Etienne Viviers2017-04-20Wat op des aarde beteken "hoogdrawende strooimanrepliek"? Daar was nie 'n "strooiman" waarmee Muller gestry het nie. Hy het met Van Niekerk gestry. En daar is ook niks fout met "hoogdrawend" skryf nie. Jan Alleman se taal is nie noodwendig die ware taal n
Hans Richardt2017-04-20Angus, wat is die politieke beleid in SA? Sal jy dit as demokratiese nasionale sosialisme of konserwatiewe nasionale sosialisme beskryf? Die hordes opposisie-partytjies baklei met ANC oor hoe die ANC hul eie beleid toepas. Hoe sal jy Angus, in goeie taal
Adele2017-04-20My dogter in gr7 het vir die eerste in haar skoolloopbaan wiskunde gedruip. Die rapport moet hoërskool toe gaan vir inskrywing maar ek bekommer my baie daaroor dat sy dalk gaan onsuksesvol wees einde van die jaar. Ek het haar reeds grR. teruggehou omdat
Hans Richardt2017-04-20Lees die aangehegte stuk of is jy net selektiewe leser? CBNC het saam met Nedbank so opinie gehad.
IMF verteenwoordig net deel van globale wêreld. Miskien is jou konsep kleiner van globale wêreld, gebaseer op idee dat jy westerling is en nie in Afrika
Pieta van den Heever2017-04-20Daar word die heeltyd gepraat van die gelowige se PERSOONLIKE verhouding met god! As dit so persoonlik is hoekom moet ek die heeltyd daarvan hoor? Ek het die laaste drie jaar die Afrikaner se ware kleure gesien, selfs binne my eie familie! Wat 'n slegte n
Gustaf Claassens2017-04-20Suid-Afrika is 'n Regstaat en sekularisme 'n onderdeel daarvan. Die land is nie 'n Christelike staat nie want sou dit wees, sal die sosiale konstruksie ten opsigte van die uitoefening daarvan hoofsaaklik aan die hand van Christelike waardes beoordeel en t
Annora Eksteen2017-04-20Hierdie vertoning was so pragtig. Die tweelingsussies het 'n verruklike meelewende musikale aanvoeling vir mekaar en hulle program was treffend, ontroerend en ook blymoedig. Die stemme, klawers en ander klankinstrumente was 'n genot vir hulle vaardigheid
Linda de Jager2017-04-20Ek is op soek na Partytjies is Pret nr 1 en 2 deur Arina du Plessis en Bernice van der Merwe. Ek het die vir seuns en dogters nr 3 en 4.
Waar kan ek dit baie dringend in die hande kry? Kan iemand my asseblief dringend kontak met die inligting.
Baie dan
Nadine Hamaekers2017-04-20Lieve Annari en Du Preez
Ik wil jullie nogmaals hartelijk bedanken voor jullie bezoek aan onze school campus de helix. De leerlingen vonden het heel fijn en interessant. Als ze nu aan Zuid-Afrika denken, dan denken ze aan jullie, twee bijzondere, getalen
Gustaf Claassens2017-04-20SOET IS DIE STRYD
ID du Plessis
"Jy sê die stryd is verlore,
Ons nasie te arm en klein,
Ons taal uit 'n drang gebore
Wat een van die dae verdwyn?
My broer, dit mag heeltemal waar wees.
Wie weet wat die toekoms gaan baar?
Miskien moet ons oormô
Johannes Comestor2017-04-20Inaggenome die toestand waarin die land, insluitende die plaaslike akademiese lewe, sedert 1994 verval het, is dit verblydend dat daar uitsluitlik Afrikaanse voordragte by hierdie byeenkoms gelewer gaan word. Terloops, wêreldburgerskap is idiomatiese bee
kla-kous2017-04-20Ek stem saam dat die doodsklok vir Afrikaans ook die einde is van die ander inheemse tale.
Mnr Heunis doen 'n oproep onder andere op sakelui om hul stem te laat hoor. Van sakelui kan jy niks verwag nie. Hulle dien net een god. Vir die wat so graag apa
Johannes Comestor2017-04-20'n Nugtere, ewewigtige redevoering. Drie opmerkings. (1) #WMW: Wim moet weg. (2) Fort Hare eerder as die US is die aangewese plek vir die uitbouing van Xhosa as akademies-wetenskaplike taal. (3) Druk moet op Het Jan Marais Nationale Fonds geplaas word om
alta labuscagne2017-04-20Dit voel vir my of 'n sekere uitgediende rassistiese nasionalisme ons taal geskaak het ... en ja, it is dying ... 'n uitgerekte marteldood.
