LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
|
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
|
||
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels betreffende ekonomie en bestuurswetenskappe. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.
Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.
LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) skakel nou met ons onderafdelings vir:
- LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
- LitNet Akademies se Ekonomiese en Bestuurswetenskappe-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
- LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vir publikasie aanvaar word.
- LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
- Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.
![]() |
Redakteur Bennie Linde Bioskets |
Die kuns van ontvlugting na Innibos: reismotivering en waardetoekenning oor generasies heen
2026-10-12"Die navorsingsvraag lê klem op hoe feesbywoning begryp kan word binne ’n omgewing waar gedeelde kulturele betekenis ’n kernrol speel, terwyl besoekers se lewensfases en sosiale raamwerke terselfdertyd tot verfyning in belewenis en waardetoekenning aanleiding kan gee."
Die gebruik van verborge stories: gemeenskapskennis en outobiografiese narratiewe in toerisme-onderrig
2026-10-01"Die bevindinge toon dat studente, wanneer hulle toegelaat word om vanuit hul eie kulturele en sosiale kontekste te werk, narratiewe ontwikkel wat die kurrikulum vir hulle meer betekenisvol en kontekstueel verstaanbaar maak."
’n Ondersoek na die kritiese-denkvaardighede-gaping tussen hoër onderwys en rekeningkundige praktyk: Persepsies van dosente en studente
2026-09-28"Hierdie artikel dra tot die literatuur by deur die gaping in kritiese denkvaardighede vanuit ’n nuwe oogpunt te ondersoek, naamlik deur te evalueer hoe dosente en studente kritiese denkvaardighede in rekeningkundige praktyk verstaan."
Die kernvermoëns wat studente in die Vierde Nywerheidsrewolusie- (4NR-) era benodig vir deelname aan platformwerk: ’n kwalitatiewe studie
2026-09-09"Hierdie artikel ondersoek watter digitale, entrepreneurs- en etiese kernvermoëns hoëronderwysstudente benodig om betekenisvol en billik aan platformwerk deel te neem. Die studie gebruik Onderwys 4.0, Fairwork en dinamiese-vermoëns-teorie as aanvullende lense."
’n Ondersoek na Afrikaanse familiefeesbesoekers en hul bywoningsmotiveerders by Aardklop Nasionale Kunstefees
2026-07-27"Deur ’n kwantitatiewe metode te gebruik, toon hierdie navorsing spesifieke bywoningsmotiveerders van die marksegment. Die bevindinge dui daarop dat familiefeesbesoekers die meeste beïnvloed word deur beide teater- en terreinaanbiedinge. Hierdie aktiwiteite versterk gesinsbande, verbreed kulturele horisonne en bied ook waarde vir geld."
Kritieke suksesfaktore van duikondernemings: ’n vergelykende studie
2025-11-10"Skubaduiktoerisme kan bewaringsveldtogte positief beïnvloed, inkomste genereer en plaaslike gemeenskappe ondersteun; daarom is dit belangrik om te verstaan hoe hierdie entrepreneurs funksioneer, netwerke vorm en finansieel lewensvatbaar bly."
Evaluering van die doeltreffendheid van finansiëleverhoudingsanalise in die opsporing van bedrieglike finansiële verslagdoening
2025-10-13"In die afgelope 25 jaar het navorsers gepoog om beduidende finansiële verhoudings in die opsporing van BFV te identifiseer. Hierdie studie analiseer die algehele doeltreffendheid van finansiëleverhoudingsanalise in die opsporing van BFV."
Inklusiewe groei, ’n integrale deel van ’n inklusiewe ekonomie
2025-09-29"Gegewe die ekonomie se sterk invloed op sosiale organisering, kan insluiting die broodnodige balanseerfaktor word om die kortsluiting te oorbrug. Konsepte soos ’n inklusiewe ekonomie en inklusiewe groei word in hierdie artikel ondersoek as deel van die ontwikkeling van ’n teoretiese raamwerk."
Die etiese dilemma rakende die vergoeding van banke se hoof- uitvoerende beamptes in Suid-Afrika
2025-09-29"Hierdie studie gebruik paneeldata-ontleding om te bepaal of daar ’n verhouding tussen uitvoerende vergoeding en maatskappyprestasie in die Suid-Afrikaanse banksektor is."
