Annemarié van Niekerk

Annemarié van Niekerk woon in Den Haag. Sy is boekresensent by Trouw, een van Nederland se drie topkoerante, waar sy onder andere die resensering van Suid-Afrikaanse literatuur behartig. Sy doen ook vryskutwerk vir Suid-Afrikaanse koerante en tydskrifte, manuskripkeuring en -redigering vir uitgewers, en vertaalwerk. Sy is een van die "Medewerkers" by Tydskrif vir Letterkunde, navorsingsgenoot aan die Universiteit van die Vrystaat en gee Afrikaans aan die International School of Amsterdam.

Voor haar verhuising na Nederland was sy universiteitsdosent in Suid-Afrika en redakteur by Kwela Boeke in Kaapstad. Sy is die samesteller van drie verhaalbundels: Raising The Blinds - A Century of South African Women's Stories (1990), Vrouevertellers 1843-1993 (1994) en The Torn Veil. Women's Short Stories from the Continent of Africa (1998).

In 1999 verwerf sy haar PhD aan die Universiteit van die Witwatersrand. Sy het verskeie bydraes gelewer tot akademiese boeke en publikasies. Die mees onlangse akademiese projek waaraan sy deelgeneem het, was Edinburgh University Press se "A Historical Companion to Postcolonial Literatures: Continental Europe and its Empires" (2008). Hiervoor het sy meegewerk aan die afdelings: "The Netherlands and its Colonies: Introduction", "Anti-colonial Resistance", "Creolisation and Creoleness", "Critique of Imperialism/Anti-colonialism", "Narratives of Empire", "Race and Language in South Africa" en "Women's Histories".

Sy is getroud met die Nederlandse literator, Jaap Goedegebuure, en ma van 10-jarige Stephan.

Opgedateer/Updated: 2009-05-19

Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Goede Hoop. Zuid-Afrika en Nederland vanaf 1600, ’n bespreking

Annemarié van Niekerk NeerlandiNet 2017-02-28

“Die boek Goede Hoop is, soos die tentoonstelling, ambisieus. In 21 hoofstukke met 34 intermezzo’s vertel 27 verskillende skrywers uit albei lande, onder leiding van Martine Gosselink, hoof van Geskiedenis van die Rijksmuseum, die gedeelde geskiedenis van Suid-Afrika en Nederland, vandat die Verenigde Oost-Indische Compagnie in die 17de eeu sy Kaapse verversingspos gestig het, tot vandag.”

Onderhoud: Goede Hoop. Zuid-Afrika en Nederland vanaf 1600, Rijksmuseum tentoonstelling

Daniel Horst, Maria Holtrop, Annemarié van Niekerk NeerlandiNet 2017-02-03

"De geschiedenis van Nederland strekt zich verder uit dan alleen de landsgrenzen en dus hoort het gedeelde verleden van Nederland met een land als Zuid-Afrika bij onze nationale geschiedenis."

Astrid Roemer: Onverwagse wenner van die PC Hooft-prys 2016

Annemarié van Niekerk NeerlandiNet 2016-01-14

Die Surinaamse skrywer Astrid Roemer het die PC Hooft-prys vir 2016 gewen. "Dit word geïnterpreteer as meer as net die bekroning van ’n individuele skrywer, maar ook as erkenning van die Nederlands-Surinaamse literatuur. Baie kritici voel dat laasgenoemde sterker geweeg het in hierdie toekenningsbesluit as die kwaliteit van Roemer se werk self. Hieroor woed tans ‘n vurige debat binne literêre kringe in Nederland."

Joost Zwagerman (18 November 1963, Alkmaar – 8 September 2015, Haarlem)

Annemarié van Niekerk In memoriam 2015-09-14

"So was Joost Zwagerman. Hy en sy begeesterde belangstellings kon niemand wat met hom in aanraking kom, koud laat nie. Hy sou jou anders laat kyk en anders laat dink, en terselfdertyd laat voel of jy self plotseling bars van energie."

