Koos Kombuis

Koos Kombuis is ’n Afrikaanse musikant, digter en skrywer.

Koos A Kombuis (gedoop André le Roux du Toit) is op 5 November 1954 gebore. Hy het al verskeie digbundels, romans en ’n bundel korrespondensie gepubliseer. Sy outobiografie, Seks & drugs & boeremusiek het by Human & Rousseau verskyn. Hy is ook ’n bekende liriekskrywer en suksesvolle musikant.

Hoewel Koos Kombuis nie in die eerste plek as SF-skrywer bekend is nie, bestaan daar feitlik nie ’n enkele roman waarin daar nie SF-elemente voorkom nie! Benewens sy plaaslike publikasies het hy ook kortverhale gepubliseer in tydskrifte soos Planet Mag, Aphelion en FlagShip (Flying Island Press). In 2010 is sy ontstellende toekomsblik The Last of the Great Coffeeshop Philosophers ingesluit in die Amerikaanse bloemlesing The Last Man Anthology, saam met skrywers soos Ray Bradbury, HG Wells, Edgar Allan Poe, Jack London, CJ Cherryh and Barry N Malzberg (Sword and Saga Press).

Foto: August Photography

Koos Kombuis kyk terug

Koos Kombuis Boeke en skrywers 2023-12-19

Koos Kombuis herlees ou boeke in Desember. In hierdie video gesels hy oor Sugar Man deur Craig Bartholomew Strydom en Stephen “Sugar” Segerman, en die bloemlesing Sterkykers, saamgestel deur Jaco Jacobs, en raak hy filosofies oor Douglas Adams se The salmon of doubt.

’n Plekkie in die son?

Koos Kombuis Boeke en skrywers 2023-12-05

In hierdie aflewering van “Wat kook in die kombuis?” bespiegel Koos Kombuis oor sy rol as resensent na aanleiding van die polemiek oor die skryf van resensies, en hy vertel oor ’n besoek aan die Woordeboek vir die Afrikaanse Taal.

Deur die tonnel van twyfel: Waarom Kombuis hom nie as Christen beskou nie

Jean Oosthuizen, Koos Kombuis Skrywersonderhoude 2023-11-14

"Van nou af wil ek net ek wees, nie ’n Christen of ’n Moslem of ’n ateïs nie, net ’n mens weerloos en sonder maskers, deel van die groot en onverstaanbare kosmos."

Koos lees drie formidabele vroue

Koos Kombuis Boeke en skrywers 2023-10-27

Wat kook in Koos se kombuis? Woorde. Dis wat. Hy lees Marlene van Niekerk, Bibi Slippers en Joan Hambidge. Laasgenoemde lees hy twee maal. Hy ontdek weerloosheid en stel hom so ook aan sy kyker bloot.

Mense wat anders kyk

Koos Kombuis Boeke en skrywers 2023-09-28

Koos Kombuis lees vandeesmaand boeke van Darrel Bristow-Bovey, Leon-Ben Lamprecht en Kleinboer. Elkeen “dink anders” en neem daardeur die leser op ’n ontdekkingstog.

Die kaalkopwaarheid oor grond en ’n verlore generasie dienspligtiges

Koos Kombuis Boeke en skrywers 2023-08-28

Koos Kombuis haal sy kopdoek af in hierdie video, want hier word oor heilige dinge gesels: diensplig en die trauma daaraan verbonde, grond en die gebrek daaraan, asook gedigte wat getoonset is.

Oor biblioteke, eilande en brandweermanne

Koos Kombuis Boeke en skrywers 2023-07-27

Koos Kombuis hou van lekker lees. Hierdie week begin hy met Matt Haig se lekkerleesroman The midnight library. Daarna gesels hy oor Marlise Joubert se Laatnageilande en Danny Joubert se biografie, In the service of others.

Die lekker van lekkerleesboeke

Koos Kombuis Boeke en skrywers 2023-07-04

In dié gesprek verduidelik Koos hoekom hy die woord lekkerkunde bo meer verhewe akademies terme verkies. Hy bespreek dan twee lekkerleesromans, een in Engels, die ander in Afrikaans. Soos altyd is daar ook allerlei wyshede van hierdie filosoof met sy koffiebeker en kitaar.

Om vooroordele eenkant toe te skuif

Koos Kombuis Boeke en skrywers 2023-05-31

Koos Kombuis lees vandeesmaand twee romans wat hom op ’n reis geneem het. Hy het bewustelik boeke gelees wat hom erg uitgedaag het. Soms, vertel hy, moet ons ons eie vooroordele eenkant toe skuif, want dan ontdek ons gemeenskappe en mense wat ons andersins nooit sou beleef nie.

Oor Bybelvertalings, outisme en boemelaars

Koos Kombuis Boeke en skrywers 2023-04-28

Koos Kombuis neem ons op ’n reis deur die boeke wat hy lees. Dié keer gesels hy oor ’n outistiese skoolvriend se outobiografie, vertel meer oor George Orwell, en verduidelik waarom die Lewende Vertaling van die Bybel vir hom kosbaar is.

Is KI ons nuwe Raka?

Koos Kombuis Boeke en skrywers 2023-03-28

Gaan KI ons werk oorneem? Rekenaars skryf nou al selfs digbundels, sê Koos oor ’n slukkie uit sy blikbeker.

Twitter dawn: ’n gesprek met Koos Kombuis, oftewel Joe Kitchen

Naomi Meyer, Koos Kombuis Skrywersonderhoude 2023-03-23

"Die nuwe tegnologie is besig om op talle vlakke ons lewens te verander en oor te neem. Twitter dawn was vir my die begin van hierdie spekulasieproses."

Wat lees Koos Kombuis in Februarie?

Koos Kombuis Boeke en skrywers 2023-02-24

Wat is die kletsbot ChatGPT se antwoord op Koos Kombuis se versoek: Bestaan daar ’n stad met die naam Simoelégri (nav Jaco Fouché se Simoelégri. Stad van onrus)?

Ons kort iets baie groter as net nog ’n Voëlvry

Koos Kombuis SêNet-briewe 2023-02-13

Koos Kombuis lewer ’n repliek op Irene Fischer se nuwe skrywe, "RISE Mzansi!": "Die gebroke land kan ons skilderdoek word."

Wat lees Koos Kombuis in die nuwe jaar?

Koos Kombuis Boeke en skrywers 2023-01-30

"Hierdie is miskien een van die grillerigste boeke wat ek nog ooit in Afrikaans gelees het."

Top