Naam van skrywer
Nico Luwes
Naam van teks
’n Tragiese kêrel – teen wil en dank
Subgenre
Komiese drama
Aantal spelers
Twee mans
Vorige opvoerings
Geen in Afrikaans van hierdie teks nie
Kort opsomming:
’n Tragiese kêrel – teen wil en dank is ’n getroue tien bladsy Afrikaanse vertaling van A Tragedian In Spite Of Himself deur Anton Chekhov. ’n Ou kla-gat staatsdienswerker, wat ’n maand op die Russiese platteland met sy gesin moet woon en werk, kom besoek sy vriend in die grootdorp waar hy kom inkopies doen en ’n paar goedjies van hul dorpshuis na die platteland toe moet wegvat. In die snaakse komedie soek hy ’n rewolwer by sy vriend om hom van sy lewenslot te verlos. Sowat van kla en kerm het jy nog nie gehoor nie! Uiteraard loop die gebeure op ’n skreeusnaakse einde af.
Vorige opvoerings
Geen in Afrikaans
Naam van kopiereghouer
Nico Luwes
Persoon/instelling wat gekontak moet word ivm opvoerregte
Dalro of Prof Nico Luwes
Dept Drama
UV
Bloemfontein
(0823742485) of luwes@ufs.ac.za
>> Klik hier om die teks in PDF-formaat af te laai >>

