LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
|
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
|
||
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van geesteswetenskaplike aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.
Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) skakel nou met ons onderafdelings vir:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
- LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
- LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word.
- LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
- Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.
![]() |
Geesteswetenskappe-redakteur Francis Galloway (DLitt) E-pos: francis@litnet.co.za Bioskets |
’n Eeu van orde in sakeondernemings in dorpe van die Oos-Kaapse Karoo
2014-03-13Vroeëre waarnemings van ’n reglynige verband tussen bevolkingsyfers en die getal sakeondernemings in Suid-Afrikaanse dorpe bied ’n nuwe benadering om sakedinamika in dorpe te ondersoek
Die opskorting van pasiëntvertroulikheid in aptekerswese: ’n Etiese ontleding
2014-03-03Dit noodsaak aptekers om bepaalde morele besluite self te neem wat sekere situasies met pasiënte betref. Die artikel se doel is om binne ’n filosofiese raamwerk die agtergrond te ondersoek waarbinne pasiëntvertroulikheid verbreek sou kon word.
Blinde alfabet: ’n Moedswillige Willem Boshoff reken af met meerderwaardigheid – ’n neo-Marxistiese interpretasie
2014-02-21Die gesprek wat tussen siende en blinde mense in Blinde alfabet ontlok word, kan as ’n metafoor dien vir die gesprekke en nuwe vriendskappe wat gevorm kan word in ’n demokratiese Suid-Afrika tussen mense wat binne ’n koloniale en apartheidsbestel kunsmatig verdeeld was en mekaar gevolglik nie op ’n sosiale vlak geken het nie.
Kwessies van mite en moraliteit by G.R. von Wielligh se Boesman-optekeninge
2014-02-11Von Wielligh noem uitdruklik dat die “onbeskaafde” Boesman oor nie veel meer as bygeloof beskik nie. Uit ’n noukeurige lees van die inleidings word dit egter duidelik dat hy veel meer waardering vir die Boesmans se godsdiensbelewing het as wat hy bewustelik toegee.
Liefde, politieke broederskap en die verbintenisse van verwerking: Alan Paton se Cry, the beloved country
2014-01-31Hierdie artikel ondersoek biografiese, intellektuele en geskiedkundige koppelings tussen die roman Cry, the beloved country en twee verbandhoudende verwerkings daarvan in die tydperk onmiddellik ná die roman se publikasie. Aandag word gegee aan die historiese en sosiale kontekste waarin die roman, musiekblyspel (Lost in the stars) en rolprent bekend geword het.
Woordspeling en die vorming van handelsname in gedrukte advertensiekommunikasie
2014-01-21Taal is een van die instrumente wat kopieskrywers gebruik om die teikenmark se aandag in advertensies te trek ... Om werklik funksioneel vir die bemarkingsboodskap te wees, moet die woordspel (aandag gevra) op die produk/diens of handelsnaam gerig wees.
J.R.L. van Bruggen (Kleinjan) se eenbedryf “Bloedrivier” uit Bakens: Gedramatiseerde mylpale uit die Groot Trek (1938/1939) – ’n terugblik vanuit 2013
2013-12-18 Hierdie artikel fokus op “Bloedrivier” (uit die bundel eenbedrywe Bakens) deur J.R.L. van Bruggen (Kleinjan) in ’n poging om die 175ste herdenking van die Groot Trek en die Slag van Bloedrivier ook in verband te bring met die dramatiese werk wat daarmee verbind kan word.Karoo wabi sabi – die omtowering van ’n doodgewone landskap
2013-12-10 Die Japannese estetika van wabi sabi word opgeroep en gebruik as ’n lens waardeur onopsigtelike kenmerke van die ingeleefde landskap in die Karoo vanuit verborgenheid herwin kan word en in ’n meer waarderende lig blootgestel kan word.Die fotogedig: ’n Teoretiese onderbou
2013-12-05Hierdie artikel begin met ’n outobiografiese inleiding oor die skep van fotogedigte vir verskeie uitstallings. Vervolgens word gekyk na aspekte van die fotografie wat analogiese verbande met die digkuns toon.
Die tegniek as “die lewe geleef deur ander middele as die lewe self”: Bernard Stiegler se tegnoantropologie
2013-11-26"In hierdie artikel word die breë argument van Bernard Stiegler se eerste vername werk, La faute d'Épiméthée, wat band een is van sy La technique et le temps-trilogie (Tegniek en tyd-trilogie) (1994, 1998, 2001), ontleed."
Die benutting van leserskommentaar by die herskryf van ’n verbruikersdokument in gewone Afrikaans
2013-11-20 "Hierdie artikel het ten doel om die kommentaar van outentieke lesers op ’n bepaalde tipe verbruikersdokument – ’n kredietkaartaansoekvorm – te ontleed en te gebruik vir die herskryf daarvan in gewone Afrikaans."Die vasstelling van wetenskaplik-begronde maatstawwe vir die waardebepaling van Afrikaanse Grondslagfase-leesreekse
2013-11-12 "Dié ondersoek het gelei tot die vasstelling van wetenskaplik-begronde maatstawwe aan die hand waarvan onderwysers die waarde van Afrikaanse Grondslagfase-leesreekse kan bepaal."Die Karoo, sintuiglike verkenning en die terugkeer tot kunsskepping in Die swye van Mario Salviati
2013-11-06 "Die doel van hierdie artikel is om vas te stel op watter wyses die primêre fokalisator, Ingi Friedländer, in interaksie tree met die Karoolandskap tydens ’n besoek aan die dorp Tallejare."“Wie sal ons onthou?”: Die gehoorlid se ongemaklike posisie in Deon Opperman se “Tree aan!”
2013-10-29 Deon Opperman se musiekblyspel oor die Grensoorlog, “Tree aan!: Dit was die dae toe ons troepies was” is vanuit die staanspoor ’n politieke gebeurtenis.’n Instrument met baie snare – ’n metafoor vir Shakespeare se drama Antony and Cleopatra
2013-10-16"Cleopatra, Shakespeare en musiek is die drie oorhoofse en samevattende dele van die navorsing met ’n skerper fokus op Shakespeare se drama Antony and Cleopatra en die rol van musiek daarin."
’n Ontleding van Hertzogpryswenners se uitgeweryprofiele in terme van die Afrikaanse literêre netwerk en met behulp van Sosiale-netwerk-analise (SNA)
2013-10-09 "In hierdie artikel word die netwerkteorie aangewend om ondersoek in te stel na watter uitgewerye die meeste betrokke is by die publikasie van werke wat uiteindelik met die Hertzogprys bekroon word."Die skep van ruimte in ’n roman, met verwysing na die drie koepelromans van Hans du Plessis
2013-10-08 "Die doel van hierdie artikel is om die toepassing van ruimte as skeppingselement in drie romans met dieselfde narratiewe ruimte te ondersoek."Akoestiese ontleding van die vokale van bruin en wit jong, vroulike sprekers van Afrikaans
2013-09-20"In hierdie artikel word ’n akoestiese ontleding gegee van die variasiepatrone van die vokaalsisteme van twee groepe – een wit en een bruin – vroulike Afrikaanssprekendes van ongeveer twintig jaar oud."