Evaluering van die finansiële haalbaarheid van organiese lamproduksie in Suid-Afrika te midde van prysuitdagings
2025-07-24"Op grond van die teoretiese raamwerk van volhoubare landbou, ondersoek hierdie studie die ekonomiese implikasies van organiese boerdery as ’n moontlike oplossing vir die verbetering van winsgewendheid en die belyning met die Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte (VOD)."
Verkenning van die bepalers van talentbehoud van vroeëloopbaanakademici in Suid-Afrikaanse hoëronderwysinstellings
2025-06-24"Dit is noodsaaklik om in werknemersopleiding en talentontwikkeling te belê, veral vir vroeëloopbaanwerknemers, as maatskappye volhoubaar wil groei. Die arbeidsmag wat hierdie groei dryf, word geraak deur groeiende vaardigheidsgapings wat deur werknemersopleiding en -heropleiding oorbrug kan word."
Impak en die interpersoonlike benadering: ’n Kritiese analise van die persoongesentreerde benadering tot kommersiële forensiese onderhoudvoering
2025-02-21"Die doel van hierdie artikel is [...] om die interpersoonlike verhouding in die kommersiële forensiese konteks krities te bespreek, asook om die impak van die forensiese praktisyn op die ondervraagde (en andersom) vas te stel."
Orania na 60 jaar: rigtingwysers vir Orania III uit ’n literatuuroorsig van Orania II en ander bronne
2024-11-20"Orania II het nou sy vestigingsjare as ’n Afrikaner-enklave ontgroei en staan op die vooraand van ’n nuwe groei- en ontwikkelingsfase. Die rigting en wyse waarop die dorp voortaan gaan groei, is afhanklik van keuses wat nou gemaak moet word."
’n Ondersoek na faktore wat kaartjie-aankope vir gemeenskapsgebaseerde kinderteater beïnvloed: ’n kwalitatiewe benadering
2024-08-01"Die produksie en bemarking van regstreekse teater vir kindergehore is kompleks, aangesien daar meer as een besluitnemer ten opsigte van bywoning betrokke is, naamlik die ouer en die kind."
Matteus 5–7: ’n Spelteoretiese studie van die Bergrede
2024-01-11"Die Bergrede kan gesien word as strategieë wat op Christelike beginsels geskoei is. Hierdie strategieë blyk teenintuïtiewe strategieë vir sosiale dominansie te wees. Is hierdie dominansie egter ’n regmatige vorm van oorwinning in die spel van die lewe en hoe kwantifiseer ons dit?"
Ondersoek na die ekonomiese lewensvatbaarheid van kommersiële olyfboerdery in die Noordwes-provinsie van Suid-Afrika
2023-12-04"Die studie sal bewustheid van die ekonomiese lewensvatbaarheid van olyfboerdery bevorder. As olyfboerdery ekonomies lewensvatbaar is en boere dit aanvaar, sal dit werk skep en die ekonomie stimuleer."
Onderrigtaalkeuses van Afrikaanse rekeningkundestudente: faktore, gevolge en aanbevelings
2023-11-30"By die Universiteit Stellenbosch (US) kan rekeningkundestudente kies om óf in Afrikaans óf in Engels onderrig te ontvang. Ná die aankondiging dat die eksterne rekeningkundige raadseksamens vanaf 2022 slegs in Engels geskryf kan word, bevraagteken Afrikaanssprekende rekeningkundestudente egter hul keuse van onderrigtaal."
’n Oorsigtelike ondersoek na die oorweging en toepassing van openbare belang tydens Suid-Afrikaanse samesmeltings en oornames
2023-11-29"Die bevindinge toon dat daar elke jaar baie samesmeltings (met plaaslike asook internasionale vennote betrokke) in Suid-Afrika plaasvind, met ’n totaal van 3 263 oor ’n tydperk van 10 jaar."
Die kreatiewe aanbieding van kultuurelemente binne Afrikanerbesienswaardighede
2023-11-28"Dit is belangrik dat die studie se bydrae nie beperk word tot die Afrikanerkultuur nie. Die rede is dat kultuurelemente ook binne elke ander kultuurkonteks bestaan en dat toeriste wêreldwyd op soek is na kreatiewe kultuurervarings, wat veral ’n multikulturele land soos Suid-Afrika bevoordeel."
Die bevordering van loopbaanaanpassing en welstand vanuit ’n moderne bedryfsielkundige perspektief
2023-11-07"Bedryfsielkundiges moet oor die insig en vaardighede beskik om ’n kliënt se loopbaanuitdagings, wat deur globalisering en tegnologiese veranderinge beïnvloed word, te bestuur."






