Preferred Band/Artist: Any
(Chorus)
Die Letsels in my hart skree
Hou my vas.
Die snymerke diep wonde
Gelos deur skaduwees.
Geraamtes in my diep verlede
Skree so kliphard in my kop.
Wanneer gaan dit ophou?
Wanneer gaan dit stop?
Wanneer gaan die wonde dan weer toegroei?
Ek staan hier voor jou
Met emmers vol van trane
En vra jou net een vraag…
Hou my so styf vas teen jou
Sonskynwarm lyf.
Trek my nader sodat jy my
Hart se letsels beter kan vryf.
Die Letsels in my hart skree
Hou my vas.
Die snymerke diep wonde
Gelos deur skaduwees.
Geraamtes in my diep verlede
Skree so kliphard in my kop.
Wanneer gaan my trane ophou?
Wanneer gaan dit stop?
Wanneer gaan my wonde dan weer toegroei?
Solank wag ek vir liefde
Maar ek’s bang dit sny my weer
Ek soek jou arms teen my
Maar ek’s bang vir as jy los.
Die Letsels in my hart skree
Hou my vas.
Die snymerke diep wonde
‘n Beklemtoning van vrees
My vrees is vir alleenheid
En liefde wat weer sny
Ek vra nou
Dat jy my wonde sal bedek
Dat jy my trane sal kan afvee
Om my sere toe te maak.
Om my so styf vas te hou
Na my te kyk met oë so blou
En vir eens en vir altyd te se
Eks lief vir jou.
Chorus
En dan kan ek
Vir oulaas in jou oe kyk
Op jou skoot kom sit
Al die ou ou stories hoor
En met ‘n Soette stem
Die soet soet woorde kan hoor
Ek’s lief vir jou.
Ooo-ooo-ooo—
Eks lief vir jou.

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

