Elders gesien: Oproep vir bydraes tot Eugène N Marais-bundel

  • 1

Jeanette Ferreira deel op Facebook:

  • 1

Kommentaar

  • Herman van Niekerk

    Goeiedag
    Verskeie van u het reeds my vorige e-posse hieroor ontvang.
    Net ter opsomming: Gedurende 2021 vier verskeie instansies die 150ste herdenking van Eugène Marais se geboorte  -  'n baie belangrike mylpaal.  Elke instansie doen sy eie ding op sy eie manier.
    Diegene wat belang stel, kan my nader vir 'n hoë resolusie weergawe van die logo wat ons vir die vieringe ontwerp het, vir nie-kommersiële gebruik.
    U kan die logo sien, en ook my bygewerkte boek oor Marais, by hierdie skakel:  https://masterproperties.co.za/eugene-marais/
    Die boek: Eugène Marais, Nuwe Feite en Nuwe insigte is nou in Afrikaans en in Engels, beide as sagteband boek en as e-boek, oor die pos beskikbaar en kan by Amazon.com bestel word vir aflewering in Suid-Afrika of elders. Die nuwe boek beslaan ongeveer 230 bladsye en veral die gedeeltes oor die stryd tussen Marais en staatskaper Paul Kruger, Marais en sy aandeel in die vredesproses na die Anglo Boere-oorlog, en Marais as Taalpionier is bygewerk met nuwe inligting en foto's.
    Ek vra asseblief 'n groot guns van u: Stuur asseblief hierdie e-pos so wyd as moontlik aan enige persoon of instansie wat  op die gebiede van die letterkunde, politiek, dierkunde en die Anglo-Boere-oorlog belang by Eugène Marais mag hê, sodat hulle ook kan beplan en met die vieringe betrokke kan raak..
    Baie dankie en vriendelike groete.
    Herman van Niekerk

     Sel/Cell: Herman van Niekerk 082 300 5974, e-pos/e-mail mprops1987@gmail.com

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top