Merlyn van der Rheede

Merlyn van der Rheede is pas aangestel as die projekbestuurder van die Afrikaanse Taalraad, met spesifieke werksaamhede in die noorde van die land. Sy was voorheen vir meer as 20 jaar betrokke by die onderwys. Sy is ’n Kapenaar, maar woon al die afgelope sewe jaar in Pretoria. “Afrikaans is my moedertaal – ek is grootgemaak, het skoolgegaan en is opgevoed daarin – so ek is passievol oor my taal. Taal is nie bloot ’n kommunikasiemiddel nie, dis jou identiteit!” Sy was maar altyd op die een of ander manier by taal betrokke en het ook ’n boekklub onder haar vriendinne begin, en hulle het tot onlangs verskeie skrywers uitgenooi om oor hul boeke te kom gesels.

Leesgeletterdheid, intergenerasietaalverskuiwing en mobiliteitsideologie: ’n sosiolinguistiese ontleding van middelklas bruin gemeenskappe in postapartheid Suid-Afrika

Merlyn van der Rheede SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2026-03-05

"Ouers kies Engels as simboliese en ekonomiese kapitaal. Afrikaans bly emosioneel sentraal, maar verloor funksionele domeine. Hierdie dinamika speel af binne ’n onderwysstelsel waar fundamentele leesgeletterdheid reeds onder druk is."

Afrikaans en inklusiwiteit: ’n herposisionering van die taal binne bruin middelklasgemeenskappe gebaseer op empiriese navorsing

Merlyn van der Rheede Seminare en essays 2025-03-06

"Die studie toon dat Afrikaans se oorlewing en uitbreiding afhanklik is van ’n doelbewuste narratiefverskuiwing en die skep van ruimtes waar Afrikaans ’n positiewe, verenigende krag kan wees."

Afrikaans: 100 jaar as amptelike taal – ’n erfenis om te vier of om te verwerp?

Merlyn van der Rheede Menings 2024-08-21

"Die viering van Afrikaans se eeu as amptelike taal is inklusief en ons nooi almal uit om hieraan deel te neem. Die vieringe gee erkenning aan die taal se bydrae tot die Suid-Afrikaanse samelewing. Om ’n inklusiewe en regverdige toekoms te bou, is dit noodsaaklik om die volle omvang van Afrikaans se geskiedenis te erken en te waardeer en om bewus te wees van al die verskillende invloede, gebruike en veranderinge wat die taal oor tyd gevorm het."

BELA-wetgewing en Afrikaans op skool: Merlyn van der Rheede gee haar mening

Naomi Meyer, Merlyn van der Rheede SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2022-11-10

"Sommige instansies sien hierdie voorgestelde wysigingswet as die staat se manier om totale beheer oor skole oor te neem en om skole die reg op moedertaalonderrig te ontsê. ... Politici het die geneigdheid om alles te politiseer en dit is nie noodwendig in die landsburgers se beste belange nie."

US Konvokasie-verkiesing en Merlyn van der Rheede: "Hieraan wy ek my toe"

Merlyn van der Rheede Universiteitseminaar | University Seminar 2020-12-17

"Alhoewel ons ’n ontwikkelende nasie is, word duisende leerders ... hul reg op moedertaalonderrig ontsê. Hierdie teenstrydigheid kom ons duur te staan, want sodanige kortsigtigheid het tot gevolg dat die gaping tussen die elite en die massas — die gaping tussen ryk en arm — net vergroot."

Afrikaans: Taal van my voorouers, my familietaal!

Merlyn van der Rheede Die Afrikaanse Taalraad-portaal 2020-09-25

"Ons huidige regering het 25 jaar later nog geen daadwerklike poging aangewend om ons Afrikatale te ontwikkel nie. Dis dan juis die rede waarom derduisende leerders onderrig in ’n tweede of soms derde taal ontvang."

Wêreldwyd: "’n Viering van boeke is ’n viering van kultuur"

Merlyn van der Rheede Die Afrikaanse Taalraad-portaal 2020-04-23

Wêreldboekdag word jaarliks op 23 April 2020 gevier ter bewusmaking van die belangrikheid van lees en boeke in die moedertaal. Merlyn van der Rheede het met Shawna-Leze Meiring, An-Mari Fouché en Nandi Lessing-Venter van LAPA Uitgewers gesels oor dié dag.

Die vryheid van jou moedertaal

Merlyn van der Rheede Seminare en essays 2020-02-28

"Vryheid in hierdie land van ons is duur gekoop en waar Afrikaans hierdie vryhede ondermyn en as struikelblok dien wat mense se vooruitgang belemmer, moet die nodige aanpassings gemaak word."

Bring terug die goeie ou dae

Merlyn van der Rheede Menings 2019-10-23

"Waar is die goeie ou dae waar jy die telefoon opgetel het om lang gesprekke met familie en vriende te hê om oor hul wel en wee uit te vind of om iemand met sy of haar verjaardag geluk te wens?"

Vrouedag 2019: Wees getrou aan jouself

Merlyn van der Rheede Die Afrikaanse Taalraad-portaal 2019-08-06

"Hierdie maand vier ons alle aspekte van vrouwees en wil ons hulde bring aan vroue, ongeag hul klas of ras, wat ongesiens dag na dag hul taak onvermoeid vervul."

Die gaping tussen ryk en arm word word vergroot deur ’n eentalige bestel op alle landsburgers af te dwing

Merlyn van der Rheede Die Afrikaanse Taalraad-portaal 2019-06-04

"’n Groot ophef word gemaak van dekolonisering, maar alles word voor die voet verengels, asof Engels nie ’n koloniale taal is nie."

Waarom nog veg vir Afrikaans?

Merlyn van der Rheede SêNet-briewe 2019-05-22

"Die mite dat Afrikaans aan ’n sekere 'ras' behoort, wat die rede is dat daar teen Afrikaans gediskrimineer word, moet ontmasker word. Die Suid-Afrikaanse sensussyfers dui op ’n toename in die aantal eerstetaalsprekers van Afrikaans in al nege provinsies.  Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge dui aan dat ’n groeiende meerderheid 'bruin' Afrikaanssprekendes is."

Familietradisies: reg of weg?

Merlyn van der Rheede Menings 2019-04-25

"Tradisies of gebruike oor geslagte heen dra beslis by tot ’n gemeenskap se ryke geskiedenis en erfenis. Dis hartseer as die jonger geslagte wegbreek en hierdie gebruike nie meer by hulle byval vind nie, want dit verleen ’n gees van samehorigheid in die familie."

Top