Persverklaring: ATKV-Woordveertjies – 2025-finaliste bekend

  • 0

Die ATKV-Woordveertjies word aangebied om uitsonderlike bydraes rondom die Afrikaanse woord te bekroon. Van Suid-Afrika se voorste Afrikaanse skrywers en illustreerders het al met hierdie besonderse veer in hul hoed weggestap.

Die wenners van vanjaar se ATKV-Woordveertjies sal vanaf 17 tot 19 September 2025 op die ATKV se Facebook-blad bekendgemaak word.

Die finaliste (alfabeties gelys volgens van) in die onderskeie kategorieë is:

ATKV-Prosaprys

  • Die onsigbare – PJO Jonker (Tafelberg)
  • Hemel en aarde en ons – Zirk van den Berg (Queillerie)
  • Onrus op Steynshoop – Ingrid Winterbach (Human & Rousseau)

Prys vir Poësie

  • Miniatuur – Johann de Lange (Naledi)
  • Kinderlê – Lynthia Julius (Queillerie)
  • Liefde en verset – André le Roux (Human & Rousseau)

Prys vir Romanses

  • ’n Kersfeeskomplikasie – Dina Botha (Romanza)
  • Die dokter langsaan – Madelie Human (Romanza)
  • Waar die wolwe huil – Magdaleen Walters (Romanza)

Prys vir Spanningslektuur

  • Die keiser se duim – Chris Karsten (Human & Rousseau)
  • Gebooie – Rudie van Rensburg (Queillerie)
  • Al wat tel – Irma Venter (Tafelberg)

Prys vir Dramateks

  • Laaitie mettie biscuits – Christo Davids
  • Anders – Lee Doubell
  • Stinkhout – Philip Rademeyer

Prys vir Niefiksie

  • Amma – Charmaine Africa (Tafelberg)
  • Jopie Fourie: ’n Besinning – Albert Blake (Protea Boekhuis)
  • Dienaar van die waarheid – MC Botha (Turksvy Publikasies)

Vanjaar word geen toekenning in die kategorie Prys vir Liefdesroman gemaak nie.

Die wenners van die ATKV-Kinderboektoekennings, ’n kategorie waar kinders self vir hul gunstelingboeke en -illustrasies stem, word ook saam met die Woordwystoekenning vir woordeboeke en taalgidse en die Toekenning vir Leesbevordering aangekondig. Die wenners in dié drie kategorieë sal ook tussen 17 en 19 September 2025 op Facebook bekendgemaak word.

Lees ook:

Hemel en aarde en ons deur Zirk van den Berg: ’n resensie

Die onsigbare deur PJO Jonker: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Cliff-hanger: Kinderlê deur Lynthia Julius, ’n resensie

LitNet Akademies-resensie-essay: Dienaar van die waarheid deur MC Botha

Liefde en verset deur André le Roux: ’n resensie

Onrus op Steynshoop deur Ingrid Winterbach: ’n resensie

Gebooie deur Rudie van Rensburg: ’n resensie

Jopie Fourie: ’n besinning deur Albert Blake: ’n lesersindruk

Al wat tel deur Irma Venter: ’n resensie

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top