Elders gesien: Dit ruik steeds na oorlog

  • 6

Elders gesien: Jeanette Ferreira-van Jaarsveld skryf op Facebook:

Byna veertig jaar gelede het ek Albert vir die laaste keer met hierdie army kit op sy rug op Mtunzini se stasie gaan aflaai, waar hy weer eens onder die dun geel stasieligte gewag het om die trein Voortrekkerhoogte toe te haal vir sy jaarlikse verpligte militêre diens.

Deur die treinvenster het hy al twee sy hande vir my uitgehou en ’n vonk het uit die silwer uiltjie op sy militêre pet geblits.

Hier staan die sak vanaand tussen matte en skilderye wat nog oopgerol of opgehang moet word.

Het Stuttaford’s se verhuisingsmanne gewonder oor die kit wat moet saamkom? Dis gesluit en sonder sleutel. Dit ruik steeds na oorlog, na Afrika se weemoedige skemers, stof en sand op bospaaie in die wildernis. Soms na ’n kameeldoringvuur. Iewers onder die son sou ’n kwêvoël geroep het. Krieke snags. Vuur sou op die horison kon geblits het.

Elke jaar het Albert en die kit saam onder die Suiderkruis gelê. Vannag sal dié skeefgetrekte kruis oor slagvelde en ’n graf met ’n kopstuk van ruwe graniet skuif.

Dit is hoe dit in Afrika is.

  • 6

Kommentaar

  • Ollie Joubert

    Dis waarlik geskryf met 'n baie eina-heimwee oor die Grensoorlog van ou Suidwes. Semper fi

  • Jeanette Ferreira

    Stoffel, jy onthou nog my Exploratio-naam! Ek woon nou in Swellendam. hier's koffie vir ou stappers, nè?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top