
Ek mis vir Trompie
2025-09-30In hierdie video bespreek Koos Kombuis drie boeke waarin die lewens van tieners beskryf word. Hy dink terug aan sy eie tienerjare, en nie alles was maanskyn en rose nie. Al drie die boeke is "uitstekende werke", maar hulle het hom ontstel.

Binne of buite jou genre?
2025-08-28Koos Kombuis gesels in hierdie video oor skrywers wat hulle storie ken – maar sommige waag dit om buite hul gevestigde genre te gaan snuffel. Werk dit? Of is dit veiliger in die bekende omgewing? Hy gesels oor ’n joernalis wat ’n boek skryf, ’n romansier wat kortverhale skryf en ’n gesin wat hulself terugtrek in bekende genres.

Hoe om kritiek én lof uit te spreek
2025-08-06Koos Kombuis lees ’n diep letterkundige werk, ’n baie populêre roman en ’n teks oor rugby wat geen pretensie tot letterkunde het nie. Hy prys dit wat goed en genotvol is, maar spreek ook kritiek uit.

Klassieke Afrikaanse werke klop Kombuis-blues
2025-07-02Koos Kombuis was olik, dus het hy heelwat tyd gehad om te lees. Hy bespreek ’n nuwe speurverhaal en twee baie ou, klassieke Afrikaanse werke. Daar is min dinge wat die blues so goed verjaag soos ’n stowwerige boek wat goed geskryf is.

Oor ons kollektiewe vrees vir ’n nuwe wêreldoorlog
2025-06-24"Wat my meer pla, is nie die moontlikheid van die oorlog self nie. Die eskalasie van konflik, die mislukte diplomatieke gesprekke, die onuitstaanbare geraas van missiele en sirenes wat die nag versteur."

Vreemde tekste, vrees en f-bomme
2025-05-30Koos Kombuis ly skielik aan Murakami-moegheid. Aan die ander kant van die munt is Koos begogel met Pieter Stoffberg se vermoë om oor die vrees en angs in Oekraïne te skryf. Ten einde laas gesels hy oor ’n besoek aan ’n boekwinkel.

Boeke vir die tye waarin ons leef
2025-05-07Koos Kombuis het in Namibië gaan toer, waar hy ook boekwinkels besoek het. Vandeesmaand lees hy twee skrikwekkende boeke – een handel oor die oorlog in Gaza en die ander oor ’n fiktiewe apokalips in die VSA. Daar is darem ’n derde een ook – een wat hom laat grinnik van die lekkerkry.

Wat as God ’n vrou was?
2025-04-01"Hoe sou die wêreld daar uitgesien het as al die kerke, al die gelowe, geglo het in ’n liefdevolle en verdraagsame Hemelse Moeder in stede van ’n woedende, toornagtige, kwaai pa-figuur?"

Wanneer selfhelpboeke wel help
2025-03-31Sy renons ten spyt, lees Koos die genre en hierdie maand deel hy drie boeke wat hy hoog aanslaan.

Goed, swak, toeganklik of gelaagd?
2025-02-27Koos Kombuis vra of toeganklikheid of gelaagdheid in ’n teks gelyk is aan dit wat goed of swak is. Hy het onlangs vier boeke gelees en gee sy opinie oor elk, gemeet aan bovermelde vrae.

Hoekom stort Koos Kombuis koud?
2025-01-23Koos Kombuis leef in die jaar 2025, maar in oranje Amerika het die moderne era skynbaar nog nie aangebreek nie. Hoe gemaak? Hoe kan skrywers hul lesers probeer verstaan? Koos deel nog vrae, maar hy het darem raad ook (nie vir die VSA nie, maar vir homself). Sy hulp kom uit twee boeke wat hy graag aanbeveel. Skakel in, dan vertel hy sommer vir jou hoekom hy deesdae koud stort.

Net ’n bietjie stilte
2024-12-17Koos Kombuis smag na stilte. Tussen die blaaie van ’n boek kán ’n mens rus kry, vandaar sy aanbevelings.

Irrasioneel soos ’n droom
2024-11-27Vandeesmaand spreek Koos Kombuis sy eie donker vrese aan wanneer hy Stefaans Coetzee en George Orwell onder oë neem. Daarna gesels hy oor Breyten Breytenbach se gedigte. Breyten se gedigte is irrasioneel soos ’n droom, vertel hy. Moenie logika daarin soek nie.

Nag van die Zombies
2024-11-13"Meteens is daar ’n nuwe vlaag regsgesindheid losgelaat op die planeet, wat gaan veroorsaak dat rubriekskrywers oornag hulle deuntjies verander en wat gaan maak dat al die Steve Hofmeyr-fans weer uit die kas uit donner, soos wat reeds verlede week gebeur het toe regsgesinde Afrikaners die Bela-protes gekaap het en in effek van voor af weer die stem van redelikheid, die nuanses van volwasse protes en die gee en neem van idees vertroebel en doodgesmoor het in ’n magtige nuwe oranje spookasem van etniese mobilisasie."

Koos Kombuis gesels oor verlange en verval
2024-10-30In hierdie video gesels Koos Kombuis oor twee boeke wat hom laat kopkrap het. Ian Voges se Beelde en verval neem ons terug na die dae van Eschel Rhoodie. Daar is heelwat partytjies en los meisies by betrokke. Die tweede is PJO Jonker se blitsverkoper, Die onsigbare.