Hercules Boshoff

Dr Hercules Boshoff is medewerker by die Instituut vir filosofie en die samelewing. Hy was voorheen vakhoof van filosofie en besigheidsetiek by Akademia, en dien in verskeie kapasiteite by privaatinstellings. Hy was tot 2021 ’n postdoktorale navorser by die Noordwes-Universiteit. Hy het sy PhD getiteld "Ekonomie en subjektiwiteit" (2019) aan die Universiteit van die Vrystaat voltooi, sy MA (2015) aan die Universiteit van Pretoria, ’n BTh in 2012 aan die Universiteit van Pretoria, en ’n Mdiv in teologie aan Universiteit van Stellenbosch in 2025. Met hierdie studies het hy onder van Nederland se mees vooraanstaande filosowe navorsing gedoen. Sy publikasies dek die metafisika, taal, filosofie van ekonomie, Duitse Idealisme en tegniek.

Vryheidsdag 2023: Vryheid en ontnugtering

Hercules Boshoff Seminare en essays 2023-04-25

"Vryheid is soos onverdunde wyn: Wanneer dit in oormaat ingeneem word sonder inagneming van ander faktore, sonder ander substansies, raak mens gou dronk daarvan. Só dronk word mens daarvan dat jy nie besef dat slawerny, die teenpool van vryheid, konstant dreig nie."

On indebtedness and freedom

Hercules Boshoff Academic research 2021-08-05

"The fact that the individual is no longer indebted to others for salvation follows from the conception of the essential freedom of the person around which modernity has formed its institutions."

Oor skuld en vryheid

Hercules Boshoff LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2021-08-05

"Binne die kontemporêre konteks vind die verwringing van vryheid neerslag in ’n veredeling van adolessensie, wat verwys na ’n toestand wat verantwoordelikheid binne die verband van instellings systap en instellings as sodanig verdag maak."

The economics of the invaluable

Hercules Boshoff Academic research 2021-04-22

"If we are to understand the manner in which we can be transformed by an object and in turn what enables us to transform and work on objects, we can move closer to an enveloped notion of economics."

Die ekonomie van kosbaarheid

Hercules Boshoff LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2021-04-22

"Deur die koppeling van ekonomie aan tuisteskepping gaan verskeie modusse van toenadering tussen mens en natuur oop, waaruit ons besef dat dit waartoe ons in staat is, nie alleen die resultaat van ons eie inspanning is nie, maar ook aan ons geskenk word."

Philosophy and written culture

Hercules Boshoff Academic research 2017-12-06

"The philosophical requires a free and spontaneous discussion and interaction about the meaning of texts, and provides a platform for a type of thinking that invites others outside to participate."

Filosofie en die skrifkultuur

Hercules Boshoff LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2017-12-06

"Die menslike oor is volgens Pythagoras nie ingestel om hierdie konstante simfonie te hoor nie. Wat hy as 'klank' ervaar, is eintlik ’n kakofonie in die simfonie. Dit vereis ’n spesiale ingesteldheid om die ware simfonie, die logos, van die kosmos aan te hoor."

Huldeblyk aan die laaste Afrikaanse denkers

Hercules Boshoff SêNet-briewe 2016-07-05

"Hierdie skrywe word gerig aan Afrikaanse “intelligentsia” ..."

Top