Joan Hambidge

Joan Hambidge is digter, kritikus en romanskrywer en verbonde aan die UK se Skool vir Tale. Sy doseer Afrikaans en Kreatiewe Skryfwerk. Sy is vakgroephoof van Afrikaans en waarnemende hoof van Italiaans.

Vir haar bundel Visums by verstek ontvang sy die ATKV-prys en vir Bitterlemoene die Eugène Marais-prys. Die Litera-prys word toegeken aan haar gedig "Eugène Marais" uit Lykdigte.

***

Eugène N Marais (1871 - 1936)

Daar is niks wat jy liefhet wat nie van jou weggeneem sal word nie.

- Dorothy Parker

I

Hoe durf ek skryf oor jou: 'n onbekende?
Gereduseer tot "geval", morfinis, afwykende...
Boonop in 'n onbekende tyd...
Hoe kan  ons ooit in 'n gedig regstel
dit wat jou ontneem is (soos 'n ongeskryfde gedig) en aan jou toegedig word: 'n lewe in 'n verkeerde tyd, ruimte, dimensie - jou tyd vér vooruit?

II

Die vers broei wekelank in my.
Jy is meer as 'n 'groot verlange';
gestol in die agterruimte van 'n kleinlike tyd sien jy alreeds die onbewuste in 'n miernes; weet die enkeling is ontersaaklik vir die groter geheel.
Iets onsigbaars, onsêbaars (noodlot het geen dekorum) bly talm: hesperiese flitse van verdriet.

III

Daar word beweer die jongste van dertien 'n Vervloekte met 'n Kaïnsmerk:
Onsigbare, tastende Derdeoog.
Doodsbalju, kroonprins van die hel
besef as klein kind die wonderwerk van vooraf
weet: 'n kooltjie vuur stig 'n bosbrand aan.
(N)iemand kon die lyne in jou palm lees:
die selfmoordenaar, 'n swart forel, beur stroomop.
Wis van jongs af sy verdoemende lot:
stuur af op 'n swak gerepeteerde slot.

IV

Iewers vertel die heldersiendes kan ons vervloektes red:
bevry al die visse in die see...
Alles begin oënskynlik met 'n spel: die smokkel met sinne eers 'n heling teen insomnia; later 'n nuttelose panacee teen senu-uitputting, Die dobbelsteen bly verkeerd val; die kaarte wys 'n ómgekeerde Skoppensboer.

V

 

Dit staan geskryf teen die tempels
in moeilik-ontsyferbare hiërogliewe
teen die graf van Ramses II
dat vrede vir die vervloekte wél bestaan.
"Daar sou ek vrede weer besef
waar Tebes in die stil woestyn"...
Die gedig skryf sigself; vang die boodskappe uit die ander oord onbevange op.
Laasnag droom ek van jou - met jou panamahoed en dandy-pak in Egipte:

VI

"O Diep Rivier, O Donker Stroom,
Hoé lank het ek gewag, hoe lank gedroom
Die lem van liefde wroegend in my hart?"
Vir jare sou die koors van berou, verwyt om jou hang en elke geliefde of flirtasie weer daardie eerste verlies uitspeel:
'n droewe deuntjie op 'n outydse pianola..
En toe jou moeder sterf, in in teen die Groot Niet kon sy jou ook nie vertroos; net verder ontstig met haar doodswoorde: "Daar's niks."

VII

Ses dekades later in die wagkamer
tussen hier en die on-sienlike Daar
wonder ek: hoe kan 'n mens jou verlos?
Spiritiste meen mens bly gevange:
herhaal die skoot oor en oor
soos 'n teisterende droom
sonder logiese begin of einde
maar met die flitsende boodskap:
"O, Diep Rivier, O Donker Stroom..."

VIII

Met drif het jy jou somberheid uitgeleef:
jou pennehouer 'n skedel...
Die verlies van die verswygde liefde:
soos die pik van 'n slang.
'n Wond wat sweer word kouevuur.
Verswelg in koorsdrome ont-
glip jy tydelik: 'n kobra in deurskynende glas.
Was dit swak-geskommelde kaarte?
'n Kruis en munt?
Opsluit moes jy dobbel, die dices skud
in teen die donker dieptes van die stroom:
'n Walvis sluk jou heelhuids in.

L'envoi

IX

Van gesoignéerde, strydvaardige joernalis gedemoveer tot bedremmelde, behoeftige boemelaar.
Is daar nog trane vir poësie?
Of leef jy nog in die selfgeskepte hel
van sinsbedrog, 'n noodlotsroep?
Vanaand swem al die visse
van die Tierra del Fuego tot Groenland,
van die Kaap tot Wladiwostok
en roep:" Hy's bevry, hy's bevry!"

***

Joan Hambidge skryf ook romans - soos Kladboek wat in 2008 verskyn het - en satiriese romans soos Swart koring.

Sy resenseer gereeld vir Versindaba, LitNet, Beeld en haar blog heet: Woorde
wat weeg.

