Naam van skrywer
Nico Luwes
Naam van teks
Die draaijakkalse
Subgenre
Komedie
Aantal spelers
2
Vorige opvoerings
Open by Aardklop 2010
Naam van kopiereghouer
Nico Luwes of DALRO
Kort opsomming indien beskikbaar
Die klug, Die draaijakkalse is weer vol vlymskerp kinkels en dartelende woordspeletjies soos die twee karakters mekaar probeer uitoorlê. Skoon vet pret vir almal. Dis die Currybeker eindstryd! Die rugbyfanatikus, Chappies wil gaan kyk en sy meisie, Minette, wil saam! Hy wil alleen gaan want hy het ’n broek vol planne! Hoe meer beslis sy raak om saam te gaan, hoe skerper raak sy jakkalsdraaie. Sy weier dan dat hy weer saamgaan na ’n balletuitvoering toe, want hy het die ballerinas en ballepiete gecheer – so sy kan bly! En sy maak sy naam gat omdat sy nie die rugby reëls ken nie. Die bekgeveg raak al hoe erger as Cloudette, wat by die vorige game geflash het, en Chappies se rugbypel, Wiele, se kapperjolle ook ingesleep word. Die groot vraag is wie kierang vir wie? In die heerlike klug glip die twee soos vetgesmeerde draaijakkalse deur die aksie en word die gehoor behoorlik saamgesleep deur die kinkels in die kabel. Sleep jou rugbyman saam! Wie weet? Dalk verstaan Adam en Eva hoe mekaar se stout koppe werk!
Persoon/instelling wat gekontak moet word ivm opvoerregte
Nico Luwes luwes@ufs.ac.za of DALRO

