
Die twee en twintig jarige Kapenaar Loki Rothman sal die 2de Oktober op Die Boer se verhoog verskyn vir 'n solo optrede. Sy debuut enkelsnit, wat hy self geskryf het, "Light these fires" het die afgelope tyd die radio golwe laat gons. Dit het no.3 op KFM/Highveld se Top 40 bereik en geklim tot by no.1 op Bokradio se top 40.
In 2009 het Loki deur gedring tot die finale top 6 van SA's Got Talent met sy betowerende kitaar spel. Hy het al die verhoog gedeel met verskeie top Suid Afrikaanse kunstenaars naamlik Jack Parow, Fokofpolisiekar en Die Heuwels Fantasties om 'n paar te noem.
Wanneer hy nie op die verhoog is nie spandeer hy sy tyd deur musiek te skryf en te vervaardig saam met SAMA bekroonde vervaardiger Justin De Nobrega. Loki het al musiek geskryf vir onder andere Toya Delazy, Jack Parow, Die Antwoord en Matthew Gold
Hy dra ook sy passie vir musiek aan ander oor deur kitaarlesse aan te bied. Sy kenmerkende manier van kitaar speel is sy handelsmerk wat hy meng met bekende genres soos pop, rock, jazz, blues, flamenco en klassiek.
Kaartjies is R100 en beskikbaar by 021 979 1911 of 0834060111

