Annora Eksteen2017-04-20Hierdie vertoning was so pragtig. Die tweelingsussies het 'n verruklike meelewende musikale aanvoeling vir mekaar en hulle program was treffend, ontroerend en ook blymoedig. Die stemme, klawers en ander klankinstrumente was 'n genot vir hulle vaardigheid
Linda de Jager2017-04-20Ek is op soek na Partytjies is Pret nr 1 en 2 deur Arina du Plessis en Bernice van der Merwe. Ek het die vir seuns en dogters nr 3 en 4.
Waar kan ek dit baie dringend in die hande kry? Kan iemand my asseblief dringend kontak met die inligting.
Baie dan
Nadine Hamaekers2017-04-20Lieve Annari en Du Preez
Ik wil jullie nogmaals hartelijk bedanken voor jullie bezoek aan onze school campus de helix. De leerlingen vonden het heel fijn en interessant. Als ze nu aan Zuid-Afrika denken, dan denken ze aan jullie, twee bijzondere, getalen
Gustaf Claassens2017-04-20SOET IS DIE STRYD
ID du Plessis
"Jy sê die stryd is verlore,
Ons nasie te arm en klein,
Ons taal uit 'n drang gebore
Wat een van die dae verdwyn?
My broer, dit mag heeltemal waar wees.
Wie weet wat die toekoms gaan baar?
Miskien moet ons oormô
Johannes Comestor2017-04-20Inaggenome die toestand waarin die land, insluitende die plaaslike akademiese lewe, sedert 1994 verval het, is dit verblydend dat daar uitsluitlik Afrikaanse voordragte by hierdie byeenkoms gelewer gaan word. Terloops, wêreldburgerskap is idiomatiese bee
kla-kous2017-04-20Ek stem saam dat die doodsklok vir Afrikaans ook die einde is van die ander inheemse tale.
Mnr Heunis doen 'n oproep onder andere op sakelui om hul stem te laat hoor. Van sakelui kan jy niks verwag nie. Hulle dien net een god. Vir die wat so graag apa
Johannes Comestor2017-04-20'n Nugtere, ewewigtige redevoering. Drie opmerkings. (1) #WMW: Wim moet weg. (2) Fort Hare eerder as die US is die aangewese plek vir die uitbouing van Xhosa as akademies-wetenskaplike taal. (3) Druk moet op Het Jan Marais Nationale Fonds geplaas word om
alta labuscagne2017-04-20Dit voel vir my of 'n sekere uitgediende rassistiese nasionalisme ons taal geskaak het ... en ja, it is dying ... 'n uitgerekte marteldood.
Wilhelm Fourie2017-04-20Net oor die aanhaling van Jannie Mouton: Is ons in die Middeleeue waar daar 'n denk- en spraakverbod is? Mag 'n mens nie meer 'n opinie hê nie? Ek kan my nie indink dat PSG se aandeelhouers skielik almal hulle aandele gaan verkoop as Jannie Mouton hom vi
Hans Richardt2017-04-19Vir Angus, deel van die verdraaide geskiedenis en verdeelde politieke partye is dat niemand vir hul eie propaganda-agenda, eenvormigheid in geskiedenis of sinvolle politieke doelwitte kan hê nie.
As SA nie "slegte kolonialisasie geskiedenis" het nie,
Helize van Vuuren2017-04-19TRISTIA IN PERSPEKTIEF (1989, Vlaeberg, uit druk) volledig en gratis hier aflaaibaar as hulpmiddel bY TRISTIA (1962):
https://www.academia.edu/24317115/Tristia_in_perspektief
Wim Kotze2017-04-19Hi Livy, soos ek geskryf het, het Krotoa Nederlands aan huis van die Goewerneur geleer en soms as tolk opgetree. Dit is dus hoogs onwaarskynlik dat sy 'n hedendaagse brabbeltaal sou gebruik het. Jy skryf hierbo dat jou pa 'n Coetzee was: dit maak ons wa
Frik Lotz2017-04-19Reusedwerg, stem saam met dit wat jy sê in jou kommentaar. Ja, dis ’n tyd in ’n ou se lewe wat jy altyd sal onthou en mens kan nie eintlik dit verduidelik aan iemand wat nie deel daarvan was nie. Die wêreld van vandag is ook ’n ander plek wat ’n
Hans Richardt2017-04-19Wat duidelik is, is dat die Hollandse regering nie die kolonialisasie aan Kaap gedoen het nie. Die "goewerneur" was maatskappybestuurder. Die Engelse term "mercenaries" is van beter toepassing met VOC.
