Jonathan Ball-portaal

Jonathan Ball Publishers was founded in 1976 to publish books of an independent character that enlighten and entertain.

We publish a range of non-fiction titles and specialise in South African politics, current affairs, biography and history.

Kortlys: NB-Uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd

2012-03-08 Inskrywings vir NB-Uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd het op 1 November 2011 gesluit. Die kortlys is pas bekendgemaak.

Lot se vrou in Kaapstad bekendgestel

Bibi Slippers 2012-03-06 Terugkyk, stilte en geselsies met die digkuns se grootste "raasbek". Die bekensdtelling van Joan Hambidge se bundel Lot se vrou was ’n feestelike geleentheid met meer ernstige ondertone.

Gesien: Joan Hambidge by die bekendstelling van Lot se vrou

Bibi Slippers 2012-03-02 Joan Hambidge se jongste bundel, Lot se vrou, is op 1 Maart in Kaapstad bekendgestel.

Nuut by NB-uitgewers

2012-03-02 God? Gesprekke oor die oorsprong en uiteinde van alles, Go'el Yisra'el, Lot se vrou, Die water wat verby is, Emma en die Geheime Gang en Die Waterding

Kom luister na Nuwe Stemme tydens die Woordfees

2012-03-01 Riana Barnard en Danie Marais gesels met van die digters wat in die bekende Tafelberg-reeks, Nuwe stemme, gedebuteer het.

Vreemdeling: ’n plofbare versameling kortverhale

Suzanne Potgieter 2012-02-29 "... ’n versameling treffende kortverhale wat die leser konfronteer, onthuts en bowenal bybly lank na die bundel neergelê word."

Theo Kemp en Carina Stander saam op een verhoog

2012-02-29 Die jong woordkunstenaars, Theo kemp en Carina Stander, gesels oor hul ambag.

Sonja Loots gesels oor Fillis se sirkus en die oud-Boerestryders

2012-02-29 Piet Croucamp gesels met Sonja Loots oor haar tweede roman, Sirkusboere.

Van Vellerif tot Lammersbaai met E Kotze en Hermione Suttner

2012-02-29 Twee Weskus-skrywers gesels met Suzette Kotze-Myburgh en Linda Rode oor die meesleurende see, die veld en "Vellerif".

Nuwe Stories-kortverhaalwedstryd: Aankondiging van kortlys

2012-02-28 Human & Rousseau se kortlys vir die Nuwe Stories 2012-kortverhaalwedstryd is nou gefinaliseer.

Boekbekendstelling: pirouette deur Aniel Botha

2012-02-28 Joan Hambidge gesels met die digter oor die bundel waarmee ’n bevrydende sprong na heling gegee word.

Boekbekendstelling: Die Rolbalspeler

2012-02-28 Elize Parker gesels met Zain Eckleton oor sy debuutroman. ’n Ontroerende verhaal van ’n jong man wat vir die eerste keer sy voete vind.

Die skryf van getuienisverhale met Benescke Janse van Rensburg en Helana Olivier

2012-02-28 Lux Verbi nooi jou hartlik uit om te kom luister na ’n gesprek oor die skryf van getuienisverhale.

Kom luister na Marzaan Leroux-Van der Boon en Stiaan Bam by die Woordfees

2012-02-28 Marzaan Leroux-Van der Boon vertel meer oor haar vyfde roman in die Israel-reeks met voorlesing deur Stiaan Bam.

Boekbekendstelling: God? – Gesprekke oor die oorsprong en uiteinde van alles

2012-02-24 Elna Boesak sal in gesprek wees met Claassen, Gaum en twee van die bydraers, Dave pepler en Cecile Cilliers.

Boekbekendstelling: Kaapstad Karma-polisie

2012-02-24 Pieter Redelinghuys gesels met rugbyjoernalis, Louis de Villiers, wat sy buiging as fiksieskrywer maak.

Boekbekendstelling: Gedigte rondom die gedagte van geel

2012-02-24 Petra Müller, een van die voorste Afrikaanse digters, se nuwe ongewone bundel is gewy aan die son, wat in die verskillende gele van aarde en hemel besing word as die bron van lewe. Aan die een kant skakeer die geel na wit – hoofsaaklik van die maan – en aan die ander kant na die rooi van vuur, lawa, orkane en tsoenami's.

Die formidabele Bakkes-broers by die Woordfees

2012-02-24 Die avonturier-skrywers en wêreldreisigers Christiaan en Johan Bakkes stel hul jongste boeke bekend.

Boekbekendstelling: Lot se vrou

2012-02-20 Uitgewer Etienne Bloemhof gesels met Joan Hambidge tydens die bekendstelling van Lot se vrou

Raak romanties met LAPA, Satyn en Tafelberg Uitgewers: Wenner bekend

2012-02-14 Daar is iets in die lug: ’n lugpospakkie met drie boeke vol van die romanse wat in die regte lewe kortkom. En dis dalk net op pad na jou toe!
Top