Jaco Barnard-Naudé

Jaco Barnard-Naudé (BCom (Regte) (met lof), LLB (met lof), LLD (UP), MA (UCT)) is professor in regsfilosofie, mede-direkteur van die Sentrum vir Retoriekstudie en direkteur van navorsing in die regsfakulteit van die Universiteit van Kaapstad. Tussen 2017 en 2020 was hy die Britse Akademie se Newton Gevorderde Navorsingsgenoot in die Westminster Law & Theory Lab, Universiteit van Westminster, Londen. Hy is ook ’n vorige ere-navorsingsgenoot aan die Birkbeck Institute for the Humanities, Universiteit van Londen. Sy monograaf, Spectres of reparation in South Africa: Re-encountering the Truth and Reconciliation Commission, verskyn in 2023 by Routledge. Hy is die redakteur van twee versamelings vir Routledge: Spatial justice after apartheid: Nomos in the postcolony (2022) en Decolonising the neoliberal university: Law, psychoanalysis and the politics of student protest (2022). Hy was ook in 2022 die redakteur van ’n festschrift vir Philippe-Joseph Salazar, getiteld The incomprehensible: The critical rhetoric of Philippe-Joseph Salazar (Juta).

Verdere gedagtes oor vergifnis en versoening – 'n antwoord op Morné Malan

Jaco Barnard-Naudé Seminare en essays 2009-09-11

Ek wil Morné Malan bedank vir die insigryke supplement ingegee deur my lees van die Hambidge/Gaum-kwessie en die breër kwessies wat ek daaruit aflei vir transformasie, vergifnis en versoening in postapartheid-Suid-Afrika. Hiermee ...

Vergifnis en versoening: Hambidge en Gaum

Jaco Barnard-Naudé Seminare en essays 2009-08-27

Dit verbaas my dat die groot profete of sogenaamde teoloë van vergifnis in Suid-Afrika nie na die basiese kontradiksie aangaande vergifnis in hulle eie dogma verwys wanneer hulle in openbare gesprek tree oor hierdie onderwerp nie. Ignoreer ...

Die Hegeliaanse dialek en die 'leermeester'-student-verhouding

Jaco Barnard-Naudé Seminare en essays 2009-06-18

Onlangs verwys Daniel Hugo in die konteks van 'n debat oor die verhouding tussen digkuns en filosofie (By, Die Burger, 6 Junie 2009) na Joan Hambidge as my "leermeester". Hugo se woordkeuse het my teruggeneem na Hegel se beroemde ...

Top