Nuut by NB-Uitgewers dié Julie

  • 0

Nuut by NB-Uitgewers dié Julie:

’n Klein lewe, Boerekryger, Rigtingbedonnerd, Oliver Strange and the Journery to the Swamps , Hoop in tye van nood. Oordenkings oor Psalms en Alles wat blink

Klik op boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.com!


Uitgewer:

Tafelberg
ISBN:
9780624054672
e-ISBN:
9780624054689
Prys: R190

’n Klein lewe
Wilna Adriaanse

Die fassinerende verhaal van ’n wit, middeljarige vrou wat in die laat 1950’s in Suid-Afrika gebore is. Gebeure soos die oproer van die tagtigerjare en die ingrypende sosio-politiese veranderinge in die land dra by tot haar politieke bewuswording en belewenisse en laat haar dikwels vrae vra oor haar identiteit en plek binne die samelewing.

Die titel van hierdie fyn genuanseerde roman dui op ’n bewustheid dat haar storie maar net een van vele in hierdie land en op hierdie kontinent is.

Klik hier en koop jou eksemplaar van 'n Klein lewe nou van Kalahari.com!


Uitgewer:

Tafelberg
ISBN:
9780624053439
e-ISBN:
9780624053446
Prys: R195

Boerekryger
Albert Blake

Op 17 sluit die talentvolle en aweregse Henning Viljoen, ’n agterkleinseun van Piet Retief, by die Boeremagte aan. Vir twee jaar voor sy grusame dood op die slagveld pen hy sy indrukke van die lewe op kommando neer. Sy dagboeke bied ’n aangrypende blik op die oorlog in reguit en ongekunstelde taal. Dit vertel verder van die sterk band tussen hom en sy korrelkop-pa, ’n generaal. Daar is ook oomblikke van kattekwaad en wanneer hy mooi Boeremeisies teëkom, is sy reaksies tipies van ’n jong man. Sy jeugdige onskuld en eerlike vertellings sorg vir ’n unieke perspektief op die Anglo-Boereoorlog.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Boerekryger nou van Kalahari.com!

Uitgewer:
Tafelberg
ISBN:
 9780624054658
e-ISBN:
9780624058021
Prys: R220

Rigtingbedonnerd
Dianne Hofmeyr

Wat het ná 1994 van die Afrikaner geword? Het dié eens magtige groep nog enige rol te speel in Suid-Afrika vandag? Fred de Vries deurkruis die land om met Afrikaners te praat: van FW de Klerk tot Bok van Blerk, Jannie Mouton tot Antjie Krog. Hy ontmoet ook talle gewone Afrikaners wat iets oor die gemeenskap se siel verklap. Vir almal vra hy dieselfde vraag: is daar nog plek vir dié wit volk aan die suidpunt van Afrika en indien wel, waar is hul emosionele tuiste – hul Nkandla – in pres. Jacob Zuma se woorde?

Klik hier en koop jou eksemplaar van Rigtingbedonnerd nou van Kalahari.com!

Uitgewer:
Tafelberg
ISBN:
 9780624054931
e-ISBN:
9780624054948
Prys: R120

Oliver Strange and the Journery to the Swamps
Dianne Hofmeyr

Oliver Strange volg sy pa, ’n wêreldberoemde maar verstrooide navorser van raar paddasoorte, na die uithoeke van die aarde en word só deel van die ongelooflikste avonture. Hy beland onverwags midde-in ’n dieresmokkel-sindikaat in Botswana.

Eleven-year-old Oliver Strange is good with maps, owns a red Victorinox Explorer Swiss Army knife, can cope with dynamite-brandishing crooks and poles a dugout through the flaming wilderness – but is terrified of spiders and snakes. He follows his father, a famous but somewhat forgetful herpetologist searching for rare frogs, to the far corners of the earth and gets caught in a dangerous web of intrigue and adventure.

Klik hier en koop Oliver Strange and the Journery to the Swamps nou van Kalahari.com!

Uitgewer:
Lux Verbi
ISBN:
9780796316554
e-ISBN:
9780796315809

Prys: R109.95

Hoop in tye van nood. Oordenkings oor Psalms
Benescke Janse van Rensburg

Kort op die hakke van die eerste titel in die nuwe Bybelstudiereeks, Ontdek God in die Bybel, is daar nou ’n nuwe dagstukkieboek uit Benescke se pen. Hoop in tye van nood. Daaglikse oordenkings oor Psalms is nie net 31 daaglikse oordenkings vir die individu nie, maar kan ook dien as ’n Bybelstudieboek vir groepe. In dieselfde trant as Ontdek God in die stories van mense behandel Benescke elke hoofstuk van Psalms aan die hand van ’n inspirerende, ware storie uit iemand se lewe. Die eerste titel in die reeks was Wysheid. Oordenkings oor Spreuke.

Klik hier en koop Hoop in tye van nood. Oordenkings oor Psalms nou by Kalahari.com!

Uitgewer:
Queillerie
ISBN:
9780795800368
e-ISBN:
9780795800375
Prys: R180

Alles wat blink
Melissa Sharneck

Janine se vier vriendinne hou niks van mekaar nie en is mín lus om saam haar as te gaan strooi. Maar in die pienk Volksie moet hulle klim, want Janine het voor haar dood een laaste avontuur beplan: ’n Welder, ’n sjef, ’n finansiële bestuurder en ’n fortuinverteller op die lang pad met ’n boks human remains …

Klik hier en koop Alles wat blink nou van Kalahari.com!

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top