Menings

LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.

Van Dakar tot Stellenbosch 30 jaar later

Jean Oosthuizen Menings 2017-06-25

"’n Hewige bekgeveg het die afgelope naweek tydens die laaste gesprek van die seminaar losgebars toe Breyten Breytenbach ’n knuppel in die hoenderhok gegooi het. In sy laaste toespraak het hy skerp te velde getrek teen die huidige stand van sake in die land."

Hunger eats a man: een recensie

Herman Meulemans NeerlandiNet 2017-06-23

"Veeleer dan een roman, is dit meesterwerk een sociografie van de bovenste plank. Twee leefgemeenschappen komen tot leven als fijne steentjes in een mozaïek, kleurig en vol contrast."

’n Nuwe era van onderwysaktivisme is nodig

Gert van der Westhuizen SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2017-06-22

"Onderwyskrisisse in Suid-Afrika, wat insluit die taalkrisisse, krisisse van kennisinhoude in kurrikula, krisisse van toegang en relevansie, gaan krisisse bly tensy die populasie iets daaraan doen, sou Chomsky gesê het."

Van rolkonflik tot regverdigheid in die gesin

Amanda Gouws Seminare en essays 2017-06-22

"Rolkonflik is vanuit ’n feministiese vertrekpunt ’n uitgediende konsep omdat dit inkoop in die idee dat daar spesifieke rolle vir mans en vroue is en dat dit basies die binêre (twee-polige) verhouding tussen manlik  en vroulik versterk, eerder as bevraagteken."

Waterskaarste: Dibi Breytenbach se wenke

Dibi Breytenbach, Naomi Meyer Onderhoude 2017-06-22

"Wat in ons dorp opvallend was, was hoe vinnig die mense dissipline aangeleer het ten opsigte van waterverbruik toe die water heeltemal klaar geraak het. Ons het werklik nie ’n keuse gehad nie. Dis iets wat ons eintlik lankal moes geleer het, ter wille van oorlewing."

Die WAT dokumenteer Afrikaans in sy wydste omvang

Menán van Heerden, Gerda Odendaal Onderhoude 2017-06-22

"Oor die jare het die Buro van die WAT ook besondere moeite gedoen om soveel as moontlik voorbeelde van streektaal vir sy databasis te versamel ten einde ’n omvattender en meer verteenwoordigende dekking daaraan in die WAT te kan gee. Daar is onder andere kontak gemaak met verskillende gemeenskappe ten einde streektaal op te teken, en sedert die 1990’s word daar ook toenemend op die versameling van gesproke materiaal gefokus."

Dis mos tante Eva se skuld innie Bybel, maa wat van oem Adam?

Olivia M Coetzee Rubrieke 2017-06-21

“En dis ôs amal se plig om dit te maak stop! Soe as djy ken van ’n oem Adam, of djy sien of hoo van oem Adam ennie goed wat hy doen, niem aksie. Al is dit jou pa of jou man, offie pries, dit maakie saakie.”

Onvertelde stories: Noord-Kaapse mondelinge-oorlewering-projek

Menán van Heerden, Isabeau Botha, Janine Brown Onderhoude 2017-06-21

"Die opteken van mondelinge oorlewering speel ’n belangrike rol in die bewaring van ’n taal en sy geskiedenis, veral om voorheen onvertelde en ongedokumenteerde geskiedenisse in te sluit." Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) in die Paarl het van 8 tot 11 Mei 2017 die Noord-Kaap besoek om inwoners se stories op te teken. 

Afrikaanse mense se links en regs

Hans Pienaar Seminare en essays 2017-06-21

"As daar ’n Afrikaanse self is, is dit ’n gesplete self, want hoewel rasseverhoudinge onder wit en bruin Afrikaanspraters verreweg die mins gespanne is en die Afrikaanse taalgroep eintlik die verste gevorder het met integrasie, is daar nog diep klowe en ongelykhede tussen Afrikaanspraters en leef hulle nog grootliks net so apart as altyd."

