Koos Kombuis

Koos Kombuis is ’n Afrikaanse musikant, digter en skrywer.

Koos A Kombuis (gedoop André le Roux du Toit) is op 5 November 1954 gebore. Hy het al verskeie digbundels, romans en ’n bundel korrespondensie gepubliseer. Sy outobiografie, Seks & drugs & boeremusiek het by Human & Rousseau verskyn. Hy is ook ’n bekende liriekskrywer en suksesvolle musikant.

Hoewel Koos Kombuis nie in die eerste plek as SF-skrywer bekend is nie, bestaan daar feitlik nie ’n enkele roman waarin daar nie SF-elemente voorkom nie! Benewens sy plaaslike publikasies het hy ook kortverhale gepubliseer in tydskrifte soos Planet Mag, Aphelion en FlagShip (Flying Island Press). In 2010 is sy ontstellende toekomsblik The Last of the Great Coffeeshop Philosophers ingesluit in die Amerikaanse bloemlesing The Last Man Anthology, saam met skrywers soos Ray Bradbury, HG Wells, Edgar Allan Poe, Jack London, CJ Cherryh and Barry N Malzberg (Sword and Saga Press).

Foto: August Photography

Koos Komiek: Derde Wêreldoorlog?

Koos Kombuis Visueel 2026-03-06

Koos Kombuis lewer maandeliks kommentaar op die absurde werklikheid.

Treffersparades en merietelysies

Koos Kombuis SêNet-briewe 2026-02-24

"Is daar iets soos ’n Groot Afrikaanse Roman? Is dit al geskryf, of moet ons nog daarvoor wag?"

Die verskil tussen godsdiens en spiritualiteit

Koos Kombuis Menings 2026-01-21

"Die erkentenis van my eie onkunde en my onvermoë om my geloof eksak te definieer het veral een voordeel: Dit dryf my tot by daardie sfeer waar ek geneig is om te glo soos ’n kind eerder as soos ’n teoloog of ’n siniese grootmens."

Leesstof vir die Kersdae

Koos Kombuis Boeke en skrywers 2025-12-02

Koos Kombuis wens almal ’n goeie feesgety toe en beveel boeke aan wat heerlik lees sonder om ’n moeë brein te irriteer.

Hier kom die aliens ... of dalk nie?

Koos Kombuis Menings 2025-11-11

"Ek praat van 3I/ATLAS, die voorwerp wat onlangs in ons sterrestelsel gearriveer het van iewers in die buitenste ruimte, en nou sterk op pad is om in Desember rakelings verby die aarde te beweeg."

My oupa is ’n dik boek

Koos Kombuis Boeke en skrywers 2025-10-30

Koos Kombuis neem vandeesmaand vier boeke onder oë. Drie van hulle is gemik op die lekkerleesmark. Die vierde is geskryf deur PC Schoonees, ’n skrywer, woordeboekmaker en letterkundige wat toevallig ook Koos Kombuis se oupa is.

Ek mis vir Trompie

Koos Kombuis LitNetKanaal op YouTube 2025-09-30

In hierdie video bespreek Koos Kombuis drie boeke waarin die lewens van tieners beskryf word. Hy dink terug aan sy eie tienerjare, en nie alles was maanskyn en rose nie. Al drie die boeke is "uitstekende werke", maar hulle het hom ontstel.

Binne of buite jou genre?

Koos Kombuis Boeke en skrywers 2025-08-28

Koos Kombuis gesels in hierdie video oor skrywers wat hulle storie ken – maar sommige waag dit om buite hul gevestigde genre te gaan snuffel. Werk dit? Of is dit veiliger in die bekende omgewing? Hy gesels oor ’n joernalis wat ’n boek skryf, ’n romansier wat kortverhale skryf en ’n gesin wat hulself terugtrek in bekende genres.

Hoe om kritiek én lof uit te spreek

Koos Kombuis Boeke en skrywers 2025-08-06

Koos Kombuis lees ’n diep letterkundige werk, ’n baie populêre roman en ’n teks oor rugby wat geen pretensie tot letterkunde het nie. Hy prys dit wat goed en genotvol is, maar spreek ook kritiek uit.

Klassieke Afrikaanse werke klop Kombuis-blues

Koos Kombuis Boeke en skrywers 2025-07-02

Koos Kombuis was olik, dus het hy heelwat tyd gehad om te lees. Hy bespreek ’n nuwe speurverhaal en twee baie ou, klassieke Afrikaanse werke. Daar is min dinge wat die blues so goed verjaag soos ’n stowwerige boek wat goed geskryf is.

Oor ons kollektiewe vrees vir ’n nuwe wêreldoorlog

Koos Kombuis Menings 2025-06-24

"Wat my meer pla, is nie die moontlikheid van die oorlog self nie. Die eskalasie van konflik, die mislukte diplomatieke gesprekke, die onuitstaanbare geraas van missiele en sirenes wat die nag versteur."

Vreemde tekste, vrees en f-bomme

Koos Kombuis Boeke en skrywers 2025-05-30

Koos Kombuis ly skielik aan Murakami-moegheid. Aan die ander kant van die munt is Koos begogel met Pieter Stoffberg se vermoë om oor die vrees en angs in Oekraïne te skryf. Ten einde laas gesels hy oor ’n besoek aan ’n boekwinkel.

Boeke vir die tye waarin ons leef

Koos Kombuis Boeke en skrywers 2025-05-07

Koos Kombuis het in Namibië gaan toer, waar hy ook boekwinkels besoek het. Vandeesmaand lees hy twee skrikwekkende boeke – een handel oor die oorlog in Gaza en die ander oor ’n fiktiewe apokalips in die VSA. Daar is darem ’n derde een ook – een wat hom laat grinnik van die lekkerkry.

Wat as God ’n vrou was?

Koos Kombuis Menings 2025-04-01

"Hoe sou die wêreld daar uitgesien het as al die kerke, al die gelowe, geglo het in ’n liefdevolle en verdraagsame Hemelse Moeder in stede van ’n woedende, toornagtige, kwaai pa-figuur?"

Wanneer selfhelpboeke wel help

Koos Kombuis Boeke en skrywers 2025-03-31

Sy renons ten spyt, lees Koos die genre en hierdie maand deel hy drie boeke wat hy hoog aanslaan.

Top