 ’n Onder-die-pantoffel-mannetjie moet ’n lesing lewer oor die gevare van twak vir die Welsyn in ’n plattelandse dorpie. ’n Ware uitdaging vir enige akteur wat sy sout werd is en die juweel met erns aanpak.

Oestyd-skryfuitdaging: "So lank as die rietjie" deur Nico Luwes

Nico Luwes 2012-12-05 So lank as die rietjie…
O, so lank as die rietjie innie water staan…
Ka’jy ma’ wiet …

LitNet-spens: Die kaskenades van Kees Kieswetter - Die dooie ou donner!

Nico Luwes Drama 2010-09-21

Kees Kieswetter, Nederlandse kansvatter skop die emmer in hotelkamer. ’n Vrou was daar wat verdwyn het.

LitNet-spens: Die draaijakkalse

Nico Luwes Drama 2010-09-21

Die klug, Die draaijakkalse is weer vol vlymskerp kinkels en dartelende woordspeletjies soos die twee karakters mekaar probeer uitoorlê. Skoon vet pret vir almal.

LitNet-spens: Piet se tante

Nico Luwes Drama 2010-06-17

Twee studente nooi twee dames om in Reitz te kom eet. Uiteraard kort hulle ’n chaperone. Piet se miljoenêrtante uit Hanover, waar al haar skape goue tande het, moet die funksie vervul.

LitNet-spens: Nag van die hiëna

Nico Luwes Drama 2010-06-10

Tweelingbroers pleeg versekeringsbedrog. Dokter vry die een se vrou en is deurmekaar met meisie wat verdowingsmiddels verkoop. Dokter se ontvangsdame soek sy lyf. Moord, weerwraak en afpersing.

Top