Michael le Cordeur

Michael Le Cordeur is ’n NNS-gegradeerde navorser en professor in Afrikaansonderwys en tans die vise-dekaan vir Onderrig en Leer in die Fakulteit Opvoedkunde van die Universiteit Stellenbosch waar hy voorheen ook voorsitter was van die Departement van Kurrikulumstudie. Voorheen was hy Afrikaansonderwyser, skoolhoof van Kylemore Hoërskool en kringbestuurder van Onderwys in Stellenbosch

Hy studeer aanvanklik aan die Universiteit van die Wes-Kaapland waar hy onder ikone soos Jakes Gerwel en Tony Links studeer vir die BA, HONS en HOD-kwalifikasies. Hy verwerf ook die B Ed-graad aan die Universiteit van Suid-Afrika en ’n bestuurskwalifikasie aan die US se Sakeskool. Daarna verwerf hy die meestersgraad en ’n doktorsgraad aan die Universiteit Stellenbosch met navorsing oor die rol van die media in  die bevordering van leerlinge se leesvermoë. Sy navorsing, kennis en passie oor leesonderrig is volgens hom gepaste vaardighede om ’n bydrae te maak tot die SBA se “Zoë-leesprojek” wat landwyd meer as 53 000 leerlinge en 530 skole bereik het.

Le Cordeur is ’n direksielid van die Stigting vir die Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) en is in 2024 verkies tot die organisasie se nuwe voorsitter. Hy is ’n komiteelid van die Rapport-Onderwysfonds en was die vorige voorsitter van die US se Het Jan Marais Fonds en die Afrikaanse Taalraad. Hy het ook twee termyne gedien as voorsitter van die Wes-Kaapse Taalkomitee waar hy ’n mede-opsteller was van die Wes-Kaapse Taalbeleid. Sy navorsingsfokus is leesonderrig, taalbeleide en moedertaalonmderrig.

Michael le Cordeur het talle referate gelewer op internasionale en nasionale vlak en neem gereeld deel aan debatte oor taal en onderwyssake in die media. Hy is die skrywer/ redakteur / medeskrywer van talle handboeke en akademiese artikels oor Afrikaans. Die akademiese tydskrif The Conversation het sy artikel oor die faktore wat ’n impak het op Suid-Afrika se matriekuitslae in Januarie 2024 aangewys as dié tydskrif se top artikel toe dit wêreldwyd deur meer as 70 000 mense gelees is. Van sy bekendste boeke sluit in Die Wellingtonse Klopse (2014, met Marlene le Roux), Ons kom van ver (2016 met Wannie Carstens),  Davy Samaai, Kampioen van die Struggle (2020) en Covid: Krisis en Geleenthede vir die Onderwys (2022). Sy jongste boek Reading for Comprehension verskyn einde 2024 en het ten doel om ’n hulpbron te wees vir lees-onderwysers.

Hy is ’n gereelde rubriekskrywer vir Die Burger, Netwerk24 en The Daily Maverick met meer as 400 meningsartikels op sy kerfstok. Dit het aan hom die toekenning van die US se Media Denkleier in 2018 en 2019 besorg. Hy ontvang in 2014 die Universiteit Stellenbosch se Kanselierstoekenning en in 2020 die Neville Alexander Toekenning vir lewenslange bydrae tot Afrikaans. Dié voormalige skolesport-administrateur en is ook ’n toegewyde kweker van krisante.

Skoolleierskap en die skep van produktiewe leerruimtes in skole deur Johan Burger en Aslam Fataar: ’n resensie

Michael le Cordeur Resensies 2022-03-16

"Al wat nodig is, is om nuut oor onderwys te dink."

Die vrystelling van die slawe

Michael le Cordeur Menings 2021-12-15

"Daar word dikwels die aanname gemaak dat ‘bruinmense’ nie so swaar gely het onder die Europese maghebbers nie. Die feite vertel ’n ander storie. Slawe is soos diere in die bos gevang en met slaweskepe na SA en elders vervoer waar hulle op veilings verkoop is."

Huldeblyk aan Herman Bailey

Michael le Cordeur In memoriam 2021-07-29

"Herman se lewe is ’n dokument vir die stryd wat bruin mense gevoer het om selfbeskikking."