Martin Bossenbroek: Die Boereoorlog (uit Nederlands vertaal deur Anne-Marie Mischke)

Annemarié van Niekerk 2015-03-18 "Ek is my nie bewus van enige ander soortgelyk beeldende en treffende vertelling van die Boereoorlog nie. Die neutraliteit waarmee Bossenbroek skryf, is van so ’n aard dat selfs die-hard ondersteuners van óf die Boere- óf die Britse saak tydens die lees nie ’n oomblik te na gekom sal voel nie."

Resensie: Die ding in die riete deur Jean Lombard

Annemarié van Niekerk 2015-02-04 "Die ding in die riete is ’n skatkis van slangverhale, in alle gedaantes en vorme. En soos dit nou eenmaal met mites gaan, speel die spirituele, die goddelike, die onpeilbare ’n groot rol, en kom bestaanskwessies ter sake ..."

Charlie Hebdo: Ek dink hardop

Annemarié van Niekerk 2015-01-13 "Ekstremiste floreer op die ekstreme reaksie van ander. Verdraagsaamheid is hul grootste vyand."

Resensie: Brieven van Overzee deur Pieta van Beek

Annemarié van Niekerk 2014-11-07 "Brieven van overzee is eintlik méér as net ’n briefwisseling tussen Ida Gerhardt en Pieta van Beek, méér as net ’n ode aan een van Nederland se groot digteresse. Dit is ook ’n outobiografiese collage wat Van Beek saamgestel het uit haar dagboeke ..."

Annemarié van Niekerk gesels met Fred De Vries

Annemarié van Niekerk, Fred de Vries 2013-04-03 Annemarié van Niekerk gesels met Fred de Vries, wie se boek Afrikaners. Een volk op drift pas vir die MJ Brusse Prijs genomineer is.

Ronelda Kamfer in gesprek met Annemarié van Niekerk

Annemarié van Niekerk, Ronelda Kamfer 2013-02-26 Ronelda Kamfer tree later vanjaar op by die Festival voor het Afrikaans. Sy het in Amsterdam met Annemarié van Niekerk gesels.

Stories uit Amsterdam – Annemarié van Niekerk vertel

Annemarié van Niekerk, Naomi Meyer 2012-08-01 "Die wonde van die verlede kan nie so vinnig genees nie; ons moet geduldig wees; die skade wat aangerig is deur apartheid is onvoorstelbaar groot. Dit smeul nog voort, en elke nou en dan word daar weer nuwe vuurtjies aangesteek." Annnemarié van Niekerk gesels oor Amsterdam, oor boeke in die buiteland – en oor Melt Myburgh.

Gerrit Komrij: Necrologie

Annemarié van Niekerk, Jaap Goedegebuure 2012-07-10 "Gerrit Komrij (1944-2012) was ’n man met baie gesigte, aktief in baie genres en ’n uitsonderlike persoonlikheid in die Nederlandse literêre wêreld. Ongeag van wat hy gedoen het en waarmee hy besig was, hy het opgeval." />

Maria van Daalen, Nederlandse digteres en Vodou-priesteres

Maria van Daalen, Annemarié van Niekerk 2012-04-18 Vodou* is een van daardie godsdienste waaroor die meeste van ons bitter min weet. En as ons dink ons weet iets daaroor, is dit dikwels nie heeltemal in die kol nie, het Annemarié van Niekerk onlangs besef – toe sy met Maria van Daalen gesels het.

Annemarié van Niekerk gesels met Steve Hofmeyr oor skryf, lees en Vier briewe vir Jan Ellis

Annemarié van Niekerk, Annemarié van Niekerk 2010-07-06 Steve, jou novelle Vier briewe vir Jan Ellis wat onlangs by Zebra Press verskyn het, is jou vyfde boek. Jy’t onder andere al ’n digbundel met die titel Valkuns gepubliseer en ook verlede jaar jou outobiografie getiteld Mense van my ...
Top