Nuut by NB-Uitgewers dié Junie:
Die Skrywer, Rykdom in eenvoud, Skoenlapper , Moemin en die towenaar se hoed , Shanaaz's Real Food en Hoe gemaak met my dikmond kind?
Klik op boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.net!
|
Anabella Maria Bennett beland een stormagtige aand met al haar geheime voor die hekke van die Addington-landgoed naby die dorpie Heimat. Arthur Addington, ’n bekende Amerikaanse draaiboekskrywer, woon hier soos ’n kluisenaar nadat sy vrou en seun twee jaar vantevore in ’n ongeluk oorlede is. Die dorp se mense veroordeel hom omdat sy vorige huishoudster hom aankla van aanranding terwyl hy onder die invloed van drank was. Is dit waar? En wat is Anabella se agtergrond en geheime? ’n Merkwaardige verhaal van vriendskap en verlange deur die meester-storieverteller Esta Steyn. Klik hier en koop jou eksemplaar van Die Skrywer nou van Kalahari.com! |
|
|
Rykdom in eenvoud Byna almal glo dat “rykdom” te make het met hoeveel besittings, status en mag ’n mens het. En dat jou lewe gejaagd en verwikkeld moet wees om te tel. Maar hoe leeg en arm laat dit jou uiteindelik innerlik? Daarom vra Willem Nicol of daar nie groter rykdom in die teenoorgestelde rigting lê nie: in ’n alternatiewe leefstyl en waardestelsel van eenvoud. Veral gelowiges kan besluit om hul lewe te vereenvoudig, sodat hulle meer tyd en krag het om op die wesenlike waardes te fokus. Klik hier en koop jou eksemplaar van Rykdom in eenvoud nou van Kalahari.com! |
|
|
Alex het ’n teorie oor chaos. Waar hy gaan, volg dit hom. Iewers tussen Dar es Salaam en Arusha ontmoet Alex vir Ranna, ’n vryskutfotograaf. En die chaos haal Alex in. Eers begin dit reën sonder ophou. En dan, wanneer die lyk van ’n IT-miljardêr op ’n strand uitspoel, word dit duidelik dat Ranna meer as een geraamte in haar kas het. Klik hier en koop jou eksemplaar van Skoenlapper nou van Kalahari.com! |
|
|
Moemin en die towenaar se hoed Dit is lente in die Moevallei en almal is lus vir avontuur! Moemin en sy vriende Boeboe en Snifsnaf ontdek iets vreemds … ’n towenaar se pluiskeil! Gou kom hulle agter dat dit geen gewone hoed is nie. Dit kan enigiets – of enigiemand – in iets anders verander! Klik hier en koop Moemin en die towenaar se hoed nou van Kalahari.com!
|
|
|
Shanaaz's Real Food Shanaaz’s Real Food is volledig met 115 vinnige, maklike en heerlike Indies-geïnspireerde resepte wat deur almal gebruik kan word. Die geure is nie oorweldigend of sterk nie en dis nie kos wat “brand” nie – dis eerder net heerlik geurig. Shanaaz Parker is a food personality with a radio food show and cookery school. The more than 100 new recipes she shares here are easy and deliciously fragrant. With salads, soups, delectable breads, seafood, meat dishes and desserts, along with delightfully flavourful vegetarian fare. |
|
|
Hoe gemaak met my dikmond kind? Vir ouers van 6- tot 12-jarige kinders. Met behulp van kenners kyk die skrywer na vrae soos: Moet ek bekommerd wees as my kind skielik heeldag agter ’n toe deur is? Wanneer is hy oud genoeg vir ’n selfoon? Hoe nou as ek uitvind my 11-jarige is ’n boelie? Dié weldeurdagte antwoorde gee insig in die leefwêreld van jou kind. Klik hier en koop Hoe gemaak met my dikmond kind? nou van Kalahari.com! |







