Jeanette Ferreira

Jeanette Ferreira voltooi haar skoolloopbaan aan die Hoër Landbouskool Merensky en verwerf later die grade BA Honneurs en MA aan die Universiteit van Pretoria en 'n PhD aan Rhodes-Universiteit.

Vanaf 1977 tot 1983 doseer sy Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit van die Noorde. Hierna was sy vir drie jaar as uitgewer by Perskor werksaam. Vanaf 1986 tot 1992 doseer sy Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit van Zoeloeland, waar sy as professor aangestel is. In 1995 en 1996 dien sy ook as professor aan die Universiteit van Vista. In 1988 en 1989 was sy voorsitter van die Afrikaanse Skrywersgilde. In 1989 was sy 'n lid van die Suid-Afrikaanse afvaardiging van kulturele verteenwoordigers wat die ANC in die buiteland onder beskerming van Idasa ontmoet het.

Sy publiseer 12 boeke in verskillende genres. Haar prosa strek van populêre liefdesverhale tot verwikkelder werk wat aan universiteite voorgeskryf is. Haar vroeëre werk het 'n sterk politieke inslag en sentreer om die demokratiseringsproses in Suid-Afrika, maar haar latere werke konsentreer op die groter menslike vraagstuk van oorlog. Haar verwikkelder werk strek vanaf wetenskapsfiksie met die paleontologie as agtergrond tot resente oorlogsituasies. 'n Literatuur wat vir die breër gemeenskap toeganklik is, is haar ideaal.

 

Opgedateer/Updated: 2006-11-01
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Elders gesien: Dit ruik steeds na oorlog

Jeanette Ferreira Elders gesien 2024-03-15

"Deur die treinvenster het hy al twee sy hande vir my uitgehou en ’n vonk het uit die silwer uiltjie op sy militêre pet geblits."

Die Melkweg en die miskruier: ’n onderhoud met Jeanette Ferreira

Naomi Meyer, Jeanette Ferreira Skrywersonderhoude 2023-12-20

"Grond, soos water, soos lug, soos veld, soos diere, is so ’n groot verantwoordelikheid en vra soveel respek en kennis dat dit nie binne een geslag 'reggestel' kan word nie, veral nie terwyl bevoorregte elite – lees: invloedryke lede van die regerende party – wat net so min kennis het, glo grond is geld nie. Grond is die aarde se vel en ons moet die hele liggaam versorg."

Mara deur Marida Fitzpatrick: ’n onderhoud met die skrywer

Jeanette Ferreira, Marida Fitzpatrick Skrywersonderhoude 2022-07-04

"Iemand het eenkeer gesê 'all memory is fiction.' Die oomblik dat ’n mens iets deur die filter van jou eie belewenis en herinnering onthou, raak dit noodwendig iets anders, iets wat jy tot ’n mate self geskep het."

Een of ander held deur Zirk van den Berg: ’n resensie

Jeanette Ferreira Resensies 2021-07-19

"Bied hy daarmee ’n oplossing? Die antwoord op dié vraag moet elke leser vir hulself uitwerk en die sleutel daartoe is in daardie meesterlike slotparagraaf te vinde wat soveel uiteenlopende dinge kan beteken as wat daar lesers is."

In memoriam: Kemp Jurgen Kemp

Jeanette Ferreira In memoriam 2021-01-29

"In die laaste jare het hy veral bekend geword as die beleërde oudpresident Zuma se advokaat en in mindere mate vir sy verdediging van die skoolhoof Deon Scheepers van Grey-kollege. In die hof was Kemp ’n regsman wat ’n stormram genoem sou kon word, ’n bulhond wat nie laat los as hy eers vasgebyt het nie."   

Elders gesien: Oproep vir bydraes tot Eugène N Marais-bundel

Jeanette Ferreira Elders gesien 2020-10-12

Die gevierde skrywer, Eugène N Marais, se sterfdatum 85 jaar gelede word op 29 Maart 2021 gevier. Minimal Press beplan ’n bundel ter herdenking van hierdie geleentheid. Bydraes wat die volle spektrum van Afrikaans verteenwoordig, sal verwelkom word.

’n Huldeblyk aan Cecilia Britz (22 Mei 1955–12 Desember 2019)

Jeanette Ferreira In memoriam 2019-12-19

"Later het sy ook spanningsromans uitgegee, speurverhale, enige verhaal wat goed is – selfs letterkunde – want sy het geglo daar is net een soort boek en dit is ’n goeie boek en vir haar was dit ’n boek oor mense wat kan vóél."

Bloedlelie: ’n onderhoud met Jeanette Ferreira

Naomi Meyer, Jeanette Ferreira Skrywersonderhoude 2019-04-04

"Vergifnis is ’n swaar ding, insig en berusting des te meer. Niks is soos dit vir ons lyk nie, nie eens die sterre nie."

Huldeblyk aan PG du Plessis (1934–2017)

Jeanette Ferreira In memoriam 2017-06-07

"Mens stel jou voor hy het die trappies van hierdie laaste verhoog afgeklim met sy skouers effens krom onder die kruisbande, beslis nie sonder ’n glimlag en ’n laaste woord nie: 'Pieter Georg du Plessis. Skuldig aan ’n lewe, voluit.'"

Monument deur Maretha Maartens

Jeanette Ferreira 2013-11-07 "In die breë register van Maartens se oeuvre – romans, jeugverhale, liefdesverhale, sketse, verhoogstukke, lewensverhale – is Monument tot dusver die roman wat die diepste delf."

Die verhouding tussen geskiedskrywing en historiese roman, met verwysing na Die son kom aan die seekant op

Jeanette Ferreira 2013-04-30 Referaat gelewer op 25 Januarie 2013, Groenkloofkampus van die Universiteit van Pretoria as deel van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Geskiedenissimposium: Die Groot Trek 175 jaar: 1838–2013.

Nuwe Stories 2013-onderhoud: Jeanette Ferreira

Gerdus Senekal, Jeanette Ferreira 2013-01-29 Jeanette Ferreira gesels oor die kuns van kortverhale skryf.

So lig soos klip: Uit die verbreektheid spreek eenheid

Jeanette Ferreira 2012-06-06

"So lig soos klip is ’n voorbeeld daarvan dat een goeie roman swaarder as tien minderes weeg."

Alfabet van die Voëls stel hoë eise

Jeanette Ferreira 2012-02-13 Naudé se debuutbundel kortverhale beloon eweneens daardie leser met ’n voorkeur vir verhale wat minder antwoorde as vrae bied: hoogstens ’n spoor, ’n bekoorlike moontlikheid van wat alles in hierdie digverweefde teks opgesluit lê.

Kopwond: Genesing vir die dinge wat een mens aan ’n ander doen

Jeanette Ferreira, Jeanette Ferreira 2011-08-23 Kopwond: Vergete slagoffers van die Bosoorlog Anthony Feinstein Uitgewer: Tafelberg ISBN: 9780624052876 Prys: R170.95 Klik hier en koop Kopwond nou van Kalahari.net! Feinstein, ’n mediese student, omseil etlike kere sy ...
Top