
Rassisme in Suid-Afrika vra vir ’n multidimensionele benadering
2025-09-08"Wat wel duidelik is, is dat rassisme nie kleur ken nie. Aanvanklik was die kollig slegs op wit mense wat rassisties teenoor swart mense opgetree het, maar deesdae kom rassistiese insidente op alle vlakke van die Suid-Afrikaanse samelewing voor."

Bela: Regulasies bring helderheid maar enkele kwessies pla nog
2025-08-13"Van taal gepraat: As voormalige taalonderwyser en taaldosent vir wie taal na aan die hart lê, het ek noukeurig opgelet na die taal waarin die regulasies geskryf is. Die dokument verwys op meer as een plek daarna dat die verskillende partye met mekaar moet praat in die soeke na oplossings (kom ons noem dit ons eie onderwysdialoog in die kleine)."

Nuwe minister van Hoër Onderwys: Strawwe toets wag op Buti Manamela
2025-07-25"Die nuwe minister sal saam met universiteitsbesture ’n sisteem moet uitwerk waarvolgens slegs studente wat in ’n rigting studeer wat hulle toegang tot ’n loopbaan gee, ’n NSFAS-beurs sal ontvang. Grade en kursusse wat entrepreneurskap en werkskepping bevorder, behoort voorkeur te kry."

Moedertaalgebaseerde tweetalige onderrig: kommer oor inheemse tale
2025-07-18"Wat sou Madiba dus sê as hy vandag, op sy verjaarsdag, na ons taallandskap kyk? Ek glo hy sou baie hartseer gewees het om te verneem dat sy visie vir inheemse tale ’n muis gebaar het."

Reading for comprehension deur Michael le Cordeur: ’n onderhoud
2025-05-28"Die behoefte vir ’n boek soos hierdie een bestaan dus in die eerste plek in die ouerhuis, omdat ek in hoofstuk een reeds vir ouers leiding gee waarvoor hulle moet uitkyk om te weet of hul kind ’n leesprobleem het al dan nie. Dan is dit ’n noodsaaklike instrument vir die onderwyser in die klaskamer. Ons almal wil hê ons kinders moet beter lees, maar niemand weet wat om te doen nie."

Onderwys se begrotingsprioriteite
2025-04-14Noudat dat die begroting uiteindelik goedgekeur is, neem Michael le Cordeur die vrymoedigheid om 10 onderwysprioriteite voor te stel.

Afrikaans se talle tonge
2025-03-05"Soos Small, glo ek dat Afrikaans aan almal behoort wat die taal praat, ongeag dialek of tongval. Die onskuld van Namakwa-Afrikaans, die eerlikheid van Griekwa-Afrikaans, die humor van Kaapse Afrikaans, tesame met sy ontronde Bolandse Afrikaans met sy Bolandse bry, is almal boustene van ’n taal wat ons ons eie noem, juis omdat dit ons saambind en nasiebou bevorder."

Die Adam Small-gedenklesing en voorsitterskap van die SBA: ’n onderhoud met Michael le Cordeur
2025-02-20"Sal Kaaps ooit deel word van die kurrikulum? Is daar jonger skrywers wat Small se oeuvre verder gaan neem? Hoe sien bruin mense hul toekoms met Afrikaans?" Michael le Cordeur, die nuwe voorsitter van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA), praat hieroor – asook oor die Adam Small-gedenklesing, dié naweek by die Adam Small-fees.

Top matriekuitslae ≠ beste onderwysstelsel
2025-02-19"So wat kan erger wees as om matriek te druip? Dit is om jou gat af te werk sodat jy teen al die verwagting in slaag en met ’n matrieksertifikaat sit wat jou toegang gee tot ’n graadstudie maar daar is nêrens plek vir jou nie."

Bela-optog: ’n onderhoud met Michael le Cordeur
2024-11-14"Die keuse van die kleur oranje stuur bepaald ’n boodskap uit, maar as die ANC ’n optog hou, dra almal swart, groen en geel. Solank almal besef Afrikaans behoort nie net aan ’n bepaalde groep nie, maar aan almal wat die taal praat."

SteedsDink met LitNet Akademies: Michael le Cordeur oor sy akademiese navorsing
2024-10-24In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. In hierdie video gesels Michael le Cordeur oor sy navorsingsfokus, naamlik moedertaalonderrig, leesbegrip en taal en identiteit (Kaaps). Hy lewer kommentaar oor die Bela-wet, asook die uitdagings van Kunsmatige Intelligensie. Adam Small se bydrae, bemagtiging deur Afrikaans, die toekoms van Afrikaans en die belang van kritiese denke en kreatiwiteit word ook onder die loep geneem.

Kollig op akademikus Michael le Cordeur: Moedertaalonderrig en leesbegrip
2024-10-24In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. In hierdie video gesels Michael le Cordeur oor die liefde wat hy van kleins af vir Afrikaans het, waarom hy besluit het om onderwys te studeer en die ontstaan van sy navorsingsfokus.

Postebesnoeiing lei tot lae moraal by onnies
2024-10-09"Die regering se voorneme om duisende onderwysposte te snoei lei tot grootskaalse ongelukkigheid in onderwyskringe. In die laaste paar weke het verskeie provinsiale departemente aangedui dat hulle geldprobleme ondervind as gevolg van kwaai begrotings, die swak ekonomiese omstandighede van die land en finansiële wanbestuur van die vorige regering."

’n Ope brief aan die nuwe minister van Hoër Onderwys
2024-07-08"Hier dink ek aan Kaaps aan die UWK en KSUT, Afrikaans aan die US en Sol Plaatjie, Venda aan die Universiteit van die Noorde, Xhosa aan die Nelson Mandela Universiteit, Engels aan Ikeys en Rhodes, Zoeloe aan KZN en Durban-Westville, Sotho aan die Universiteit van die Vrystaat en Tswana aan NWU. Daar is ander. Die navorsing oor ons inheemse tale, in samewerking met die Nasionale Navorsingsraad (NRF), kan lei tot talle woordeboeke en handeboeke wat vir die student wat verkies om in sy moedertaal te studeer, oneindig baie sal beteken. ’n Mens kan mos droom, of hoe?"

’n Ope brief aan die nuwe minister van basiese onderwys
2024-07-04"Liewe Minister, u aanstelling binne die regering van nasionale eenheid (RNE) is ’n belangrike oomblik in ons land se demokrasie. Vir die eerste keer sal die Departement van Basiese Onderwys bestuur word deur iemand wat nie van die ANC is nie. Dit bied die ideale geleentheid om onderwys in ons land te hernu en herbedink, wat nodig is."