LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
|
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
|
||
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van geesteswetenskaplike aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.
Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) skakel nou met ons onderafdelings vir:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
- LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
- LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word.
- LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
- Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.
![]() |
Geesteswetenskappe-redakteur Francis Galloway (DLitt) E-pos: francis@litnet.co.za Bioskets |
Die Suiderkruisfonds as moreelbouer in die Suid-Afrikaanse samelewing tydens die Grensoorlog
2015-01-13"Hierdie artikel voer aan dat die Suiderkruisfonds sowel die impak van die dienspligstelsel op die burgerlike samelewing as die militêre samelewing versag het, samewerking en ’n eenheidsgevoel geskep het en, laastens, as moreelbouer gedien het."
Eugène N. Marais as redakteur van Land en Volk, 1890–1896
2014-12-16 Hierdie artikel ondersoek die redakteurskap van Eugène Marais, een van die eerste Suid-Afrikaanse joernaliste wat ondersoekende joernalistiek beoefen het en dit doeltreffend in sy kritiek aangewend het.Bernard Stiegler se teologie van skrif en die disoriëntasie van Westerse moderniteit
2014-12-09In hierdie opvolgartikel ontleed Johann Rossouw die breë argument van Bernard Stiegler se tweede vername werk, band twee van sy Tegniek en tyd-trilogie (1994, 1998, 2001), in Engels vertaal as Disorientation.
Nasiebou in 'n eenheidstaat versus die toekenning van groepregte: Diskoerse oor die akkommodering van diversiteit met spesifieke verwysing na Afrika en Suid-Afrika
2014-12-02Elirea Bornman fokus in haar artikel op nasiebou in ? eenheidstaat en die uitsluitlike toekenning van individuele regte versus stelsels vir die erkenning van groepregte in heterogene en diepverdeelde samelewings.
Die voormoderne en moderne tyd se stryd vir vrygeskepte skone kuns
2014-11-19 Frikkie Potgieter kom in sy artikel tot die gevolgtrekking dat diegene wat vrygeskepte kuns koester vandag die taak het om 'n ruimte vir sulke kuns te beding sonder om hulle tot essensialistiese argumente te wend aangesien sulke argumente betaalwaarde verloor het. Dít is een van die hooftake van die postmodernisme.Taalverskuiwing en taalhandhawing onder Afrikaanse ekspatriate
2014-11-11Hierdie artikel ondersoek die aard van taalverskuiwing en -handhawing wat voorkom onder Afrikaanssprekendes wat oor die wêreld heen geëmigreer het.
Die ontwikkeling van onderwysstudente se hoërorde kognitiewe vaardighede
2014-11-05 Hierdie navorsingsartikel ondersoek die wese van hoërorde kognitiewe vaardighede en die onderrigstrategieë wat dosente kan kombineer om onderwysstudente se hoërorde kognitiewe vaardighede te ontwikkel sodat hulle weer hierdie vaardighede by leerders kan ontwikkel.Die Suid-Afrikaanse regstaat na twintig jaar: gekonsolideer of besig om in outoritarisme te verval?
2014-10-29 Die vraag is of Suid-Afrika met die viering van sy 20ste bestaansjaar as demokratiese regstaat as gekonsolideer beskou kan word en of die staat besig is om in outoritarisme te verval. Chris Nelson ondersoek in hierdie artikel twee denkrigtings na aanleiding van hierdie vraag.Die Suid-Afrikaanse konsertpianis Steven DeGroote, die 1977 Van Cliburn Internasionale Klavierkompetisie en die Koue Oorlog
2014-10-22 Hierdie artikel belig Steven DeGroote se deelname aan en sege in die 1977 Van Cliburn Internasionale Klavierkompetisie en die ontwikkeling van sy loopbaan in die lig van die Koue Oorlog tussen die Weste en die Ooste.Bokskiet, bokspring en bokjol: skuld- en vergifnisrituele in 30 nagte in Amsterdam (Etienne van Heerden)
2014-10-08 Roela Hattingh en Henning Pieterse lewer in hierdie artikel ’n ondersoekende blik op die rituele van skuld en vergifnis soos dit in 30 nagte in Amsterdam, ’n roman deur Etienne van Heerden (2008), vergestalt word.Ontgroeningspraktyke in uitgesoekte Vrystaatse hoërskole en skoolkoshuise: ’n verkennende studie
2014-10-01 Hierdie artikel lewer verslag oor ’n verkennende tweefase-ondersoek oor ontgroeningspraktyke en -beleide by uitgesoekte Vrystaatse hoërskole en skoolkoshuise.“Sagte mag” in Afrika: China se soeke na invloed op mediaterrein
2014-09-18 Hierdie artikel ondersoek die invloed van China se mags- en invloedsuitbreiding in Afrika, hoe hierdie pogings deur plaaslike media-instellings ervaar word, en wat die implikasies van hierdie teenwoordigheid van ‘n staatsbeheerde media vir diskoerse oor persvryheid in Afrika is.Die verhewe simboliese kapitaal van skoolhoofde op ’n plattelandse dorp
2014-09-11 "Hierdie artikel fokus op die inwerking van ’n plattelandse-dorp-konteks op skoolhoofde se leierskappraktyke."Die problematiek en potensiaal van die huishoudelike ruimte in Klaaglied vir Koos (1984) deur Lettie Viljoen
2014-09-03 Bibi Burger ondersoek die huishoudelike ruimte wat met vroulikheid geassosieer word in die eksperimentele feministiese novelle, Klaaglied vir Koos.’n Nuwe bedeling, ’n ou bewussyn: Die verhale van ’n lyfeiene
2014-08-25 "Hierdie artikel plaas die soeklig op ’n enkele individu en sy lewensverhale. Die verhale word geplaas teen die agtergrond van die sosiale struktuur waarbinne hy sy leefwêreld beleef."Die manifestering van teorie in die skoolhoof se rol in onderwysersamewerking: ’n gevallestudie
2014-08-13 Wat is die rol van die skoolhoof in die bevordering van 'n samewerkingskultuur? Trudie Steyn ondersoek die skakel tussen skoolleierskap en geselekteerde leierskaps- en onderwysersamewerkingsteorieë.Seks, ras en boeremusiek: agter die retoriek van gebrekkige sanglus by die 1938-Voortrekkereeufees
2014-07-31 Het wit Afrikaners 'n gebrek aan sanglus gehad in die 20ste-eeu? Willemien Froneman ondersoek die impak van boeremusiek by die 1938-Eeufeesvieringe.Opvoeding vanuit ’n post-postfundamentistiese perspektief
2014-07-22"Post-postfundamentisme het betreklik onlangs sy verskyning gemaak in reaksie teen sowel die fundamentisme as die postfundamentisme, ook deur sommiges die postmodernisme genoem."






