
Die Laaste Ding wat ons nou Nodig het is Nog ’n Voëlvry-Toer!
2023-01-27"In ’n sin is Irene Fischer dalk reg. Ja, ons kort musiek. Ons kort nuwe musiek, selfs protesmusiek. Ons kort kuns. Selfs weird kuns. Ons kort al hierdie goed, want ons is net so in die kak as wat ons was in 1989, indien nie dieper in die kak nie. Maar dis ’n ander soort kak. Hierdie kak het ’n tekstuur en ’n reuk en ’n chemiese samestelling wat radikaal verskil van die kak van 1989." Koos Kombuis reageer op Irene Fischer se voorstel: ’n revamped Voëlvrytoer ’23.

My ontdekkingsreis met Robbie die Robot
2023-01-12"Dis nou ’n week later, en die diere het kalmeer. Robbie is ’n volwaardige lid van die gesin. Hy doen sy ding en ons doen ons ding. Die katte en die honde ignoreer hom nou. Ek kan my nie meer ’n lewe sonder Robbie voorstel nie. ... Ons massiewe ou stofsuier staan vergete in sy hoek in die kombuis, obsoleet. Dit bring my oplaas by ’n filosofiese debatspunt: Tot watter mate gaan KI in die toekoms deel van ons lewens word?" Koos Kombuis vertel hoe hy deur ’n outomatiese stofsuier oortuig is dat kunsmatige intelligensie wel bestaan!

Kersfees saam met Koos Kombuis!
2022-12-22Besoek jy jou dorpsbiblioteek gereeld? Koos Kombuis gesels ook oor vondse in sy dorpsbiblioteek.


"Lees dit stadig, lees dit agter die lekker aan, lees dit om weerloos te word"
2022-10-28Watter boeke lei Koos Kombuis se aandag af van die ANC, Poetin en klimaatsverandering?

Die boekbedryf floreer!
2022-09-30Wil jy meer oor Xhosa-erfenis en -kultuur leer? Is jy ’n liedjieskrywer wat by ’n praktiese handleiding kan baat? Koos Kombuis beveel ook ’n Namibiese romanse en speurverhaal aan waarin die romantiese tonele skreeusnaaks is. Luister ook meer na ’n boek oor geloof, vriendskap en lojaliteit waar jy voel asof jy die mense ken.

Dis lente in die Boland!
2022-09-01Koos Kombuis lei die lente in met ’n blitsoorsig van boeke oor kulturele verskille en komiese misverstande, kommentare op woke-kultuur, wetenskapfiksie, wat nie meer die lelike eendjie van die letterkunde is nie, en ’n ligte aksieverhaal. ’n Lekker brokkie nuus word ook gedeel!

Vroueskrywers en -karakters
2022-07-29Vrouemaand (Augustus) is om die draai. Koos Kombuis gesels oor onder andere kinderliteratuur, chicklit, biblioteekboeke, bittersoet verhale en boeke wat jou in trane laat uitbars.

Wat lees jy in die winter voor die kaggelvuur?
2022-06-24Koos Kombuis vertel meer oor sy boekrak hierdie maand: wetenskapfiksie en die Afrikaanse musiekindustrie.

Koos sê: “Dis beter om iets in ’n storievorm te lees ...”
2022-05-27Koos Kombuis neem ons op ’n kort, baie unieke reis deur ’n aantal boeke wat oor sy pad gekom het. Hy vertel boonop van ’n kitaar op die groot trek en verduidelik dat hy Gauloises verkies het om teen apartheid te baklei.


Help! Koos Kombuis se kunstefees spiraal buite alle orde!
2021-09-17"Dis dalk ’n bietjie meer Kootjie Emmer as Magersfontein." – Koos Kombuis oor sy ‘crazy komedie’, Help! My dorp hou ’n kunstefees!

Sy naam was Poenskop
2021-01-07"In standerd 9 was daar so baie sekerhede. Neil Diamond was cool. Moffies het hel toe gegaan. Moenie gedigte skryf nie, dis weird. Moenie dans nie, dit kan lei tot seks."

Die Donker Hart van Brackenfell
2020-11-13"Gister het ek vir die eerste keer in my lewe ’n kar gejumpstart met kabels. Op my eentjie. Ek hou van Brackenfell. Ek hou van die mense van Brackenfell."

,
2020-06-29"Die dood is nie daardie vreesaanjaende oomblik waaroor elke moordskrywer skryf, wat elke mens vrees nie. Die dood is soos dit wat ek nou voel. Dis bloot soos ’n aftrede."