
The concept of alienation in S.J. Naudé’s The third reel and Of fathers and fugitives – a psychoanalytic and philosophical view
2024-05-13"The conclusion that follows from the analysis is that Naudé presents to us a world in which modern world alienation is fundamental but never absolute."

Die begrip vervreemding in S.J. Naudé se Die derde spoel en Van vaders en vlugtelinge – ’n psigoanalitiese en filosofiese beskouing
2024-05-13"Die stukrag van Naudé se werk is geleë in die feit dat hy die moed het om vir ons ’n wêreld aan te bied wat nie meer ’n wêreld is nie, wat mank gaan aan empatie, intimiteit, solidariteit en gemeensaamheid – en dan gee hy sy karakters vrye teuels in hierdie wêreld om te sien wat gebeur."

Van vaders en vlugtelinge deur SJ Naudé: ’n resensie
2023-08-17"Van vaders en vlugtelinge bied oorwegend inherente weerstand teen [Hannah] Arendt se idee van aardse vervreemding; dit kom in opstand daarteen en dra die idee oor dat die natuur ons, ten spyte van ons kosmiese uitgangspunt, sal oorleef."

kykNET Silwerskermfees 2019: Wat’s in die spieël? Dagboek van ’n filmfees
2019-08-26"Wat is in die spieël? Dink ons krities genoeg oor die keuses wat óns maak in die lig van Bass se keuse en protes? Kan ons in solidariteit met Bass staan oor die objektivering van die vroulike liggaam, terwyl ons die omstredenheid terselfdertyd sien as ’n geleentheid om ’n gesprek oop te maak en krities te dink oor die objektiverings waaraan ons self daagliks skuldig is?"

Soos ’n parfait of ’n sundae: die kykNET Fiëstas 2019
2019-02-15"Enige goeie sundae of parfait het sy sublieme oomblikke, en by die Fiëstas was die hoogtepunt van die aand ongetwyfeld die verering van John Kani as ’n teaterlegende."

Verantwoordelike rolprentvervaardiging: ’n onderhoud
2018-08-01"Ek dink die verantwoordelikheid lê heel eerste by die filmmaker. Abbas Kiarostami het in sy toespraak getitel 'An unfinished cinema' by die Centenary of Cinema in Parys (in 1993) gesê dat die eerste 100 jaar van film aan die filmmakers behoort het, omdat hulle kon besluit hoe hulle iets wou uitbeeld en die medium so ontwikkel het, maar dat in die volgende 100 jaar, filmmakers die gehoor moet betrek."

Lacan en grufilms: ’n onderhoud met Cilliers van den Berg
2018-05-09"Wat ek interessant vind, is hoe mense met die onbekende en die ongemaklike omgaan – grufilms is niks anders as pogings tot die vergestalting of ver-beelding hiervan nie, wat natuurlik dui op die grense van representasie oor die algemeen."

Kroniek van turf deur Dolf van Niekerk: ’n FMR-resensie
2018-04-24"In Kroniek van turf is die tersaaklike begrip eienaarskap. Van Niekerk se uitbeelding van die twee groepe (of families) in die verhaal spreek van ’n omvattende begrip van die kolonialisme as ’n proses waarvolgens een groep mense grond toe-eien waarmee ’n ander groep mense reeds ’n bepaalde verbintenis het."

Fotostaatmasjien: ’n teaterresensie
2018-03-13"Fotostaatmasjien is bowenal ’n heerlike, menslike, lewenslustige produksie. Dit laat jou lag, maar dit laat jou ook wonder; dit konfronteer jou met vreemdheid en dit maak jou so ’n bietjie deurmekaar, soos die lewe self."

US Woordfees 2018: Die feëkoningin, ’n resensie
2018-03-07"Henry Purcell se Die feëkoningin is ’n semi-opera, en soos Izak Grove se programnota vir Kaapstad Opera se nuwe produksie aandui, beteken die term presies wat dit sê: dit is ’n werk wat slegs ten dele uit konvensionele opera bestaan en wat, benewens die sang, uitgevoer word met dans- en spraakrolle, sowel as instrumentale items."

Die reis gaan inwaarts: die kuns van sterwe in kreatiewe werke van Karel Schoeman deur Cas Wepener: ’n resensie
2018-02-23"In ’n sekere sin kan Derrida se woorde gelees word as ’n bondige, dog voldoende komplekse, samevatting van Cas Wepener se uitgebreide akademiese studie oor die werk van Karel Schoeman."

Kristalvlakte deur Amy Jephta: ’n FMR-resensie
2017-11-21"Dit gaan hier om ’n oorlog wat op ons voorstoep plaasvind en wat genormaliseer word. Kristalvlakte as ’n epiese teaterstuk is ’n oproep tot optrede, dit is nie teater as blote bewusmaking nie."

Murder on the Orient Express (2017) deur Kenneth Branagh: ’n resensie
2017-11-09"Maar bowenal laat hierdie nuwe weergawe mens onder die indruk van die ontsettende impak wat verbonde is aan die verlies van 'n kind, aan hoe één ontydige dood 'n netwerk van lewens omver kan werp en verwoes."

Die naderende dood van queer-rolprentkuns: die LGBT-films by die Cape Town International Film Market & Festival (CTIFMF)
2017-11-09"Film is maar altyd ’n soort spieël, en die afwesigheid (in meer as een opsig) van queer by die LGBT-films op die CTIFMF – wat in bykans dolleë ouditoriums vertoon is – is nie toevallig nie. Net soos dit ook nie toevallig is dat die beste queerfilm wat op die fees gedraai het se titel Screwed is nie."

Op die vingerpunte van die heelal deur René Bohnen: ’n resensie
2017-10-26"’n Bundel soos Op die vingerpunte van die heelal is, onvermydelik, ’n soort testament – ’n nalatenskap aan die toekoms, ’n optekening van hoe ons nou is en hoe ons nou leef: op die mespunt van die Antroposeen ..."