Pasgelaai

Die halfmens-boom

Joanita Erasmus-Alt 2013-06-17

“Pa, watse snaakse bome is dit?” het ek gevra toe ons jare gelede die eerste keer hierdie pad gery het.

“Dis die halfmens-boom,” het Pa geantwoord.


Die reisgenoot

Joanita Erasmus-Alt 2013-06-17

"Tydens ons gedeelde nagtelike busrit-ure vertel sy my van haar reise. Oostenryk, Hongarye, Tsjeggië ... altyd Europa. Sy het geen begeerte om Amerika of Australië of Nieu-Zeeland te besoek nie, sal sy altyd sê. Wanneer ons na 'n jaar weer ontmoet, is ek opnuut verbaas oor hoeveel ervarings sy intussen opgedoen het en op watter ver paaie sy was."

Gesprek

Joanita Erasmus-Alt 2013-06-17

"By die stasie in Siebensterngasse het hulle opgeklim. Die ou dame met die hond. Die trem was vol. Sy het na een van die leerhandvatsels bokant haar kop gereik. Die hond was so styf teen haar aangedruk dat dit moeilik was om tussen pelsjas en hond te onderskei. Ek het opgestaan en beduie dat sy moes sit. Die verrimpelde gesig het in ’n dankie vertrek. Ek het geweet dat sy die een was."


Molopo

Elsa van der Watt 2013-06-17

Sy sit onder 'n matloppieboom en staar na die lae swarthaak- en sekelbosruigtes voor haar. Van duisende koringkrieke wat in hulle takkies rondklim en skril en eentonig skree, bewe die bossies. Sy skud haar hare ongeduldig agteroor. Dawid kom nie, hy bel nie, skryf nie. Dit is 'n voldonge feit wat sy moet aanvaar.

My reis met boeke

Stef Delport 2013-06-17

"Desiderius Erasmus, die ou Nederlandse filosoof, het al honderde jare gelede gesê dat wanneer hy geld kry, hy heel eerste boeke koop. Indien daar iets oorbly, koop hy kos en klere."

Festival voor het Afrikaans 2013 in volle swang

2013-06-14 Die Festival voor het Afrikaans is van 13 tot 16 Junie 2013 in volle swang. Hier is foto's van gisteraand se optredes in De Melkweg (Amsterdam) en uittreksels uit die feesprogram. Die feestelikheid duur die res van die naweek in Den Haag voort.

zamazama-pleidooi

Jacobus Faasen 2013-06-14 was’k ma’ “Boesman”, San, oer-indigeen,
ver innie ou Kaalhari, sonn’r grot, skuil’ng,
sou’k, Self, op papsak-sjamaanskap steun,
sonn’r oorwinn’ng, of G’wete-oorwinn’ng

Oor homoseksuele huwelike en kinderaanneming

Kobus de Klerk 2013-06-14 Die media gons weer deesdae oor die onderwerp.

Ope brief aan mnr Williams

Reusedwerg 2013-06-14 Daar sit ek toe my poot weer in dit. Ek verwerdig my om iets oor mnr Williams se briefie te seg.

Ware gelowiges en ware ongelowiges (Fundamentaliste)

Cornelius Henn 2013-06-14 Ek het al menig maal gewonder; hoekom soveel mense aan fundamentalisme deel as dit dan kwansuis so problematies en ontwrigtend in die lewe is?

Waar is die mane van Jupiter?

Wouter 2013-06-14 HISTORY HAS IT that the four bright satellites of Jupiter were discovered independently by Galileo and the German astronomer Simon Mayer in the early seventeenth century.

Vir Williams oor sy eierdans en vir Jaco

Jan Rap 2013-06-14 Ek verwys na jou brief waarin jy jou blydskap uitspreek oor die regering wat nou NOG 'n meganisme – daar is al 'n tiental of wat – wil instel om korrupsie en skelmgeit aan te spreek.

Trienie, huisgesin soos deur 'Jesus ingestel'?

Hans Richardt 2013-06-14 Wat 'n klomp bollie! Jesus had geen vrou in evangelies en dis mos begin van gesin? 'arm struggle' gee net narsistiese plesier?

Entitlement mentality - our black nation crippler

Cornelius Henn 2013-06-14 spesiaal vir almal wat so tevrede is met ons land se wenparty ...

virre vale

Jacobus Faasen 2013-06-14 onskuld, skuld, twee pole,aysh, glattie om’t ewe,
Millennium Drie Mens leer, re Lewe Twee Lewe,
nie altyd vorie handligg’nd, sup’r-eksakt’ g’gewe,
nie vi’ dié, wie na “Duiw’lspiek”-erbarm’ng strewe

Is jy daar, God-partikel?

Angus 2013-06-14 Ja, ek is hier.

Naak

CM 2013-06-14 Aangesien die werklikheid tot sonde verklaar is, moet die waarheid bedek word.

Allegaartjie: Rossetti, Selibaat, Intelligensie van bye, Osteen versus Schopenhauer en 'n bietjie filosofie ...

Wouter 2013-06-14 As 'n poging om die onderwerp van bespreking te verander verwys ek na onderwerpe geluister en gelees hierdie week wat ek dink van belang vir die ander deelnemers ook kan wees.

Ou liefde kan roes (S,L,P)

2013-06-14 Jy weet mos maar hoe dit gaan as 'n man baie lanklaas die genietinge gesmaak het. Jy weet: Daardie goete waaroor die honde meestal oor baklei en, wel, meeste oorloë veroorsaak het. Daai deng.

Swak Afrikaans op RSG

Jan Rap 2013-06-14 Omroepers, veral party, is vreeslik lief om te praat van 'in terme van'.
Top