dit is ’n tragedie om begrawe te word
in ’n belt wat jy selde gedra het
of die das waaroor niemand hoera nie
die kamer van ’n enkeling kon sy huisnooi niks vertel
nie ’n naam of nommer van ’n naasbestaande
geen geliefde uit die verlede nie
net die kamer se besettoon
kokkerotte in die kaste
het hy eerder ’n parakiet gehad
wat trane pik poseer vir die album

