LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
|
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
|
||
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van geesteswetenskaplike aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.
Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) skakel nou met ons onderafdelings vir:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
- LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
- LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word.
- LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
- Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.
![]() |
Geesteswetenskappe-redakteur Francis Galloway (DLitt) E-pos: francis@litnet.co.za Bioskets |
Die benutting van leserskommentaar by die herskryf van ’n verbruikersdokument in gewone Afrikaans
2013-11-20 "Hierdie artikel het ten doel om die kommentaar van outentieke lesers op ’n bepaalde tipe verbruikersdokument – ’n kredietkaartaansoekvorm – te ontleed en te gebruik vir die herskryf daarvan in gewone Afrikaans."Die vasstelling van wetenskaplik-begronde maatstawwe vir die waardebepaling van Afrikaanse Grondslagfase-leesreekse
2013-11-12 "Dié ondersoek het gelei tot die vasstelling van wetenskaplik-begronde maatstawwe aan die hand waarvan onderwysers die waarde van Afrikaanse Grondslagfase-leesreekse kan bepaal."Die Karoo, sintuiglike verkenning en die terugkeer tot kunsskepping in Die swye van Mario Salviati
2013-11-06 "Die doel van hierdie artikel is om vas te stel op watter wyses die primêre fokalisator, Ingi Friedländer, in interaksie tree met die Karoolandskap tydens ’n besoek aan die dorp Tallejare."“Wie sal ons onthou?”: Die gehoorlid se ongemaklike posisie in Deon Opperman se “Tree aan!”
2013-10-29 Deon Opperman se musiekblyspel oor die Grensoorlog, “Tree aan!: Dit was die dae toe ons troepies was” is vanuit die staanspoor ’n politieke gebeurtenis.’n Instrument met baie snare – ’n metafoor vir Shakespeare se drama Antony and Cleopatra
2013-10-16"Cleopatra, Shakespeare en musiek is die drie oorhoofse en samevattende dele van die navorsing met ’n skerper fokus op Shakespeare se drama Antony and Cleopatra en die rol van musiek daarin."
’n Ontleding van Hertzogpryswenners se uitgeweryprofiele in terme van die Afrikaanse literêre netwerk en met behulp van Sosiale-netwerk-analise (SNA)
2013-10-09 "In hierdie artikel word die netwerkteorie aangewend om ondersoek in te stel na watter uitgewerye die meeste betrokke is by die publikasie van werke wat uiteindelik met die Hertzogprys bekroon word."Die skep van ruimte in ’n roman, met verwysing na die drie koepelromans van Hans du Plessis
2013-10-08 "Die doel van hierdie artikel is om die toepassing van ruimte as skeppingselement in drie romans met dieselfde narratiewe ruimte te ondersoek."Akoestiese ontleding van die vokale van bruin en wit jong, vroulike sprekers van Afrikaans
2013-09-20"In hierdie artikel word ’n akoestiese ontleding gegee van die variasiepatrone van die vokaalsisteme van twee groepe – een wit en een bruin – vroulike Afrikaanssprekendes van ongeveer twintig jaar oud."
Die heldereis as model vir karakterontwikkeling in dramadraaiboeke
2013-09-11 "Hierdie artikel evalueer die voorstel dat die heldereis as model vir karakterontwikkeling deur draaiboekskrywers aangewend kan word."Die miskruier, hoop en die verlede – Miskruier (2005) deur Jaco Botha as kritiese distopiese roman
2013-09-04 "In hierdie artikel word daar geargumenteer dat Miskruier (2005) deur Jaco Botha hoofsaaklik as ’n kritiese distopie beskou kan word as gevolg van die wyse waarop die verlede hanteer word in die roman."Teoretisering van die selfkonsep van studente wat hakkel
2013-08-26 "Hierdie artikel rapporteer die bevindinge van ’n kwalitatiewe studie wat ten doel gehad het om ondersoek in te stel na die selfkonsep van studente tussen die ouderdom van 18 en 22 jaar wat hakkel."J.M. Coetzee se Summertime (2009) as laatwerk
2013-08-13 "Min toegewings word aan die leser gemaak, tipies van ouer skrywers in die laatwerkperiode, wat meer konsentreer op laaste werke waarmee hulle hul eie vermoëns uitdaag en minder op die kommunikatiewe aspek van werke."Praktiese wysheid (fronesis) in ’n verdeelde samelewing
2013-07-31 "In hierdie bydrae word die begrip praktiese wysheid (“fronesis”) ondersoek en krities verken. Die begrip het sy wortels in Aristoteles se werk."Afrikaners is nostalgierig: Afri-Frans as vertaling van identiteit
2013-07-24 "Afri-Frans word as deel van die nostalgie-genre in die Afrikaansgesinde musiekbedryf gesien, en die vertaalkundige dimensie van Afri-Frans, wat die vertaling van ’n aantal liedjies van Afrikaans na Frans behels, word binne hierdie “nostalgie” geïnterpreteer as wisselwerking, deur middel van vertaling, van taal en verskeie aspekte van identiteit."“Ek kan eintlik net hartseer musiek skryf …” – Die selektiewe kanonisering van Arnold van Wyk (1916–1983) se werke
2013-07-17 "Elegiese konnotasies word aan talle van Arnold van Wyk se werke geheg, veral aan dié werke waarvan die titels beelde van eensaamheid of weemoed oproep. Hierdie elegiese beeld van Van Wyk het gaandeweg die karakter van ’n mite aangeneem."Die media, demokrasie en burgerlike deelname: ’n Etiek van luister
2013-07-09 "As deel van demokratisering het die Suid-Afrikaanse media betekenisvolle veranderinge in eienaarskap en regulering ondergaan, en die media moes hulself heroriënteer ten opsigte van ’n nuwe demokratiese omgewing."Die mate van konsekwentheid in SMS-Afrikaans
2013-07-03"In hierdie artikel word ’n oorsig gebied oor die sosiolinguistiese agtergrond waarin SMS-taal funksioneer aan die hand van relevante literatuur."






