Koos Kombuis neem ons op ’n kort, baie unieke reis deur ’n aantal boeke wat oor sy pad gekom het.
Hy vertel boonop van ’n kitaar op die groot trek en verduidelik dat hy Gauloises verkies het om teen apartheid te baklei.
Gee agt minute van jou lewe om saam te kuier – mits jy nie bang is vir sterk taal nie.
Boeke van Karavan Press, Umuzi, Protea en ’n selfpublikasie word opgedis.