Carina Stander, Martina Klopper, Fourie Botha, Aniel Botha, Karen Kuhn en
Hennie Nortjé het solobundels onder mentorskap geskryf.

Sy begelei tans vier MA's in Kreatiewe Skryfwerk en twee PhD's.

Sy behaal 'n tweede PhD aan die UK in 2000 oor gender. Sy skryf 'n studie
oor die werk van Johann de Lange wat op haar blog te vinde is.

Sy skryf tans aan 'n roman (Die buikspreker) en 'n digbundel (Matriks).

Lys van onlangse boeke:

Meditasies. Human & Rousseau, Kaapstad. 2014.

Lot se vrou. Human & Rousseau, Kaapstad. 2012.

Visums by verstek. Human & Rousseau, Kaapstad. 2011.

Vuurwiel. Human & Rousseau, Kaapstad. 2009.

Kladboek. Protea, Pretoria. 2008.

Palindroom / Koesnaatjies vir die proe. Genugtig uitgewers, Kaapstad. 2008.

Dad. Genugtig uitgewers, Kaapstad. 2006.

En skielik is dit aand. Protea Boekhuis, Pretoria. 2005.

Die Buigsaamheid van verdriet, Protea Boekhuis, Pretoria. 2004.

Ruggespraak. Protea Boekhuis, Pretoria. 2002.

Sewe Sonjas en wat hulle gedoen het. Contentlot, Kaapstad. 2001.

Lykdigte. Tafelberg, Kaapstad. 2000.

Die swart sluier. Tafelberg, Kaapstad. 1998.

Die Judaskus. Kagiso/Perskor, Johannesburg. 1998.

Swart koring. Human & Rousseau,  Kaapstad. 1996.

Postmodernisme. J.P. van der Walt, Pretoria. 1995.

Interne verhuising. Perskor, Johannesburg. 1995.

Foto: Jan Marais

 

Zandra Bezuidenhout en die digkuns van vroue: ‘n knippie Lacan-sout met ‘n knypie Derrida-peper

Joan Hambidge 2007-02-08 Die verskyning van ‘n studie waarin die feminisme of postfeminisme in die digkuns bespreek of onder die loep geneem word, is altyd ‘n belangrike gebeurtenis in ‘n oorwegend manlik-gedomineerde letterkunde. Hierom het ek Zandra ...

ABSA Ketting: IL de Villiers in gesprek met Joan Hambidge

Joan Hambidge, Joan Hambidge, IL de Villiers 2007-01-22 "Die lewe en die dood is 'n jin/jang. Ons leef en ons gaan dood. So is die so. Ek is verlief op die lewe."

’n Lewe met boeke deur Koos Human: 'n uiters belangrike tydsdokument

Joan Hambidge Boeke en skrywers 2006-11-14

"Elke hoofstuk in ’n Lewe met boeke is ’n verslag van ’n lêer in ’n kabinet wat ’n mens oopmaak. Vir die Afrikaanse leser is dit ’n belangrike boek, omdat Human hom altyd in die eerste instansie uitlaat oor letterkundige gehalte."

Die Anatomie-les van dr Tulp (1632)

Joan Hambidge 2006-10-10

VersKliniek: Joan Hambidge

Madri Victor, Joan Hambidge Skryfsake en rubrieke 2006-10-10


Elke gedig skep sy eie verwagtings, maar nuutsegging, ’n onverwagse blik op sake en dubbelsegging maak van ’n gedig iets besonders. 

Om dubbel-gemarginaliseer te wees

Joan Hambidge 2006-10-04 Om gay/lesbies te wees, maak jou deel van 'n marginale groep, 'n subkultuur, 'n onsiende bestaan, 'n stereotiep. Van kleins af leer jy hoe dit is om anders te wees. Jy weet wat Van Wyk Louw bedoel het toe hy geskryf het van pyn wat oop en buite ...

"Central-Wasche, Kolmanskop"

Joan Hambidge Poësie 2006-10-02

Die rooi duine skuif
gister se pyn en verlange wég

Sophia Loren

Joan Hambidge 2006-09-29

O moenie huil nie, o moenie treur nie, die Stellenbosse boys kom weer!

Joan Hambidge Menings 2006-09-20

"Aan wie is ons gedienstig as ons dink dat Engels die 'oplossing' is?" Joan Hambidge lees Hermann Giliomee en Lawrence Schlemmer se boek 'n Vaste plek vir Afrikaans, 2006.

Oggend in Jaipoer

Joan Hambidge 2006-08-10

Daardie man wat stap in Jodhpoer

Joan Hambidge 2006-08-10

O wat het geword van Freda Plekker?

Joan Hambidge 2006-08-10 - 'n hartseerballade Gesigslose, verwaarlose Freda Plekkero waar is jy nou?Is jy dalk in die diepsee-waters,saam met skulpfluisteraarsin 'n klein submarien soekend na die Titanicse oorblyfsels?Is jou gesig perdalksweggevreet deur skulpe,seewier en ...

Klaagsange

Joan Hambidge 2006-08-10

SuperReeve

Joan Hambidge 2006-08-10 .
Top