COVID-19 en verlore skooltyd: Michael le Cordeur se wenke aan ouers en onderwysers

Naomi Meyer, Michael le Cordeur Skole 2021-07-29

"Die enigste oplossing is dat ouers begin verantwoordelikheid aanvaar vir hul kinders se opvoeding. Hulle móét hulp soek, saamspan, vennootskappe sluit met hul plaaslike sakemanne. Jy hoef nie geld te hê nie. Dit kos niks behalwe moeite en harde werk om klaskamers in die middag goed skoon te maak, om te sorg dat daar seep en water is om kinders se hande te was, of om maskers te maak vir kinders nie."

’n Strategie vir die insluiting van Kaapse Afrikaans by die formele skoolkurrikulum

Michael le Cordeur SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2020-10-19

"In die soeke na ’n strategie vir die insluiting of akkommodering van Kaaps is dit dalk raadsaam om vas te stel wat elders in soortgelyke gevalle gebeur."

Die virus in die onderwys: ’n onderhoud met Michael le Cordeur

Naomi Meyer, Michael le Cordeur Onderhoude 2020-06-03

"Ek is verheug dat onderrig in sommige skole kon voortgaan, maar hoe normaal is dit dat te midde van soveel armoede en ellende sommige skole kan voortgaan terwyl die grootste gedeelte van ons land se leerlinge nie toegang tot aanlyn klasse het nie?"

"Halala Suid-Afrika": ’n onderhoud met Michael le Cordeur

Menán van Heerden, Michael le Cordeur Skrywersonderhoude 2020-01-06

Menán van Heerden gesels met Michael le Cordeur oor sy nuutste boek, Halala Suid-Afrika (Naledi, 2019). 

Language and practice: a case study on Afrikaans First Additional Language with grade 4 learners in a multilingual school

Jana Nel, Michael le Cordeur, Phumla Kese Academic research 2019-11-13

“Learners’ home languages should not be ignored; whether the learners form a minority in the class or not, their home languages need to be acknowledged.”

Taal en praktyk: ’n gevallestudie oor Afrikaans Eerste Addisionele Taal by graad 4-leerders in ’n meertalige skool

Jana Nel, Michael le Cordeur, Phumla Kese LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2019-11-13

“Dit is noodsaaklik dat diverse klaskamers nooit leerders van die gebruik van hul huistale sal ontneem nie.”

25 jaar later: Michael le Cordeur kyk terug

Michael le Cordeur Menings 2019-05-07

Dit is 25 jaar na die eerste demokratiese Suid-Afrikaanse verkiesing. Met verkiesingsdag 2019 om die draai, deel Michael le Cordeur sy herinneringe van 27 April 1994.

Hostel deur Hein Willemse: ’n lesersindruk

Michael le Cordeur Lesersindrukke 2019-03-18

"As sulks is die bundel ’n noodsaaklike dokument in die strewe om die volle waarheid oor apartheid te verwoord. As jy dus ’n alumni van die Universiteit van die WerkersKlas is, is hierdie boek ’n absolute móét."

Suid-Afrikaanse skole: hoe kan dit beter werk?

Naomi Meyer, Michael le Cordeur SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2019-01-31

"’n Honger kind kan nie leer nie; nie in Afrikaans nie en ook nie in Engels nie."

Possible solutions to reading comprehension problems of non-mother-tongue speakers in Afrikaans Home Language classes

Maylene Basson, Michael le Cordeur Academic research 2018-12-07

"The study, its findings and recommendations can therefore be used as a resource for the development of training programmes to improve teacher PCK regarding the enhancement of the reading comprehension of non-mother-tongue speakers."

Leesbegripprobleme van niemoedertaalsprekers in Afrikaanshuistaalklasse: moontlike oplossingstrategieë

Maylene Basson, Michael le Cordeur LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2018-12-07

"Alhoewel talle navorsingstudies daarop dui dat onderwysers oorweldig en gefrustreerd voel omdat hulle nie bevoeg voel om die unieke behoeftes van niemoedertaalsprekers in hulle klasse aan te spreek nie, word weinig deur die Departement van Basiese Onderwys gedoen om onderwysers in dié verband professioneel te ontwikkel. Dus het ons ’n professioneleontwikkelingsprogram ontwerp en toegepas gebaseer op die behoeftes van 62 Afrikaanse-huistaalonderwysers in die Kaapse Wynland Onderwysdistrik."

Die beginsels van die kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring (KABV) – en hoe dit in alle vakke moet neerslag vind

Michael le Cordeur SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2018-06-21

"Die nuwe geslag moet juis so opgevoed word dat hulle bestaande lewensbeskouings krities kan beoordeel ten einde vir hulself te kan besluit. Dit is trouens een van die beginsels van die nuwe kurrikulum wat sedert 2012 gevolg word."

Top