LitNet-spens: Piet se tante

  • 0

Naam van skrywer

Nico Luwes

Naam van teks

Piet se tante – Afrikaanse vertaling/verwerking van Charley’s Aunt (Brendon Thomas)

Subgenre

Komedie

Spelers

6 mans en 4 vroue

Kort opsomming

Jare gelede het Frederik Burgers die hoofrol gespeel in die immergroen komedie wat landwyd opslae gemaak het. Twee studente nooi twee dames om in Reitz te kom eet. Uiteraard kort hulle ’n chaperone. Piet se miljoenêrtante uit Hanover, waar al haar skape goue tande het, moet die funksie vervul. Ongelukkig daag sy nie op nie en een van hulle vriende, Willem, moet vir haar instaan. Die onnutsige Willem geniet natuurlik elke ou drukkie wat sy twee vriende se meisies vir hom gee. As die ou professor Skrikwekkend van Rheede ’n oog op die besonderse ryk tante gooi en Kolonel Grootkoos Joubert ook opdaag, begin die amoreuse vonke spat wat tot vele krisisse lei. As die regte tante wel opdaag, sit die jong klonge met twee tantes en die vet is behoorlik in die vuur! Die komedie is puik vermaak vir die hele gesin en ’n besoek werd as u net lekker wil agteroor sit, skoene uitskop en skaterlag.

Vorige opvoerings

Dramadepartement, Universiteit van die Vrystaat

Pryse toegeken

Geen

Naam van kopiereghouer

Nico Luwes of DALRO

Persoon/instelling wat gekontak moet word ivm opvoerregte

Nico Luwes luwes@ufs.ac.za of DALRO

>> Klik hier om die teks in PDF-formaat af te laai >>

<< Klik hier om terug te gaan na die LitNet-spens <<

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top