Lenige Afrikaans: die saak vir ’n soepel taal
2026-02-23"’n Taal is meer as net abstrakte grammatika, en ontwikkel as literêre taal nie in ’n vakuum nie, maar resoneer met ’n eie ontstaanswêreld."
Verantwoording: die dialektiek van ’n sinryke bestaan deur Hercules Boshoff – ’n skrywersonderhoud
2026-01-19"Sokrates het gesê ’n onondersoekte lewe is nie die moeite werd om geleef te word nie. Ek sou sê ’n lewe wat nie geleef word nie, is ook nie die moeite werd om ondersoek te word nie."
Méér as feestale: denkarbeid in ons moedertale
2025-11-24"Die troos wat gegee word dat Afrikaans gedy omdat daar feeste gereël word en letterkunde bestaan, is nie goed genoeg nie, en getuig voorts van ’n verkleutering van moedertale as bron van nostalgie en vermaak, verbruikersitems, en as naelstring wat geknip word sodra die vakansie verby is en die universiteit weer voortgaan met Engels, die taal van die kop (capitas), die taal van die kapitaal."
Die waardigwording van moedertale in Suid-Afrika
2025-02-03"Die kultivering van moedertale is nie ’n hindernis nie, maar ’n politieke bestaansvoorwaarde vir Suid-Afrika. Meer as die gebruiklike post-1994 T-hemp-politiek en kitsoplossings in opvoeding soos die uitdeel van tablette (terwyl biblioteke verval) gaan nodig wees om die belangrike vraagstuk van taal in die onderwys aan te spreek."
Beyond dogmatism and scepticism: a critical perspective on the contribution of German Idealism towards a new metaphysics
2025-01-10"Freedom and thinking are not separable entities, but co-responsible for bringing about a purposive reality. Freedom is a key concept throughout the course of German Idealism, binding causal reality to unconditional reason."
Anderkant dogmatisme en skeptisisme: ’n kritiese blik op die bydrae van die Duitse Idealisme tot ’n nuwe metafisika
2025-01-10"Erkenning van gebrek aan finale kennis oor die werklikheid is geen belemmering vir wete nie, maar ’n voorwaarde daarvoor. Vir die absolute om geheel te wees, beteken dat die werklikheid nie as ’n statiese absolute volledig refleksief binne ’n bepaalde menslike bewussyn teenwoordig kan wees nie [...]."
Ons toekoms op die spel
2024-08-05"Spel oefen ’n sterk invloed op die samelewing uit, daarin neem ons die beste in menswees waar: uithouvermoë, vaardigheid, mededingendheid, spangees, oordeel, maar ook die swakste, naamlik vuilspel, knoeiery, onregverdigheid en selfsug."
Ons gesondheidskwaal
2024-07-02"Die 19de-eeuse filosoof Friedrich Nietzsche het gesê dat die godin van die toekoms gesondheid sal wees. Sy voorspelling was onthutsend akkuraat."
Burgerskap in die 21ste eeu
2024-06-12"Een van die groot vraagstukke van die kontemporêre samelewing is die veranderende aard van burgerskap. Wie is die burger vandag? Hoe hou dit verband met burgerskap in vroeëre tydsgewrigte, en hoe lyk die pad vorentoe?"
Die ontluistering van die wêreld
2024-03-19"Die sinkronisering van die menslike polsslag met tegnologiese tempo dra nie by tot redding van die aarde nie, maar eerder ’n verlies aan wêreld. Die etimologie van die woord wêreld is wer (wie) plus alt (tyd); dus: die tyd van die wêreld is die tyd van die mens. Menslikheid word egter gering geskat, ondergeskik gestel aan onder meer die omgewing, kunsmatige intelligensie, en allerlei ideologiese uitgangspunte."
Moed steeds nodig vir denke
2024-01-31"My eie verstandigheid alleen is altyd onvoldoende en daarom is dialoog noodsaaklik vir die uitbreiding van verstand. Die teregkom van dialoog vereis gepaste ingerigte ruimtes en ingeligte menings."
In die rede geval – waarom die mens mites maak deur Charl-Pierre Naudé: ’n resensie
2024-01-24"In die rede geval is omvangryk, noukeurig, interpreterend en prikkelend."
Wêreldrugbybeker, reklame en spel
2023-10-27"Groot opwinding heers oor die Wêreldbekertoernooi wat nou sy laaste fase betree. Dit belig, te midde van soveel plaaslike en internasionale probleme, weer eens die 'aardigheid' van spel, om aan te sluit by Johann Huizinga se werk Homo Ludens ('die spelende wese')."
The need for the cultured person in a time of performance servitude
2023-07-07"The result of the speed required to keep up with this feedback and oversaturation of our drives is exhaustion and burnout, the psychological by-product of our times."
Die noodsaak van die kultuurmens in die tyd van uitsetverknegting
2023-07-07"Anders as die narsistiese terugspieël van prestasie, bring kultuur mens onder ’n diep indruk van die nederigheid wat met die bemeestering van ’n taak gepaard gaan."

