"Trap Vas Dans" deur Barry Buckley

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Daar is verskeidenheid in my gedagtes vas gebrand
(Maar jy sien dit nie)
'n Eenvoudige voorkomste begrip in my verstand
(Maar jy sien dit nie)
My emosies is al lankal uit gegee
vir alles wat jou hart wil en sal begeer

Dis die trap vas dans tussen ek en jy
(een voet voor die ander)
waar ons aan mekaar se foute ly
(Kan ons nog bietjie langer)
Dis moeilik om in jou aangesig
'n reg of verkeerd hier op te stig

Verantwoordelikheid is om aan te gaan
Uitgekerf in ons meester plan
Die skuld le by die medemens
Dis die skoonheid van die lewens kens
Ek sal jou hand vashou al maak jy fout
(ek's hier vir jou)
Ek sal jou regop hou al raak jy benoud
(ek's hier vir jou)

Dis die trap vas dans tussen ek en jy
(een voet voor die ander)
waar ons aan mekaar se foute ly
(Kan ons nog bietjie langer)
Dis moeilik om in jou aangesig
'n reg of verkeerd hier op te stig

Dis die trap vas dans tussen ek en jy
(een voet voor die ander)
waar ons aan mekaar se foute ly
(Kan ons nog bietjie langer)
Dis moeilik om in jou aangesig
'n reg of verkeerd hier op te stig
'n reg of verkeerd hier op te stig

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top