Naam van skrywer
Nico Luwes
Naam van teks
Die kaskenades van Kees Kieswetter – Die dooie ou donner!
Subgenre
Komedie
Aantal spelers
2 vroue (45 en 26) + ’n lyk (Man)
Vorige opvoerings
Geen
Naam van kopiereghouer
Nico Luwes of DALRO
Kort opsomming
Kees Kieswetter, Nederlandse kansvatter skop die emmer in hotelkamer. ’n Vrou was daar wat verdwyn het. Grensiena, sy vrou, moet die dooie ou donner begrawe. In die lykshuis voor die verassing konfronteer sy die lyk oor haar vermiste geld en beleggings. Sy’s nie ’n tantetjie wat bedonner word nie! Nog ’n silikoon-poppie, Lucia Ané, daag op. Is sy Kees se Hollandse vrou of sy digter wat kom aas? Groot verwarring oor identiteit en komiese misverstande volg. Wie was die vrou wat by was toe hy gesterf het? Kan vroue saamstaan. O hel! En as hulle dit kan doen, wee die arme man, lewendig of dood. Kort pretstukkie met maklike stel in lykshuis.
Persoon/instelling wat gekontak moet word ivm opvoerregte
Nico Luwes luwes@ufs.ac.za of DALRO