Die Britse goewerneur was 'n politieke regerings-aa
Angus2017-04-19Beste Hans,
Ek het nie om resep-antwoorde gevra nie. Ek het om duidelike Afrikaans gevra, waar die een sin logies by die ander inskakel, sodat ek ook kan verstaan wat jy besig is om te sê.
Groete,
Angus
Jan Rap2017-04-19Nie te onaardige stelling nie ... alhoewel, as 'n wese intelligent ontwikkel het, kan einste deur fiksie en versinsels versmoor word? Hy's mos bedag daarop of hoe?
Angus2017-04-19Beste Jan,
Dan sal jy moet inlig hoe ʼn mens ʼn tipiese Afrikaner kan uitken.
Volgens jou lyk dit my ek is veilig. Ek beskou myself as Afrikaanssprekend, en het geen voordeel getrek uit enige regstellende aksie nie. Om die waarheid te sê, ek ly erg daa
LitNet2017-04-19Hallo Stephnie, ja, jy moet 'n kwalifikasie hê. Kontak byvoorbeeld jou naaste universiteit van tegnologie en doen navraag oor diplomakursusse in die preprimêre onderrig - of vind uit by 'n Opvoedkunde Departement by 'n universiteit. Groete, Naomi Meyer,
Loretta Pienaar2017-04-18Tragies. Breek my hart. Ek sit in Engeland. Ek verlang - om my mense te sien en te hoor. My grootoom was Japie Greyling, die Brawe Boertjie. Ek sien daar word gepraat dat Europa die Suid-Afrikaners wat wil moet burgerskap gee in die land van hulle afkoms.
Loretta Pienaar2017-04-18⭐️⭐️⭐️⭐️⭐️Briljant, Wouter. Donkiejare terug het ek saam met jou in Die Tuine klas geloop. Veels geluk. Dit verdien jy regtig. Groete.
Loretta Pienaar
Hans Richardt2017-04-18Angus, die jonges van 1994 het 'n visie gehad. 23 jaar later, het die sg vrygeborenes 'n ander visie in 'n totaal ander geo-politieke wêreld, as wat omstreeks 1994 bestaan het.
Dink jy werklik dat partye se leiers nog hul retro-visies uit 1994 kan afdr
Hans Richardt2017-04-18Gustaf Claassens, ek het nie bedoel dat om enige besondere politieke party te bevorder nie. Ek verwys eintlik na die taktiek van "divide and rule"/verdeel en oorheers! Presies wat gebeur as daar 150 geregistreerde politieke partye is en omtrent 30 op stem
Hans Richardt2017-04-18In SA het die ou spreekwoord van "as is verbrande hout" die realiteit geword.
As jy dit of dat doen ...?
IF you do this or that ...?
Wat het van die doeners geword, ons sit met nasionale krisis van Verbale Diarree.
Hans Richardt2017-04-18Werklik Angus, verwag jy nou resep-antwoord op my eie vraag? Dis mos die demokratiese bestuurstyl wat verwag jy moet antwoord en oplossing gee vir jou eie probleem, juis omdat mense in mag nie ander kan bemagtig nie weens 'n gebrek van onbekende aard.
Reusedwerg2017-04-18Hans, moenie alleen voel nie. Dit is egter onrusbarend dat die landjie van ons se ekonomie wat vir 342 jaar bestaan het binne 22 jaar na rommelstatus afgradeer is. Ek weet nie wat om daaroor te sê is of dink nie. Ekonome is die ouens wat volgens my die m
Reusedwerg2017-04-18Frik, ja. Deesdae is ons wat in die weermag was soos die familielid wat in die tronk sit. Jy is nog lief vir hom maar praat nie daaroor nie. Daar was 'n stadium, ek glo nie meer so erg nie, dat elke ou 'n "spes magte" lid was. Ek het vriende gemaak met 'n
Ira Breed2017-04-18Weereens en van Harte...DANKIE vir die heerlike, lewendige toerbeskrywing! Dit word net al lekkerder en ons wens dit wil asseblief tog nie ophou nie!
Amourie Wortmann2017-04-17Ek vind dit altyd interessant dat die persone wat die leesboek vir die kinders moet kies of die meeste kritiek op die keuse van 'n leesboek vir die jeug lewer, die onderwysers is wat nie meer kinders in die huis het nie of ook nie kleinkinders het wat lee
Angus2017-04-17Beste Hans,
Kan jy asseblief met bogenoemde skrywe van jou die kloutjie darem by die oor kry in eenvoudige Afrikaans? Wat het verdraaide geskiedenis met hordes partytjies te make? Is die spul so dik gesuip dat hulle dan die volgende dag liewer wegbly van