LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
|
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
|
||
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van geesteswetenskaplike aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.
Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) skakel nou met ons onderafdelings vir:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
- LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
- LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word.
- LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
- Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.
![]() |
Geesteswetenskappe-redakteur Francis Galloway (DLitt) E-pos: francis@litnet.co.za Bioskets |
Mens-plant-verbintenisse in Die sideboard (2014) van Simon Bruinders
2017-01-30"Natuurelemente word beskou as in besit van aktiewe krag en nie as passiewe sosiale konstruksies en objekte vir menslike uitbuiting nie."
Die ortografiese realisering van komposita met en afleidings van multiwoordeiename
2016-12-13"Uit die kleinskaalse korpusondersoek en meningspeiling wat geloods is, blyk dit dat die ortografiese integriteit van multiwoordeiename oorwegend behoue bly in komposita daarmee en gesuffigeerde afleidings daarvan."
Napraatswartafrikaans: konteks en persepsies van die alternatiewe gebruik van Swartafrikaans
2016-12-12"Die persepsies rondom Swartafrikaans bepaal in watter konteks sprekers gemaklik voel om dit te gebruik, en die oorkoepelende konteks bepaal weer die persepsies rondom die napraat van Swartafrikaans."
Roland Barthes en die belang van outonomie vir die moderne skrywer
2016-11-30"Hoewel die letterkunde as moderne aktiwiteit nie kan bestaan sonder die allerbelangrike eienskap van die outonomie (soewereiniteit) van skrywer en teks nie, is die moderne skrywer in postmoderne verband, ironies, ’n maaksel wat baie onseker geword het."
Grootouers se rolle en belewenisse as hoofversorgers van hulle kleinkinders
2016-11-23"In die Suid-Afrikaanse konteks word die sosiale konteks waarin grootouers hulle bevind, onderlê deur sosiale norme wat teenstrydig is met die opneem van primêre ouerskaprolle wat eintlik in ’n jonger lewensfase hoort."
Voldoen eietydse Suid-Afrika aan die vereistes vir die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie?
2016-11-17"Alhoewel politici en akademici oor ’n breë spektrum die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie as ’n moedige en selfs noodsaaklike stap beskou ten einde ekonomiese groei te stimuleer, is daar egter geen eenstemmigheid oor die vraag of eietydse Suid-Afrika aan die vereistes vir die inwerkingstelling van sodanige strategie voldoen nie."
Bruin gesinne se belewenisse van die negatiewe uitwerking van ouerlike alkoholmisbruik
2016-11-09"Met inagneming van die geskiedkundige agtergrond en huidige vlakke van alkoholmisbruik onder die bruin bevolkingsgroep in die Wes-Kaap ... is daar besluit om ’n verkennende, kwalitatiewe-ondersoek-ontwerp te gebruik om ’n beter begrip te kry van hoe hierdie gesinne deur die krisis van ouerlike alkoholmisbruik geraak word. Hierdie insig is belangrik, aangesien dit nuttige inligting vir voorkomingsprogramme kan bied."
Weerstand teen huisvesting van swart studente deur die Potchefstroomse Universiteit vir CHO, 1987 tot 1990
2016-10-27"Die wyse waarop die universiteit uit pas was met sosiopolitieke ontwikkelings in die land kan veral gesien word in die onvermoë om geleenthede te benut wat deur al die ander universiteite gebruik is om veranderings in hulle bestuur van inwoning op kampusse aan te bring."
Eensaamheid as verskynsel in Arnold Schoenberg se Erwartung, op. 17
2016-10-19Hierdie ondersoek voeg eensaamheid toe tot die diskoers oor psigoanalise en musiek deur te fokus op hierdie spesifieke menslike ervaring en die uitbeelding daarvan in Erwartung.
F.V. Engelenburg tydens die Anglo-Boereoorlog: ’n oorsig
2016-10-13"Hoewel hy nie gedurende die oorlog prominent op die voorgrond was nie, het hy, eie aan sy teruggetrokke geaardheid, die Boere en die Republiek se saak op ’n besondere wyse bevorder."
Estetiese illusie en die wyses waarop kykerbetrokkenheid in ’n film geskep kan word, met verwysing na Eternal sunshine of the spotless mind (2004)
2016-10-03"Op watter wyses word kykerbetrokkenheid geskep en wat is die funksie van estetiese illusie in die film Eternal sunshine of the spotless mind (2004)?"
Huisgenoot as tydgenoot: ’n mediageskiedkundige kroniek van ’n tydskrif as “skrif” van sy tyd
2016-09-15"Hierdie artikel gebruik ’n mediageskiedkundige vertrekpunt om die ontwikkeling van Huisgenoot van 1916 tot 2016 met sy idealisties-ideologiese en markgedrewe ideale as “skrif” van sy tyd te boekstaaf."
Stereotipering van rotsklimmers: Ware helde of soekers na rampspoedige roem?
2016-09-07Waarom is sekere individue bereid om die bykans onmoontlike te waag, of om die uiterste grense van risiko’s te toets?
Die “grense van menswees” en insekwording in Willem Anker se Samsa-masjien (2015)
2016-08-23"My gevolgtrekking is dat Samsa-masjien, ’n verhaal wat uiteindelik oor mense gaan, wel die grens tussen mens en dier afbreek. Die oorskryding van grense strek selfs verder deurdat die skeiding tussen mens, dier en masjien opgehef word."
Die vrou, swangerskap en die dier in die kortverhaal “Katvoet” deur Riana Scheepers: ’n fenomenologiese ondersoek
2016-08-17"Hierdie navorsing gee ’n nuwe blik op die verskynsel van die liggaam, liggaamlike eienaarskap, die vrou, die ervaring van swangerskap en die ervaring van die vrou se swanger liggaam, veral in die Afrikaanse letterkunde."
Mimesis soos beredeneer deur Philippe Lacoue-Labarthe: Horrelpoot (2006) deur Eben Venter as herskrywing van Joseph Conrad se Heart of darkness
2016-07-27"Die doel van hierdie bydrae is om Horrelpoot (2006) deur Eben Venter as ’n herskrywing van Joseph Conrad se Heart of darkness te lees."
Fragmentologie, die nuwe manuskripstudie – met verwysing na manuskripfragmente in Suid-Afrika
2016-07-06"Daar moet navorsing gedoen word oor manuskripfragmente in privaatbesit asook manuskripfragmente wat gebruik is om gedrukte boeke te bind."
"Ses grade van Gerben Kamper": ’n Verkenning van samewerkingsnetwerke in die Afrikaanse toneelbedryf (2010–2015)
2016-06-14Burgert Senekal identifiseer Gerben Kamper en Sandra Prinsloo as die mees sentrale rolspelers in die hedendaagse Afrikaanse toneelbedryf.
Kompleksiteit en die begeerte van die filosofie
2016-06-03"Kompleksiteitsteorie hou skynbaar groot belofte in om ons denke en praktyke te verruim op onder meer wetenskaplike, sosiale, politieke, filosofiese en etiese gebiede."
Paul Kruger, die Uitlanderstemreg en die Engelstalige pers in die ZAR voor 1895
2016-05-25"Die basis vir die vervreemding tussen die Uitlanders en die regering is vóór 1895 reeds gelê en daarin het Paul Kruger ’n deurslaggewende rol gespeel."






