Skryfwerk
Lees oorspronklike kortverhale, gedigte, lirieke en essays hier. Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
Slegs oorspronklike skryfwerk, wat nog nie voorheen in druk of op enige sosiale media platform verskyn het nie, sal oorweeg word.
LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
...
Read original short stories, poetry, lyrics and essays here. Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
LitNet only accepts an author’s original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
Maanskyn, maagdelikheid en die ophef van rokkies: ontmoet Die Skynmaagde
2012-04-19 Die Skynmaagde is die mees gewilde postapokaliptiese Afrikaanse folk-grunge band in die hele wêreld. Hulle is ook waarskynlik die enigste postapokaliptiese Afrikaanse folk-grunge band in die wêreld. Bibi Slippers gesels met Henry Cloete en Wilken Calitz, die breine agter die lirieke en die vingers op die snare.Pelgrimstog
2012-04-19 Dis nog skemervroeg die Saterdagoggend toe Bohuslav my wakker maak vir ons reis na Tabor. Hy is ’n oggendmens, ek nie. Hy moet my dus aanjaag sodat ons betyds by die bus op die dorpsplein kan wees. Gelukkig het die ander reisigers alreeds hulle sitplekke in die voorste gestoeltes ingeneem, sodat ek op die lang agterste sitplek verder kon slaap tot dagbreek.Tulp
2012-04-19 Wat is dit wat die kleure in tulpe laat uitvlam? Johann de Lange het meer as een antwoord.World Book Day 2012: Catherine Grenfell picks a character
2012-04-19 If you could be any character in a book, who would you be and why?World Book Day 2012: Tim Zunckel picks a character
2012-04-19 If you could be any character in a book, who would you be and why?World Book Day 2012: SeanO picks a character
2012-04-19 If you could be any character in a book, who would you be and why?Vervaldatum-kompetisie: Onder die kloktorings van Santissima Trinità dei Monti
2012-04-18 Dis eers wanneer sy die foto’s op die skerm vergroot dat sy die detail tussen al die strukture opmerk: skulpmotiewe bo vensterkosyne, duiwe op ’n daklysie, ’n wolkstreep in die lug, die blinde oog van die kloktoring.Vervaldatum-kompetisie: Valentynsdag het verval
2012-04-18 Dis Saterdagoggend, die mall is so besig soos ’n sopkombuis en in elke winkel is daar lang rye mense wat by die betaalpunte toustaan om die laaste winteruitverkoping-specials met hulle kredietkaarte te betaal. Ek is haastig. Dis my af naweek. Gerhard het gaan visvang saam met sy seun en dis my naweek van “me time” met ’n groot uitroepteken agterna!Vervaldatum-kompetisie: Vergifnis sonder vervaldatum
2012-04-18 Hoe kon hy dit doen? Hoe? vra Liza vir die soveelste keer die vraag in haar gedagtes. Sy wou net die beste vrou en ma wees. Sy onthou toe hulle tien jaar gelede ontmoet het. Dit was liefde met die eerste oogopslag. Almal vertel tot vandag toe watter pragtige paartjie hulle is. Straal altyd van geluk. Veral nadat hulle na ses jaar geseën is met ’n pragtige, gesonde dogtertjie.Vervaldatum-kompetisie: Môre is nog ’n dag
2012-04-18 “Ek wil weet wat jy gaan doen.” Maggie staan hande in die sye.“Ek dink nog.”
“Ek dink jy dink te lank,” wip sy haar en slaan die glasdeur van die kantoor agter haar toe.
Ciska sluit haar oë en wag vir die slae in haar kop om op te hou tamboer. Maggie is reg. Dit was slegs die derde keer dat dit gebeur het, maar almal was in die afgelope jaar.
Wêreldboekedag | World Book Day
2012-04-18 Ter viering van wêreldboekedag het LitNet bekendes gevra watter fiktiewe karakter uit ’n boek hulle graag sou wou wees, en waarom. | In celebration World Book Day LitNet asked a few well-known book lovers which fictional character from a book they would like to be, and why.Sesde Winterskool, Eenheid vir Kreatiewe Skryfkuns, UP | Sixth Winter School, Unit for Creative Writing, UP
2012-04-13 Die Eenheid vir Kreatiewe Skryfkuns aan die Universiteit van Pretoria bied sy sesde Winterskool aan tydens die week van 26 - 29 Junie 2012 op die Hatfieldkampus van UP. | The Unit for Creative Writing at the University of Pretoria presents its sixth Winter School for beginner and advanced writers on the Hatfield campus of UP between 26 - 29 June 2012.Ingrid Jonker gedigte-aand | Ingrid Jonker Poetry Evening
2012-04-13 Simone Jonker en Cathy de Villiers nooi u vriendelik uit na ‘n Ingrid Jonker gedigte-viering. | Simone Jonker and Cathy de Villiers cordially invite you to an Ingrid Jonker poetry celebration.Vervaldatum-kompetisie: Agter die bamboesgordyn
2012-04-12 Ek is gewoond om geluide te hoor deur die dun mure tussen my en my bure – die klak-klak van die vrouens se hoë hakke op die marmertrappe, my buurman langsaan wat elke oggend vreugdevol sing in die stort, die geluid van paartjies wat liefde maak, kinders wat lag, televisies wat irriterend hard aan is – maar vannag is die geluid onheilspellend.Poetry in motion (of iets van die geaardheid)
2012-04-12 Dis dalk bietjie laat om dit nou agter te kom, maar blykbaar is April (ten minste in Amerika) National Poetry Month. Hierdie projek om poësie te bevorder is in 1996 deur die Academy van stapel gestuur en word wyd gevier deur skrywers, uitgewers, lesers, boekverkopers en sekerlik ook honde, katte, hase en voëltjies oral oor Amerika. Bibi Slippers deel 18 (gesteelde) idees om poësie deel te maak van jou alledaagse lewe.keiserstrand-tafoni
2012-04-11 op die geologiese tydskaal van die heelalteel klip toe nie so swaar nie
neem dit die rotskus nie veel meer nie as ’n duisend jaar
om ’n paar meter terug te tree
Dis jou laaste kans om een van tien Kalahari.com-koopbewyse los te slaan!
2012-04-11 Maak gou – jy het net tot Vrydag dié week kans om die kitsvraelys te voltooi!Crime scene clean-up: Someone has to do it ...
2012-04-11 After the success of the Afrikaans edition, Bloedsusters, the English edition of this remarkable story, Blood Sisters, is now available in bookstores nationwide!& Union
2012-04-10 "Ted Hughes sou aanvoer dat dit in die sterre wasdat my Uranus en jou Venus daardie middag
in jukstaposisie was. Opperman en Louw
sou op Bittergenot se stoep sit en kla, kla, kla."
