Pasgelaai

Kuberklas Kreatief-kortverhaal: 'n Tyd om te lewe

Simone van Loggerenberg 2013-06-18 "Die bed waarop ek lê, die bed wat my vasgekeer laat voel, is een van daardie hoe affêres met staal relings langs die kant en die ongemaklikste matras wat jy in jou lewe al op moes lê."

Die Laaste Tango is nie háár laaste tango nie

Antoinette Louw, Naomi Meyer 2013-06-18 Die Laaste Tango se premières vind op 18 en 20 Junie in onderskeidelik Kaapstad en Johannesburg plaas. Antoinette Louw het met Naomi Meyer gesels voor die fliek - maar tog ook ’n paar geheime gehou.

Kom, vertrek op ’n retoer-koekeloer-toer

Antoinette Louw 2013-06-18

"Gemors in onderwys is soms ingewikkeld, meneer Griebenhau, en kom soms uit ’n lang geskiedenis wat selfs 1994 voorafgaan. Ook is dit duidelik dat die huidige stelsel, gebaseer op “uitkoms”, glad nie gewenste resultate lewer nie."

Kom saam na Magoebaskloof!

Trienie 2013-06-18

"Dis moeilik om te besluit wat my die meeste tydens die reis laat ril en gril het.

Eers was daar die bosvark-vlekkie-episode, toe die hemele wat sluise oopsprei en my stapstok wat knetterend die krans afmoker."

Koffie en sand

Dorothy Cilliers 2013-06-18 "Sy weet nie of die vrou genoeg geduld vir nog 'n verduideliking het nie. Tot sy in Syndey geland het, het Anet gedink sy kan Engels vlot praat."

Moord op Stellenbosch. Karin Brynard onder die soeklig

Rentia Bartlett-Mohl 2013-06-18 Waarom het Karin Brynard juis Stellenbosch gekies as ruimte vir ‘n gruwelike moord in haar nuutste roman, Onse Vaders? Rentia het haar onder die soeklig geplaas.

Dogtown: "We've got a lot of pleasing to do"

Henry Cloete 2013-06-18 "We are entertainers and we want our live shows to fuse into a combination of good music, entertainment and the passion we have for sharing our music with fans."

Gevoel van Veiligheid "probeer ’n boodskap stel met elke sin"

Henry Cloete 2013-06-18 "Ons oordink nie alles nie, so ons langtermyn-toekoms is soos wat ons oor ’n maand gaan doen, so wat korttermyn aanbetref gaan ek nou vir my gaan breakfast maak …"

Les Trois Châteaux

Marike van der Watt 2013-06-17 "Ek kruip onder Lukas se blad in en huil oor rooi papawers tussen die varsgroen graan, oor swart-en-wit houtraamhuise wat meer as vyf eeue oud is, [...] oor Oxford se keisteenstrate waaroor studente drentel asof dit Victoriastraat in Stellenbosch is."

KZ Mauthausen

Anton Döckel 2013-06-17 "Die ingang na die Mauthausen-kamp is 'n groot boog met 'n dubbele houthek in 'n grimmige netjiese muur van granietklip. Die Nazi-embleem van die arend wat bo die hek in yster gemonteer was, is deur die vrygelate gevangenes afgebreek, [...]"

Die halfmens-boom

Joanita Erasmus-Alt 2013-06-17

“Pa, watse snaakse bome is dit?” het ek gevra toe ons jare gelede die eerste keer hierdie pad gery het.

“Dis die halfmens-boom,” het Pa geantwoord.


Die reisgenoot

Joanita Erasmus-Alt 2013-06-17

"Tydens ons gedeelde nagtelike busrit-ure vertel sy my van haar reise. Oostenryk, Hongarye, Tsjeggië ... altyd Europa. Sy het geen begeerte om Amerika of Australië of Nieu-Zeeland te besoek nie, sal sy altyd sê. Wanneer ons na 'n jaar weer ontmoet, is ek opnuut verbaas oor hoeveel ervarings sy intussen opgedoen het en op watter ver paaie sy was."

Gesprek

Joanita Erasmus-Alt 2013-06-17

"By die stasie in Siebensterngasse het hulle opgeklim. Die ou dame met die hond. Die trem was vol. Sy het na een van die leerhandvatsels bokant haar kop gereik. Die hond was so styf teen haar aangedruk dat dit moeilik was om tussen pelsjas en hond te onderskei. Ek het opgestaan en beduie dat sy moes sit. Die verrimpelde gesig het in ’n dankie vertrek. Ek het geweet dat sy die een was."


Molopo

Elsa van der Watt 2013-06-17

Sy sit onder 'n matloppieboom en staar na die lae swarthaak- en sekelbosruigtes voor haar. Van duisende koringkrieke wat in hulle takkies rondklim en skril en eentonig skree, bewe die bossies. Sy skud haar hare ongeduldig agteroor. Dawid kom nie, hy bel nie, skryf nie. Dit is 'n voldonge feit wat sy moet aanvaar.

My reis met boeke

Stef Delport 2013-06-17

"Desiderius Erasmus, die ou Nederlandse filosoof, het al honderde jare gelede gesê dat wanneer hy geld kry, hy heel eerste boeke koop. Indien daar iets oorbly, koop hy kos en klere."

Festival voor het Afrikaans 2013 in volle swang

2013-06-14 Die Festival voor het Afrikaans is van 13 tot 16 Junie 2013 in volle swang. Hier is foto's van gisteraand se optredes in De Melkweg (Amsterdam) en uittreksels uit die feesprogram. Die feestelikheid duur die res van die naweek in Den Haag voort.

zamazama-pleidooi

Jacobus Faasen 2013-06-14 was’k ma’ “Boesman”, San, oer-indigeen,
ver innie ou Kaalhari, sonn’r grot, skuil’ng,
sou’k, Self, op papsak-sjamaanskap steun,
sonn’r oorwinn’ng, of G’wete-oorwinn’ng

Oor homoseksuele huwelike en kinderaanneming

Kobus de Klerk 2013-06-14 Die media gons weer deesdae oor die onderwerp.

Ope brief aan mnr Williams

Reusedwerg 2013-06-14 Daar sit ek toe my poot weer in dit. Ek verwerdig my om iets oor mnr Williams se briefie te seg.

Ware gelowiges en ware ongelowiges (Fundamentaliste)

CorneliusHenn 2013-06-14 Ek het al menig maal gewonder; hoekom soveel mense aan fundamentalisme deel as dit dan kwansuis so problematies en ontwrigtend in die lewe is?
Top