Die rooi duine skuif
gister se pyn en verlange wég:
daar het baie sand gewaai
oor ons en water uit my oësee.
Die rooi heuwels berg
ons drome gesesvoet, begraaf
onder sand en skuiwende duine.
Die uurglas het uitgeloop;
nog 'n herinnering het geskuif.
Die rooi berge is gister
se pyn en verlange
Na 'n skildery van Adriaan van Zyl (1957 - 2006)
"Central-Wasche, Kolmanskop" Oil on board 40 x 54 cm