Wilhelm Fourie2017-04-20Net oor die aanhaling van Jannie Mouton: Is ons in die Middeleeue waar daar 'n denk- en spraakverbod is? Mag 'n mens nie meer 'n opinie hê nie? Ek kan my nie indink dat PSG se aandeelhouers skielik almal hulle aandele gaan verkoop as Jannie Mouton hom vi
Hans Richardt2017-04-19Vir Angus, deel van die verdraaide geskiedenis en verdeelde politieke partye is dat niemand vir hul eie propaganda-agenda, eenvormigheid in geskiedenis of sinvolle politieke doelwitte kan hê nie.
As SA nie "slegte kolonialisasie geskiedenis" het nie,
Helize van Vuuren2017-04-19TRISTIA IN PERSPEKTIEF (1989, Vlaeberg, uit druk) volledig en gratis hier aflaaibaar as hulpmiddel bY TRISTIA (1962):
https://www.academia.edu/24317115/Tristia_in_perspektief
Wim Kotze2017-04-19Hi Livy, soos ek geskryf het, het Krotoa Nederlands aan huis van die Goewerneur geleer en soms as tolk opgetree. Dit is dus hoogs onwaarskynlik dat sy 'n hedendaagse brabbeltaal sou gebruik het. Jy skryf hierbo dat jou pa 'n Coetzee was: dit maak ons wa
Frik Lotz2017-04-19Reusedwerg, stem saam met dit wat jy sê in jou kommentaar. Ja, dis ’n tyd in ’n ou se lewe wat jy altyd sal onthou en mens kan nie eintlik dit verduidelik aan iemand wat nie deel daarvan was nie. Die wêreld van vandag is ook ’n ander plek wat ’n
Hans Richardt2017-04-19Wat duidelik is, is dat die Hollandse regering nie die kolonialisasie aan Kaap gedoen het nie. Die "goewerneur" was maatskappybestuurder. Die Engelse term "mercenaries" is van beter toepassing met VOC.
Die Britse goewerneur was 'n politieke regerings-aa
Angus2017-04-19Beste Hans,
Ek het nie om resep-antwoorde gevra nie. Ek het om duidelike Afrikaans gevra, waar die een sin logies by die ander inskakel, sodat ek ook kan verstaan wat jy besig is om te sê.
Groete,
Angus
Jan Rap2017-04-19Nie te onaardige stelling nie ... alhoewel, as 'n wese intelligent ontwikkel het, kan einste deur fiksie en versinsels versmoor word? Hy's mos bedag daarop of hoe?
Angus2017-04-19Beste Jan,
Dan sal jy moet inlig hoe ʼn mens ʼn tipiese Afrikaner kan uitken.
Volgens jou lyk dit my ek is veilig. Ek beskou myself as Afrikaanssprekend, en het geen voordeel getrek uit enige regstellende aksie nie. Om die waarheid te sê, ek ly erg daa
LitNet2017-04-19Hallo Stephnie, ja, jy moet 'n kwalifikasie hê. Kontak byvoorbeeld jou naaste universiteit van tegnologie en doen navraag oor diplomakursusse in die preprimêre onderrig - of vind uit by 'n Opvoedkunde Departement by 'n universiteit. Groete, Naomi Meyer,
Loretta Pienaar2017-04-18Tragies. Breek my hart. Ek sit in Engeland. Ek verlang - om my mense te sien en te hoor. My grootoom was Japie Greyling, die Brawe Boertjie. Ek sien daar word gepraat dat Europa die Suid-Afrikaners wat wil moet burgerskap gee in die land van hulle afkoms.
Loretta Pienaar2017-04-18⭐️⭐️⭐️⭐️⭐️Briljant, Wouter. Donkiejare terug het ek saam met jou in Die Tuine klas geloop. Veels geluk. Dit verdien jy regtig. Groete.
Loretta Pienaar
Hans Richardt2017-04-18Angus, die jonges van 1994 het 'n visie gehad. 23 jaar later, het die sg vrygeborenes 'n ander visie in 'n totaal ander geo-politieke wêreld, as wat omstreeks 1994 bestaan het.
Dink jy werklik dat partye se leiers nog hul retro-visies uit 1994 kan afdr
Hans Richardt2017-04-18Gustaf Claassens, ek het nie bedoel dat om enige besondere politieke party te bevorder nie. Ek verwys eintlik na die taktiek van "divide and rule"/verdeel en oorheers! Presies wat gebeur as daar 150 geregistreerde politieke partye is en omtrent 30 op stem
Hans Richardt2017-04-18In SA het die ou spreekwoord van "as is verbrande hout" die realiteit geword.
As jy dit of dat doen ...?
IF you do this or that ...?
Wat het van die doeners geword, ons sit met nasionale krisis van Verbale Diarree.
Hans Richardt2017-04-18Werklik Angus, verwag jy nou resep-antwoord op my eie vraag? Dis mos die demokratiese bestuurstyl wat verwag jy moet antwoord en oplossing gee vir jou eie probleem, juis omdat mense in mag nie ander kan bemagtig nie weens 'n gebrek van onbekende aard.