Oestyd-skryfuitdaging: "So lank as die rietjie" deur Nico Luwes

  • 0

So lank as die rietjie

So lank as die rietjie…
O, so lank as die rietjie innie water staan…
Ka’jy ma’ wiet …
Ka’ jy ma wíét!
Sallie manne ommie kanne
Met die brandvlam innie hanne
Wee’ hul meisiegoeters flinters slaan…

O, so lank as die rietjie…
Ja, so lank as die rietjie in die water staan…
Ennie mense hulle lippe ommie swartvark slaan
Ka’ jy ma wiet…
Ka’ jy ma wíét!
Dissie wêreld vannie dieper dors
Ennie kinners se verdriet.

Ma’ so lank as die rietjie…
Ja, solank as die rietjie innie water staan…
Ka’ jy ma wiet…
Ka’ jy ma wíét!
Is ons snoetvas vasgetou Inne sirkeltjie van hou!
Want wegloop van die swartvark is té lánkal al verbrou…
Dan werk ons ma’ vir ting-tjieng
Met fôkkol vir die bling-bling
Dan wérk ons ma’ vir bietjie
Van die druiwetros se dou…

Klik hier vir besonderhede oor PEN Afrikaans se Oestyd-skryfuitdaging.

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top