PG du Plessis – die hoekwoord in Afrikaans se mooiste sin

Hans du Plessis In memoriam 2017-06-21

"Hy het verstaan wat min onder ons verstaan, want net iemand wat mense liefhet soos wat hy mense liefgehad het, kan hulle teken soos wat hy hulle geteken het."

Tyd vir ’n openlike gesprek oor vreemdheid en die ander

Bernard Lategan Seminare en essays 2017-06-20

"Sy opmerking bring egter ook ’n ander belangrike punt na vore wat in al hierdie gesprekke ’n rol speel, naamlik die onmoontlikheid om ten volle van die subjektiwiteit van al ons waarnemings en uitsprake te ontsnap." Bernard Lategan reageer op Johan Lemmer se kommentaar op sy LitNet Akademies-artikel.

’n Kortetjie (met erkenning) aan PG du Plessis

Leana Lategan In memoriam 2017-06-20

"Van sy pa het PG die heel eerste roeringe van die denker, of eensame  intellektueel, ervaar. Met hóm kon hy praat oor sy 'binnetwyfels', oor denkers en skrywers soos Milton, Keats, Shelley, Tennyson en Dickens."

"Gedeeld verleden, gemengd cultuur" – lezing 31 mei 2017, Tong Tong Fair, Den Haag

Dan Sleigh, Joris Cornelissen NeerlandiNet 2017-06-20

Dan Sleigh: "In ons gedeelde verleden is de Verenigde Oost-Indische Compagnie dé band die Indonesië, de Kaap en Nederland onderling verbindt." 

Herinneringe aan doktor PG

Temple Hauptfleisch In memoriam 2017-06-20

"En so begin vir my ’n genotvolle en langtermyn mentorsverhouding met een van die interessantste mense wat ek nog ooit mee te doen gehad het – ’n verhouding wat my lewe indringend sou verander en help rigting gee oor al die jare."

Politieke aspoestertjies

Jason Lloyd Rubrieke 2017-06-20

"Die politiek is uiters deurmekaar en vloeibaar, omdat politieke aspoestertjies soos Jacob Zuma, Mmusi Maimane en Helen Zille onder toenemende politieke beleg verkeer."

Programma: Week van de Afrikaanse roman 2017

Ingrid Glorie NeerlandiNet 2017-06-19

"Van vrijdag 29 september t/m zondag 8 oktober 2017 wordt in Nederland en Vlaanderen de derde Week van de Afrikaanse roman gehouden, een leesbevorderingscampagne die brede aandacht wil vragen voor Afrikaanstalige literatuur in Nederlandse vertaling."

Zille-gate: Die EFF sê dankie

Bettina Wyngaard Rubrieke 2017-06-19

"Die verkiesing is effektief op ’n silwerskinkbord aan die EFF gegee."

Protes teen die voorgestelde wysigings aan die Suid-Afrikaanse kopieregwet

Izak de Vries PEN Afrikaans 2017-06-17

"Die bestaande wetsontwerp is swak opgestel en het verreikende gevolge vir skrywers en uitgewers. PEN Afrikaans versoek dus alle belanghebbendes om hulself te vergewis van die erns van die saak."

Die jeugboek Anna Atoom, wetenskapfiksie en omgewingsgesprekke

Estelle Kruger, Henriëtte Loubser Kinderboeke 2017-06-15

"Niks verhoed ... die wetenskaponderwyser om fiksietekste soos die Anna Atoom-reeks, met die talle feiteblokke, in die klaskamer in te span nie."

My leeu van ’n vriend, Johann Botha

Johann Rossouw In memoriam 2017-06-15

"Johann se hele loopbaan staan in die teken van iemand wat uit onvoorwaardelike liefde vir hierdie lewe en hierdie land met al sy mense, diere en plante sy haas onuitputlike kennis oor hierdie dinge ter wille van geregtigheid en die groter goeie met sy luisteraars en kykers bly deel het."

Top