Teater
Theatre columns, reviews and interviews
Persverklaring: Gratis teater stel Suidoosterfees NATi Jong Sterre bekend
2024-10-16Teaterliefhebbers kan Vrydag 18 Oktober die hele dag lank gratis teater beleef en Suid-Afrika se nuwe dramaturge se werk aanskou.
Press release: My left breast at the Baxter Masamba theatre, 10–24 October 2024
2024-10-11The internationally acclaimed one-woman play My left breast, starring Shannon Esra, the award-winning television, film and stage actress will be running at the Baxter Masambe theatre from 10 to 24 October 2024 at 19:00 with Saturday matinees at 15:00.
Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Die stoele – ’n Instagram-resensie
2024-10-09"Hierdie teks, deur Eugène Ionesco, is hoogs metaforiese, diep en propvol betekenis. En tog kan elke gehoorlid wegloop met hul eie, persoonlike boodskap. Dit gee mens heelwat om oor te dink. Dit is ’n waagstuk – met meesterlike optredes deur Antoinette Kellerman en Chris van Niekerk en regie deur Marthinus Basson. En die sukses van die stuk wys dat dit die moeite werd is om kanse te neem in kuns."
Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Vier Panado’s en ’n chardonnay – ’n Instagram-resensie
2024-10-09"Zietsman en haar pianis, Tony Bentel, is treffend mooi in hul skitterende Cabaret-geïnspireerde kostuums. Hulle gemak met en vertroue in mekaar is duidelik en verfrissend. Tegnies is die musiek indrukwekkend. Zietsman se sang is diep, roerend en moeiteloos. Soms doelbewus nie-te-perfek-nie. Skrywer en regisseur Johan Slabbert het ’n ongelooflike teks geskryf wat klassieke treffers met persoonlike stories uit Zietsman se lewe kombineer."
Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: The return of Elvis du Pisani – an Instagram review
2024-10-09"Eddie du Pisani’s life has not turned out the way he had planned (sounds familiar?), and he is hanging on to a last string of hope. While questioning his own existence, purpose and will to live, he returns to the lamppost in Witbank that he had visited once before on a fateful night that changed his life forever. As he detours through childhood memories, his first love, his emulation of Elvis and the events that led him to this very place, he re-enacts heartbreaking memories."
Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Op die hoek van Styx en River is Nora per abuis met die dood oorgeslaan – ’n Instagram-resensie
2024-10-09"Is dit ’n outydse allegoriese stuk? Abstrakte teater aangepas vir ’n moderne gehoor? Dit is definitief ’n interessante stuk. Die konsep self het soveel potensiaal: ’n reis na die hiernamaals waartydens Nora se lewe deur verskeie karakters gemeet en beoordeel word. En sy moet ook vir haarself besluit wat haar lewe werklik werd was."
Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n Begin – ’n Instagram-resensie
2024-10-09"Dit is ’n slim teks wat subtiel op die been gebring is – die tipe stuk waardeur jy lag terwyl jy eintlik wil huil oor hoe naby dit aan die werklikheid is. ’n Persoonlike gunsteling by die fees."
Toyota Stellenbosch Woordfees: Hoe mooi val die lig – ’n resensie
2024-10-08"Die narratief van Sand en die musiek van die geniale Poolse komponis dans om die ore. Chopin word beliggaam deur Dias en 'praat' deur sy musiek. Treffende silhoeëtte van Sand in haar manelpak en silinderhoed word geskets deur slim beligtingskeuses."
Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n oorsig
2024-10-08"Die 2024-Toyota Stellenbosch Woordfees wat vanjaar met die feestema van #speel gespog het, was weer dié kulturele samekoms waaroor almal nog lank gaan gesels. Daar was meer as 400 unieke produksies wat in ongeveer 60 venues in en om Stellenbosch aangebied is en het elke moontlike kunsvorm – van dans tot boekgesprekke; kunsrondleidings tot wynskole; klassieke musiek tot komedie – ingesluit."
Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: The king of broken things – an Instagram review
2024-10-08"Can broken things, broken hearts, broken people be mended? And if so, do you repair them to the state they were in before breaking? Perhaps it is stronger or better if the item finds a new purpose."
Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Exit/Exist – an Instagram review
2024-10-08"The dancing was performed with an ease that made me feel almost like I was watching him dancing in his own home. It was intimate and mesmerising. The African influence in the music and set, the use of sand and liquid to create strong visuals and the unbelievable voices of the quartet accompanying Maqoma are all locked in my memory."
Aardklop: die hartsfees wat nog altyd klop met betowering en uiteenlopendheid
2024-10-04"Hierdie jaar het weer sy eie magic gebring. Musiek, komedie en debuutdramas van die beste gehalte. Die program was ontsettend mooi gebalanseerd en net groot genoeg om seker te maak almal kry ’n stukkie van die pie. Daar is vir my niks lekkerder as vol sale en uitbundige gehore wat na die tyd verstom na hulle motors toe loop nie."
Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n Lewe in die dag van ’n vrugtevlieg, en so meer: Die ongewerwelde-trilogie – ’n resensie
2024-10-04"Dié wat bekend is met Pretorius se werk, soos Klara Maas se hart is gebreek, sal die trilogieformaat herken. Die stories is as volg: Dié van ’n vrugtevlieg wat vir die eerste keer tienerliefde voel toe hy van aangesig tot aangesig kom met Timothée Chalamet. Dan die boudoireske mot wat vertel oor haar vlietende liefde met ’n kers, en Andries die Reën Spinnekop, ’n recovering alcoholic wat ’n tweede kans kry dmv tap dancing."
Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Hoe het dit skielik laat geword? – ’n resensie
2024-10-03"Die eteriese eggo’s van die openingsmelodie hang in die lug soos die frase 'Hoe het dit skielik laat geword' oor en oor herhaal word. Met elke frase verskuif die harmonielyn effe, ’n doelbewuste dissonansie wat ’n gevoel van leegheid skep. Op die skerm sweef sterrestelsels, en ek dink: As ons aan die einde van die heelal kom, en daar is net dié musiek en die woorde van Olga Kirsch, kan ek in vrede heengaan."
Momentum Beleggings Aardklop 2024: Laaitie mettie biscuits, ’n kort resensie
2024-10-03"Nathaniel was ’n 16-jarige seun met Down se sindroom, en is na bewering meters van sy huis af in Eldoradopark deur die polisie doodgeskiet. Die saak is nog nie afgehandel nie."
Tieners skitter in #Simbiose-toneelkompetisie: ’n oorsig van die ATKV se top 10 produksies
2024-10-02"’n Hond is die mens se beste vriend. Só lui die spreekwoord. Maar vir Sebastian en Spot is dié woorde in oortreffende trap van toepassing. Hulle doen alles saam. Spot wag heeldag vir Sebastian se tuiskoms. Hy is meer as Sebastian se hond; hy is sy beste vriend, sy kameraad, sy vertroueling." Vir Spot, die ATKV-tienertoneelwenproduksie, is ook vanjaar by die Toyota Stellenbosch Woordfees te sien.
Hollywood at Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Glitz, glam and razzle-dazzle – an Instagram review
2024-10-01"Old-style glam, new celebrity, tragedy behind closed doors, red carpets, a pocket full of dreams and a long line of rejection – these are the overarching themes of Hollywood, a dance production performed by Lamta students at this year’s Woordfees. It is, in summary, a whole lot of fun – an easy-to-watch showcase of talent, skill and performance styles."
Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Othello – an Instagram review
2024-10-01"All the cast deliver solid performances, with many playing dual roles effortlessly. The interweaving of languages is also used poetically throughout the performance and adds another layer to an already musical script."
Persverklaring: WKOD vat hande met Proscenium en kunstefeeste
2024-09-30Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) het hande geneem met die Proscenium-dramakompetisie wat vanjaar vir hoërskoolleerders van graad 8 tot 12 aangebied is. Die departement brei die kompetisie uit met ’n projek wat drama-onderwysers se lewens in die klaskamer maklik en gerieflik sal maak. Gratis opvoerings van die dialoë, met die jong akteurs wat ook in die video’s gaan verskyn, word tydens die Toyota Stellenbosch Woordfees vanaf 30 September tot 2 Oktober by Hoër Meisieskool Bloemhof op die planke gebring.
Die koning se bruid by Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n resensie
2024-09-30"In hierdie pryswennerstudenteproduksie word verwagtinge op hul kop gekeer. Deur die loop van die kort toneelstuk wonder mens telkens hoe dit sal eindig. Elkeen van my raaiskote was verkeerd."
